sr0902gesondvoorblad01
Dieet

Bevredig jou suikertand só

Jy is lus vir ietsie soets en eet ‘n hand vol jellie-lekkers. Of ‘n suiglekkertjie . . . En waarom nie – dit was immers ‘n gewilde aanbeveling in die 90’s. Maar ‘n jellie-lekker of klein suiglekker is gelyk aan ‘n teelepel suiker. En as jy gou-gou ‘n klein pakkie lekkers eet, is dit so goed jy drink 10 teelepels of meer suiker in jou tee! Tensy jy daarna ‘n halfmaraton hardloop of ‘n uur lank fietsry of swem, gáán dit die pad na jou heupe vind.

Bederf jouself met ‘n soetigheid, maar kies iets met meer bestanddele – soos neute met sjokolade, pannekoek (meel, melk en eiers), melkskommel (melk) of ‘n stuk appeltert (appels, melk, eiers). Dié bykomende bestanddele kan as buffer dien teen ‘n moontlike suiker-oorlading.

 

Bron

Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.