Bertha se 10 dieetreëls vir élke dag
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
Sy't al 'n volle 18 kg verloor! In die September-uitgawe het SARIE haar modewenke gegee vir haar nuwe lyf. Nou deel sy haar 10 eetreëls vir élke dag eksklusief met sarie.com-gebruikers
1 Eet elke dag ontbyt – dit sit jou metabolisme aan die gang.
2 Drink 2 liter water per dag. Hou 'n bottel by jou en drink as jy verveeld voel. Dis gewoonlik wanneer jy gaan lus word om aan iets te kou . . .
3 Eet jou proteïene 5 ure uit mekaar – dit gee jou lyf tyd om alles te verteer.
4 Vermy situasies waar jy dalk in die versoeking kan kom. Ek vermy die kos by die werk en pak my eie etes in.
5 Eet ten minste een appel per dag – dit is ryk aan vesel en hou jou weg van die dokter.
6 Geniet elke ete happie vir happie. Geniet die tekstuur en sommer iemand se geselskap ook.
7 Berei jou kos met liefde voor, gebruik kruie en speserye en sit dit voor op 'n mooi bord. Moet nooit staan en eet nie.
8 Moet nooit gaan inkopies doen sonder 'n lysie of wanneer jy honger is nie. Jy gaan onnodige kos koop en verorber.
9 Kies een treat vir die dag, hetsy 'n spesiale kaas of 'n glasie wyn.
10 Kry genoeg slaap – dit help jou lyf om te herstel en melatonien, wat antioksidant-eienskappe het, word afgeskei as jy slaap. (Dis my gunsteling-tip – slaap, jou wondersoete ding!)
Vriendelike groete,
Bertha
- Hare Adelle Jung
- Grimering Adelle Jung
Verwante artikels
-
"As ek mismoedig is wil ek net eet"
SARIE Julie 2010
-
'n Maerder jy – 10 voordele
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 2
Ja, ja, oorgewig is ongesond . . . Maar het jy geweet van jou oë tot jou sekslewe kan verbeter as jy net ’n rapsie gewig afskud?
-
14 babas vir 7de Laan
SARIE - Junie 2010
Dié gewilde sepie se span moes sedert Januarie 2010 14 swangerskappe in hul skedule inpas.
-
24 uur in die lewe van jou lyf
SARIE September 2010
Van die regte tyd vir kos en seks tot wanneer jou kop die wakkerste is – leer ken die ritme van jou lyf. Dit kan jou gesondheid beïnvloed
-
Bertha le Roux (Emma): '7de Laan' beteken vir my...
SARIE - Mei 2010
“’n Geleentheid om my passie uit te leef, maar steeds ’n standvastige huislewe te kan hê.
-
Bertha se dieet-vordering
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 18
-
Bertha se pad na doelgewig ná haar baba
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 28
-
Eetplan vir nuwe ma's
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Dalk is jy ook ’n nuwe ma wat ná jou swangerskap sukkel om gewig te verloor. Ons het gaan uitvind wat is die beste en veiligste manier om jou figuur terug te kry.
-
Jou dieet-vrae beantwoord
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 2
Jy eet laevetkos, maar verloor nie gewig nie. Of jy's 'n uur ná ontbyt weer honger. Jou kwelvrae het gelukkig eenvoudige antwoorde.
-
Julle oor dieetpille en -aanvullings
SARIE - Februarie 2010
-
Kelly Osbourne verloor byna 20 kg+ haar 1ste voorbladfoto in bikini!
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Sy was beslis nie die celeb-rolmodel van hoe om gesond te leef nie, maar nou lyk dit asof Kelly Osbourne mal is oor haar nuwe leefstyl. So baie, sy't byna 20 kg verloor!
-
NUWE FOTO'S: Bertha (Emma van 7de Laan) se babaklere-reeks
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Bertha le Roux (7de Laan se Emma) het 'n nuwe baba- en kleuter-klerereeks op die mark. Die idee vir BabyB het in 2003 begin toe haar ma, Griet, en haar suster, Corrie, 'n projek in Zambië begin het. Hulle het vroue leer naaldwerk doen, om hul eie klere te maak en dit dan te verkoop.
-
Nuwe lyf, nuwe Bertha - ons trek haar aan
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 49
Sy’t al ’n volle 18 kg verloor. Fanie Cronjé, SARIE se sosiale en stylredakteur, het Bertha le Roux, oftewel Emma van 7de Laan, gehelp om klere vir haar nuwe lyf te kies. Raad wat ook jý kan gebruik.
-
Spesiaal vir Desember! Die reg-vir-Kersfees-eetplan
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
Hier’s die ideale oplossing om die feestyd te geniet sonder om agterna ronder te wees – ’n spesiale dieet vóór Kersfees en een daarna!
-
Spesiaal vir jou! 'n Ná Kersfees-eetplan
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 2
Verloor die Kersfees-vetjies in net 10 dae.
