Dieet

Só eet die Bokke

Die Britse Leeus is hier vir ‘n epiese stryd tussen Noord en Suid. Ons Bokke is hard aan’t oefen ter voorbereiding van ‘n paar moeilike wedstryde wat kom.

Jy het seker al gewonder wat soggens, smiddae en saans op ‘n geharde rugbyman se bord verskyn sodat hy sy beste op die veld kan gee? Natuurlik tel talent in sy guns en harde werk is vanselfsprekend, maar ‘n goeie dieet is noodsaaklik.

“‘n Rugbyspeler se eetplan moet ‘n gebalanseerde verskeidenheid kosse insluit, waarvan die meeste koolhidraatryk moet wees vir ‘n primêre bron van energie (soos brood, pap, rys, pasta, aartappel, vrugte en smoothies). Proteïenryke kos soos maer vleis, hoender en vis help weer om spiere te bou. Elke speler se dieet moet ‘n beperkte hoeveelheid diervet en transvetsuur bevat,” sê Shelly.

Die doelwitte van spelers wat in van die wêreld se strafste sporte meeding, bepaal hul dieet. Party wil hul spiermassa verhoog, dalk ‘n paar kilo’s vetmassa afskud of net vinniger op die veld wees. Hulle eet dan spesifiek hiervolgens.

Só eet Nr. 2 en Nr. 11

‘n Speler se posisie op die rugbyveld bepaal natuurlik sy dieet. John Smith wat in die voorry skrum, sal byvoorbeeld 150 g meer vleis, 5 ekstra snye brood en vrugte eet as Bryan Habana wat vleuel speel.

 

“Ek’s al 15 jaar betrokke by die spyskaartbeplanning van sportmense. Daar is nie ‘n rondreisende sjef wat saam met die Springbokke toer nie.

“‘n Spyskaart met duidelike spesifikasies en gaarmaakmetodes word gegee aan sjefs by die vyfster-hotelle waar die Bokke bly.

“Ek neem alles in ag wanneer ek hierdie spyskaarte saamstel – van dít wat elke speler op die veld gaan nodig hê tot hul reisprogram en die beskikbaarheid van sekere kossoorte in die buiteland,” sê Shelly.

Die groot wedstryd – afskoptyd om 15h00

  • Voor die wedstryd om 13h45
    ‘n Optop-ete met broodjies, pannekoeke, plaatkoekies, piesangbrood, laevet-jogurt, smoothies ensportdrankies.
  • Ná die wedstryd om 16h30
    Broodjies, pastaslaaie, hoenderboudjies, sport- en jogurt-drankies, energiestafies en vars vrugte.
  • Geen alkohol 24 uur voor of ná die wedstryd.

Aikôna, só eet
‘n Bok nie!

Geen volroommelk, room, croissants, enige pasteikors, spek, happies of vleis met ‘n hoë vetinhoud, tjips en romerige souse.

Geen diepgebraaide gebak of pangebraaide kos
nie. Die minimum olie word gebruik.

Geen alkohol in kos. 

 

En toe word ons dors …

Die Bokke moet seker maak hulle bly goed gehidreer. Daar word voorsiening gemaak vir vloeistowwe by elke ete en daar is selfs gebottelde water in hul hotelkamers.

Op toer word daar begroot vir tot 3 liter water en 1 tot 1,5 liter energiedrankies per speler per dag.  

 

Wat’s vir poeding?

Daar is altyd vrugteslaai, pannekoeke en bevrore laevet-jogurt op die tafel.

Op spesiale dae gebakte poedings laevet-vla, -roomys en -sjokoladesous brownies strudel gevul met vrugte  

 

Meer inligting?

Besoek SA Rugby by www.sarugby.com

 

* Nicole Chamberlin van Ogilvy PR