FOTO: Instagram  @weightlessfairya>

FOTO: Instagram @weightlessfairya>

Dieet

Dié 10 goed sê jy nooit vir iemand wat gewig aangesit het nie

Ons almal ken die gevoel ná die winter wanneer dit weer tyd is om rokke en kortbroeke of moulose bloese te dra … maar die koue maande het hul tol geëis en dié klere sit nou bietjie stywer as die vorige seisoen. Wat sake nog vererger is dat ander dit ook agterkom!

Hier is ’n lys van goed om nooit te sê wanneer jy sien een van jou vriendinne is bietjie ronder as voorheen nie:

1. Ek het nie geweet jy verwag nie! Wanneer kom die pienkvoet?

2. Is jy seker jy wil koek bestel? Kom ons deel eerder ’n slaai …

3. Ek sien jy oefen nie meer nie …

4. Dalk is die ekstra gewig te wyte aan ’n ooraktiewe skildklier?

5. My vriendin het baie gewig verloor deur te bant, dalk moet jy dit ook probeer?

6. Ek wens ek kon kos geniet soos jy!

7. Ek is só vet! Ek wens ek kan so gemaklik wees in my lyf soos jy …

8. Is jy op ’n dieet? (Veral nie wanneer die persoon slaai of groente eet nie, dalk hou sy net daarvan …)

9. Ek sal saam met jou begin oefen, dan sal jy sien dit is nie so erg nie …

10. Jy is nie vet nie! Jy is pragtig! (Die persoon voel moontlik reeds ongemaklik en weet wat jy sê is onwaar).

Al is die meeste van dié stellings waar en al word dit goed bedoel, sal jou vriendin nie goed voel oor haarself wanneer jy dit sê nie. En boonop weet sy reeds al dié dinge…

Lees ook