-
Stylredakteur, Fanie Cronjé, trek die nuwe, maer Bertha aan
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 14
Sy’t al ’n volle 18 kg verloor. Dít was maar die begin. Fanie het Bertha gehelp om klere vir haar nuwe lyf te kies. Raad wat ook jý kan gebruik. Kom kyk wat agter die skerms gebeur het
-
Tot siens selluliet - hier's die eetplan
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 4
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...












Kommentaar
heni seemann het gesê:
ek vind die 10 reëls baie insiggewend! om van kilos ontslae te raak en ook jou gewig te hou, verg n permanente gesonde eetpatroon! dankie vir die info's
11de Mei. 2011, 14:58loraine van alberton het gesê:
kan nie glo jy lyk so mooi nie,congrats en ek gaan dit try, het nie so baie om af te skid nie, moet net so 15-18kg verloor. wel hoop jy geniet die dag.. kyk elke week 7de laan
14de Nov. 2010, 16:25Lenie Barnard het gesê:
Bertha jy lyk pragtig. Jy't my ook geinspireer om dr. Cohen se dieet te volg. Ek het nou in 3mnde ook 18kg verloor en lyk en voel fantasties. Moet nou op die re-feeding program gaan. Daar's dus nog 'n rukkie vir my oor. Voorspoed verder vir jou.
3de Jan. 2010, 20:27Verona van den Berg het gesê:
Bertha, jy is 'n inspirasie vir ons. Ekself het aansoek gedoen om Dr Cohen se dieet te probeer, maar toe hulle sien ek ly aan Fibromialgie het hulle my dadelik afgekeur. Ek was baie hartseer daaroor...
30ste Des. 2009, 13:08Charmaine het gesê:
Jy lyk absoluut ongelooflik!!! Jy is so pragtige vrou en lyk nou beter as ooit! "You go girl"
14de Des. 2009, 13:42Ronelle Jansen het gesê:
Hi Bertha, Jy lyk waarlik pragtig, baie geluk! Ek is ook in die oorgewig-bootjie en sukkel maar om dit afteskud. My seuntjie is nou amper 10mnd, my 4de en laaste, maar ek sukkel nou meer as voorheen om oefening te doen en dieet kan ek glad nie, ek raak gou vervelig met diete. Ek is amper 43 en dit voel vir my asof alles stilstaan al doen ek wat en dit is dan wanneer ek sommer nie meer lus is vir oefeninge en diete nie. Mag ek dalk ook jou wenresep kry, miskien kan ek iets hiervan maak. Ek moet tenminste 40kg verloor.....sjoe dis baie né? Hoe lank was jy op die Dr. Cohen dieet en was dit vir jou moeilik om voltehou?
23ste Nov. 2009, 20:39BERYL DAVIDSE het gesê:
Enige vrou se droom om haar lyf so in beheer te kan bring.Eks oppad na my eie doel!Voorspoed Bertha!
18de Nov. 2009, 01:23tina steenkamp het gesê:
kan ek asb die dieet kry wat bertha gevolg het om so pragtig stunning te lyk sal hoogs gewaardeer word, dankie vir die puik tydskrif groete tina
30ste Okt. 2009, 11:33Mari-Louise het gesê:
Ek het gehoor Bertha is op die Cohen dieet nadat ek self begin het, ek het 25kg afgeskud. Bertha jy lyk stunning!!!
13de Okt. 2009, 16:01Anthonette het gesê:
Bertha was my inspirasie, toe ek haar sien toe weet ek wat om te doen, Dr. Cohen se dieet, die beste, jy voel gesond, daar is soveel positiewe dinge in die dieet ! Ek myself het 18kg verloor, en voel ongelooflik wonderlik die feit dat die mense elke liewe dag iets moois, positiefs te sê het, maak dit net soveel beter, en inspirerend om aan te gaan, ek is nou klaar, maar dus hoe ek van nou af gaan eet, as jy daardie etes nie met liefde maak nie, gaan jy dit nie geniet nie, en gaan jy nie daarby hou nie ! Dankie Bertha !
21ste Sep. 2009, 10:54Etresia Benade het gesê:
Waar kry ek Bertha se dieet. Het ek dit mis gekyk of wat. Miskien kan julle haar grimering ook bespreek. Sy is 'n inspirasie.
17de Sep. 2009, 13:35Audrey het gesê:
Thanks for your useful tips, you look truly lovely!!
16de Sep. 2009, 15:06rita smith het gesê:
ek het net soos jy die selfdissipline gewaad aangetrek en 27;g verloor. Well done to us !
15de Sep. 2009, 22:18karin het gesê:
Jy lyk so goed en gesond en pragtig! ! !Jys 'n baie sterk persoon om jou so te kan dissiplineer. Ek gaan sommer vandag begin met jou dieet, baie dankie.
12de Sep. 2009, 13:59HEila het gesê:
Ai Bertha, jy lyk sooooo pragtig... wens net ek kan my kop regkry en begin!!
11de Sep. 2009, 14:59Madre Theron het gesê:
oh my word! sy's pragtig! geen wonder my man het ons dogtertjie Emma genoem na haar nie. hy is dolverlief op Bertha
11de Sep. 2009, 13:26