Volg die porsie-dieet
Mens benodig nagenoeg 44 verskillende noodsaaklike voedingstowwe – én in die regte hoeveelhede – om jou liggaam so gesond moontlik te hou. Die vraag is hoeveel van wat?
Die porsieplan-eetplan wys jou wat en hoe. Die hoeveelhede wat mens kan/moet eet, is gegrond op die nuutste voedselpiramiede volgens die jongste wetenskaplike navorsing. Die deursnee-mens moet die volgende porsies per dag eet:
◆ 5 – 7 porsies styselkosse
◆ 3 – 5 porsies groente
◆ 2 – 3 porsies vrugte
◆ 2 – 3 porsies suiwelprodukte
◆ 5 – 6 porsies proteïene
◆ 3 porsies vet
Uiters belangrike nota:
Jy MOET vyf tot ses keer per dag eet, en nie langer as twee tot drie uur wag voordat jy weer iets eet nie. Met dié beginsels in gedagte, lyk die Porsieplan soos volg:
JOU PORSIEPLAN
| MAALTYD |
EET DIE VOLGENDE |
VOORBEELD |
|
Ontbyt |
2 porsies stysel |
Porsielys met porsie-groottes |
|
Mid-oggend-versnapering |
1 porsie vrugte |
Porsielys met porsie-groottes |
|
Middagete |
2 porsies stysel |
Porsielys met porsie-groottes |
|
Mid-middag-versnapering |
1 – 2 porsies vrugte |
Porsielys met porsie-groottes |
|
Aandete |
1 porsie stysel |
Porsielys met porsie-groottes |
|
Laatnag-versnapering |
1 porsie jogurt |
Porsielys met porsie-groottes |
Verwante artikels
-
Die Porsie-eetplan: Porsiegroottes van verskillende voedselgroepe
SARIE - September 2005 | Kommentaar: 7
Wat is 'n porsie en hoe lyk die porsiegroottes van die verskillende voedselgroepe?















Kommentaar
michelle het gesê:
Ek wil graag gewig verloor,want ek trou in okt maand en wil graag mooi lyk vir my man!!!
3de Feb. 2012, 11:25Anje het gesê:
ek is lank al opsoek na 'n dieet en die eem is net vir my!! Baie dankie Sarie!!!
11de Nov. 2009, 21:28Tania het gesê:
Op die oomblik het ek daagliks 'n kopseer, voel opgeblaas (al het ek amper niks geeet nie) en by tye raak ek lighoofdig en gryp dan sommer na enig iets om te peusel. Nadat ek die porsieplan bestudeer het het ek besluit. Tot hier toe en nie verder. My eetgewoontes is glad nie goed vir my gesondheid nie en alhoewel ek vreeslik min eet verloor ek geen gewig nie. Met die porsieplan en 'n daaglikse stap roetine wat ek vir my self uitgewerk het gaan ek nou my liggaam en metabolisme in orde kry - VOOR 2010!
1ste Nov. 2009, 17:29S G Meyer het gesê:
Ek het 'n dag vir dag (1 week) vooruit beplanning gemaak, met elke ete en versnapering presies uit gele, sodat ek presies weet wat ek die volgende dag gaan (en mag eet!!), dan het ek 'n 3 dae inkopie lys voorberei van wat ek benodig, sodoende het ek net die kosse waarvan ek mag eet in die huis(het natuurlik van al die taboe kosse ontslae geraak!!) en weet ek dat dit wat in mykaste is, is vars. 'En ek gaan net my kop laat sak en my oe toe maak en dit net doen!!' Geen verskonings nie. Ek het 40 geword die jaar en het altyd so daarna uitgesien, ander as my vriendinne het ek gedink dit gaan DIE jaar wees vir my, niks noemenswaardig het vir my gebeur so ver nie en die jaar is al amper verby, en DIE gewigs verlies gaan vir MY wees!!
28ste Okt. 2009, 21:00Denise het gesê:
Nou wie wil nie 'n paar extra kilograms afskud voor die sommer dae? Ek sien uit om die dieet aan te vat.
28ste Okt. 2009, 13:24Herma Koch het gesê:
Dit sal 'n lekker manier wees om 'n ekstra paar kilogramme te laat afval.
27ste Okt. 2009, 15:31