Dieet

Bertha se dieet-vordering

Bertha le Roux is so te sê klaar met haar refeeding-program. Sy het vroeër vertel dié deel van Dr Cohen’s First Personal Diet, die dieet wat sy volg, behels dat sy groter porsies kan eet en ook weer melk en brood kan geniet. Sy het sowat 20kg verloor en is steeds dolgelukkig met die resultate!

“Ek is nou besig met die laaste stuiptrekkings van die dieet.”

Sy sien baie daarna uit om weer snoek, soesji en wyn te geniet as sy klaar is met die dieet.

“Dis darem moeilik om sonder ‘n glasie wyn te kuier! Ná die dieet sal ek enigiets kan eet, maar ek moet matigheid voor oë hou.”

Haar grootste uitdaging nou is om nie elke keer ‘n koekie te eet wanneer haar dogtertjie, Kiana, een eet nie. Sy gaan nou ‘n eetprogram volg wat sal keer dat sy nie weer gewig optel nie.

  • Pikkie Putter

    Sy is pragtig. Baie geluk met jou uithouvermoë.!!!!!!
    Mal oor jou.
    Groete

  • Yolanda Jansen van Vuuren

    Jy lyk pragtig! Ek is geinspireer!

  • Amanda Gaybba

    Awesome stunning!!!! Ons is trots op jou….jy lyk asemrowend pragtig!!!

  • rosa bester

    jy lyk wonderlik en straal eintlik, ek wil ook gaan want ek is 35kg oorgewig en is net bang dit gaan meer word as ek nie nou plan maak nie, as jy oor jou veertigs is dan is dit moeiliker om gewig te verloor so ek hoop dit gaan net so vinnig vir my werk. hou so aan jy lyk pragtig

  • Elzaan

    Sy het die sterkste wilskrag, as almal maar net so sterk kan wees in hul besluitneming.

    Baie geluk Bertha met jou groot prestasie, ek is soma baie jaloers.

  • Jy lyk pragtig ek wil ook nou die wildskrag bymekaar sit en net so 4kg verloor as ek sikkel sal ek jou moet bel. Jy lyk stunning

  • Jy is ‘n inspirasie vir my. Ek het borskanker en kry tans hormoon inplantings ook en het baie gewig opgetel. Ek is nou al ‘n week op jou dieet en kan klaar die verskil voel. Baie dankie

  • Sjoe jy lyk ongelooflik dit is werklik inspirerend om iemand te sien wat ook deur dieselfde stryd as elke ander vrou en man in die publiek gaan! Dankie jy lyk pragtig!

  • Yolandé van Aswegen

    Mooi so, Bertha ! Ek was ook op Dr Cohen se dieet en het 44 Kg verloor, maar weer alles opgetel. Dis maklik om als te verloor, maar moeilik om nie weer die gewig op te tel nie. Hopelik het jy meer uithouvermoë en bly jou leefstyl so gesond dat jy nie weer daardie kilo’s optel nie! Sterkte vir jou !

  • erika cp

    jy is ‘n inspirasie vir ons almal wat so sukkel om gewig te verloor. jy lyk absoluut stunning. geluk met jou uihou vermoe

  • Elbé Fourie

    Sjoe Bertha, stunning is al wat ek kan uit kry!!! Ek begin net more met jou dieet. Dis waarlik ‘n inspirasie, hou so aan!!

  • MERCIA LE ROUX

    JY LYK ABSOLUUT FANTASTIES.

  • Vanessa Geldenhuys

    Hi almal, Bertha het my inspireer om iets te doen aan die gewiggies wat oof die afgelope 17 jaar op my lyf stelling ingeneem het. Ek het op 26 Junie begin met Dr Cohen se dieet, en het nou 15.6 kg verloor. Ek voel en lyk soos ‘n nuwe mens.(Bygesé, ek het elke liewe dieet op die mark probeer, en niks het gewerk nie) Dit is nie maklik nie, maar elke dag word dit beter – ek word nie vreeslik honger nie, al is dit min kos, en het nie enige "cravings" nie. Ek is oor 40 jr en ek dink nie dit hou mens se gewigsverlies terug nie. Ek het nog so 9kg om te gaan, maar sal uithou en vasbyt. Sterkte vir almal wat in dieselfde bootjie is.

  • Chriselle

    Ek het verlede jaar met Dr Cohen se dieet begin en aan en af begin dieet. Vir my is dit ongelooflik moeilik om vol te hou daarmee, maar ek dink my mindset was nog net nie reg nie! Toe ek dit wel streng gevolg het, het ek in die eerste 30 dae 9kg verloor. Bertha is regtig ‘n inspirasie en van Maandag af dieet ek weer!

  • Natascha Labuschagne

    Bertha jy pragtig.

  • Jy lyk regtig pragtig – enige raad oor hoe om jou mindset reg te kry?

  • lolla

    Hi,kan enige iemand vir my ook die wonderlike dr Cohen se dieet gee asb het so veertig kilogram om te verloor.Sal dit groot waardeer.
    Groete
    Lolla

  • MARIANA

    wIL OOK GRAAG GEWIG VERLOOR. 10 kilos. EK IS 58 JAAR OUD. WAAR KAN EK NAVRAAG DOEN OMTRENT DIE DIEET.

  • martie

    ja sy lyk pragtig ek wens ek kan dit ook doen ……maar ek kan nie help om te vra is van hierdie fotos gefotoshop??
    sy lyk nie nou soo nie en ek kan regtig nie onthou dat sy ooit so gelyk het bin 7de laan nie…nie so maar nie sy dra altyd baggie klere so …