Bertha se dieet-vordering
Bertha le Roux is so te sê klaar met haar refeeding-program. Sy het vroeër vertel dié deel van Dr Cohen’s First Personal Diet, die dieet wat sy volg, behels dat sy groter porsies kan eet en ook weer melk en brood kan geniet. Sy het sowat 20kg verloor en is steeds dolgelukkig met die resultate!
"Ek is nou besig met die laaste stuiptrekkings van die dieet."
Sy sien baie daarna uit om weer snoek, soesji en wyn te geniet as sy klaar is met die dieet.
"Dis darem moeilik om sonder ‘n glasie wyn te kuier! Ná die dieet sal ek enigiets kan eet, maar ek moet matigheid voor oë hou."
Haar grootste uitdaging nou is om nie elke keer ‘n koekie te eet wanneer haar dogtertjie, Kiana, een eet nie. Sy gaan nou ‘n eetprogram volg wat sal keer dat sy nie weer gewig optel nie.
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Bertha
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 29
Vat dit van my: Voorbladfoto's vir 'n glanstydskrif soos SARIE is nie 'n eenvoudige ding nie ... - Fanie Cronjé, sosiale en styl-redakteur
-
Bertha le Roux skryf terug aan SARIE-lesers
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 32
Julle het op sarie.com vir Bertha laat weet hoe goed sy lyk. Lees nou hier wat sy te sê het
-
Bertha le Roux verloor nóg 4,5 kg
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 52
Ja, Bertha le Roux het nóg 4,5 kg verloor sedert SARIE met haar gesels het vir ons April-uitgawe! Sy dra nou trots klere in 'n nommer 32. Oor 'n paar dae is sy klaar met die dieet waarmee sy nou al 19,5 kg afgeskud het
-
Bertha nou al 20 kg ligter!
SARIE - Junie 2009
In die April-uitgawe het ons verkondig hoe Bertha 'n ongelooflike 15 kg verloor het.
-
Bertha se 10 dieetreëls vir élke dag
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 15
Sy't al 'n volle 18 kg verloor! In die September-uitgawe het SARIE haar modewenke gegee vir haar nuwe lyf. Nou deel sy haar 10 eetreëls vir élke dag eksklusief met sarie.com-gebruikers
-
Hoe werk Bertha se 're-feeding'-eetprogram?
Julle was daar toe Bertha al die gewig verloor het. Baie stap (dikwels onsuksesvol) dieselfde pad, en wil weet oor die “re-feeding” waaroor Bertha vertel het – dis waarmee sy onlangs besig was.
-
Julle oor dieetpille en -aanvullings
SARIE - Februarie 2010
-
Kelly Osbourne verloor byna 20 kg+ haar 1ste voorbladfoto in bikini!
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Sy was beslis nie die celeb-rolmodel van hoe om gesond te leef nie, maar nou lyk dit asof Kelly Osbourne mal is oor haar nuwe leefstyl. So baie, sy't byna 20 kg verloor!
-
Mooier, maerder Bertha: "Kyk hoe lyk ek nou"
SARIE - April 2009
Sy straal nadat sy die kilogramme behoorlik afgeskud het. Dis 'n splinternuwe Bertha dié. Sien meer en lees meer oor Bertha en haar dieet in jou nuwe SARIE
-
NUWE FOTO'S: Bertha (Emma van 7de Laan) se babaklere-reeks
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Bertha le Roux (7de Laan se Emma) het 'n nuwe baba- en kleuter-klerereeks op die mark. Die idee vir BabyB het in 2003 begin toe haar ma, Griet, en haar suster, Corrie, 'n projek in Zambië begin het. Hulle het vroue leer naaldwerk doen, om hul eie klere te maak en dit dan te verkoop.












Kommentaar
martie het gesê:
ja sy lyk pragtig ek wens ek kan dit ook doen ......maar ek kan nie help om te vra is van hierdie fotos gefotoshop?? sy lyk nie nou soo nie en ek kan regtig nie onthou dat sy ooit so gelyk het bin 7de laan nie...nie so maar nie sy dra altyd baggie klere so ...
29ste Mei. 2011, 07:15MARIANA het gesê:
wIL OOK GRAAG GEWIG VERLOOR. 10 kilos. EK IS 58 JAAR OUD. WAAR KAN EK NAVRAAG DOEN OMTRENT DIE DIEET.
17de Nov. 2010, 10:33lolla het gesê:
Hi,kan enige iemand vir my ook die wonderlike dr Cohen se dieet gee asb het so veertig kilogram om te verloor.Sal dit groot waardeer. Groete Lolla
13de Nov. 2010, 10:10Alta het gesê:
Jy lyk regtig pragtig - enige raad oor hoe om jou mindset reg te kry?
