Dieet

Detoks natuurlik

Die jaar het pas afgeskop en tydskrifte en koerante is vol raad oor hoe om te detoks –  en só van “gif en afvalstowwe” in jou lyf ontslae te raak. Maar jou liggaam is gemaak om self gedurig  te hernuwe en te detoks. Jou lyf se natuurlike detoks-sisteem (soos jou lewer, niere, vel en dermkanaal, inderdaad elke selletjie), beskerm jou daagliks teen “gevaarlike stowwe“ – en is baie doeltreffend.

Ongelukkig kan heelparty mense se natuurlike detoks-stelsel nie byhou nie: Hulle eet en drink net só verkeerd. Dié stelsel het ook voedingstowwe nodig om goed te kan werk. Maar vóór jy  enige drastiese “water en vrugte”-program probeer volg, maak net 3 veranderings aan jou alledaagse eetpatroon en ondersteun só jou liggaam se eie detoks-stelsel:

  • eet tussen elke twee maaltye ’n vrug
  • eet met elke ligte maaltyd minstens 1 soort rou groente (byvoorbeeld ’n tamatie), en
  • eet met elke hoofmaal 2 groentes.

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.