9de Mar. 2010, 09:56Natascha Labuschagne het gesê:
Bertha jy pragtig.
25ste Jan. 2010, 21:24Chriselle het gesê:
Ek het verlede jaar met Dr Cohen se dieet begin en aan en af begin dieet. Vir my is dit ongelooflik moeilik om vol te hou daarmee, maar ek dink my mindset was nog net nie reg nie! Toe ek dit wel streng gevolg het, het ek in die eerste 30 dae 9kg verloor. Bertha is regtig 'n inspirasie en van Maandag af dieet ek weer!
12de Sep. 2009, 14:58Vanessa Geldenhuys het gesê:
Hi almal, Bertha het my inspireer om iets te doen aan die gewiggies wat oof die afgelope 17 jaar op my lyf stelling ingeneem het. Ek het op 26 Junie begin met Dr Cohen se dieet, en het nou 15.6 kg verloor. Ek voel en lyk soos 'n nuwe mens.(Bygesé, ek het elke liewe dieet op die mark probeer, en niks het gewerk nie) Dit is nie maklik nie, maar elke dag word dit beter - ek word nie vreeslik honger nie, al is dit min kos, en het nie enige "cravings" nie. Ek is oor 40 jr en ek dink nie dit hou mens se gewigsverlies terug nie. Ek het nog so 9kg om te gaan, maar sal uithou en vasbyt. Sterkte vir almal wat in dieselfde bootjie is.
10de Sep. 2009, 10:34MERCIA LE ROUX het gesê:
JY LYK ABSOLUUT FANTASTIES.
14de Aug. 2009, 13:34Elbé Fourie het gesê:
Sjoe Bertha, stunning is al wat ek kan uit kry!!! Ek begin net more met jou dieet. Dis waarlik 'n inspirasie, hou so aan!!
15de Jul. 2009, 16:23erika cp het gesê:
jy is 'n inspirasie vir ons almal wat so sukkel om gewig te verloor. jy lyk absoluut stunning. geluk met jou uihou vermoe
15de Jul. 2009, 08:59Yolandé van Aswegen het gesê:
Mooi so, Bertha ! Ek was ook op Dr Cohen se dieet en het 44 Kg verloor, maar weer alles opgetel. Dis maklik om als te verloor, maar moeilik om nie weer die gewig op te tel nie. Hopelik het jy meer uithouvermoë en bly jou leefstyl so gesond dat jy nie weer daardie kilo's optel nie! Sterkte vir jou !
2de Jul. 2009, 09:26Marthsu het gesê:
Sjoe jy lyk ongelooflik dit is werklik inspirerend om iemand te sien wat ook deur dieselfde stryd as elke ander vrou en man in die publiek gaan! Dankie jy lyk pragtig!
1ste Jul. 2009, 14:19Hannelie Esterhuizen het gesê:
Jy is 'n inspirasie vir my. Ek het borskanker en kry tans hormoon inplantings ook en het baie gewig opgetel. Ek is nou al 'n week op jou dieet en kan klaar die verskil voel. Baie dankie
30ste Jun. 2009, 14:19ALETTA PIETERSE het gesê:
Jy lyk pragtig ek wil ook nou die wildskrag bymekaar sit en net so 4kg verloor as ek sikkel sal ek jou moet bel. Jy lyk stunning
23ste Jun. 2009, 12:42Elzaan het gesê:
Sy het die sterkste wilskrag, as almal maar net so sterk kan wees in hul besluitneming. Baie geluk Bertha met jou groot prestasie, ek is soma baie jaloers.
18de Jun. 2009, 13:11rosa bester het gesê:
jy lyk wonderlik en straal eintlik, ek wil ook gaan want ek is 35kg oorgewig en is net bang dit gaan meer word as ek nie nou plan maak nie, as jy oor jou veertigs is dan is dit moeiliker om gewig te verloor so ek hoop dit gaan net so vinnig vir my werk. hou so aan jy lyk pragtig
18de Jun. 2009, 06:45Amanda Gaybba het gesê:
Awesome stunning!!!! Ons is trots op jou....jy lyk asemrowend pragtig!!!
17de Jun. 2009, 20:22Yolanda Jansen van Vuuren het gesê:
Jy lyk pragtig! Ek is geinspireer!
17de Jun. 2009, 16:51Pikkie Putter het gesê:
Sy is pragtig. Baie geluk met jou uithouvermoë.!!!!!! Mal oor jou. Groete
17de Jun. 2009, 13:47