Dieet

Volg die porsie-dieet

Die porsieplan-eetplan wys jou wat en hoe. Die hoeveelhede wat mens kan/moet eet, is gegrond op die nuutste voedselpiramiede volgens die jongste wetenskaplike navorsing. Die deursnee-mens moet die volgende porsies per dag eet:

◆ 5 – 7 porsies styselkosse
◆ 3 – 5 porsies groente
◆ 2 – 3 porsies vrugte
◆ 2 – 3 porsies suiwelprodukte
◆ 5 – 6 porsies proteïene
◆ 3 porsies vet

Uiters belangrike nota:

Jy MOET vyf tot ses keer per dag eet, en nie langer as twee tot drie uur wag voordat jy weer iets eet nie. Met dié beginsels in gedagte, lyk die Porsieplan soos volg:

JOU PORSIEPLAN

    MAALTYD 

EET DIE VOLGENDE
– NIKS MINDER NIE,
NIKS MEER NIE

VOORBEELD
– STEL JOU EIE SPYSKAART
SAAM UIT DIE PORSIELYS

Ontbyt


2 porsies stysel
+ 1 porsie proteïen/suiwel


Porsielys met porsie-groottes

Mid-oggend-versnapering


1 porsie vrugte
+ 1 porsie stysel
+ 1 porsie proteïen


Porsielys met porsie-groottes

Middagete


2 porsies stysel
+ 2 porsies proteïen
+ vry groente


Porsielys met porsie-groottes

Mid-middag-versnapering


1 – 2 porsies vrugte


Porsielys met porsie-groottes

Aandete


1 porsie stysel
+ 2 porsies proteïen
+ vry groente
+ porsie beperkte groente


Porsielys met porsie-groottes

Laatnag-versnapering


1 porsie jogurt


Porsielys met porsie-groottes
  • Dit sal ‘n lekker manier wees om ‘n ekstra paar kilogramme te laat afval.

  • Nou wie wil nie ‘n paar extra kilograms afskud voor die sommer dae? Ek sien uit om die dieet aan te vat.

  • S G Meyer

    Ek het ‘n dag vir dag (1 week) vooruit beplanning gemaak, met elke ete en versnapering presies uit gele, sodat ek presies weet wat ek die volgende dag gaan (en mag eet!!), dan het ek ‘n 3 dae inkopie lys voorberei van wat ek benodig, sodoende het ek net die kosse waarvan ek mag eet in die huis(het natuurlik van al die taboe kosse ontslae geraak!!) en weet ek dat dit wat in mykaste is, is vars. ‘En ek gaan net my kop laat sak en my oe toe maak en dit net doen!!’ Geen verskonings nie. Ek het 40 geword die jaar en het altyd so daarna uitgesien, ander as my vriendinne het ek gedink dit gaan DIE jaar wees vir my, niks noemenswaardig het vir my gebeur so ver nie en die jaar is al amper verby, en DIE gewigs verlies gaan vir MY wees!!

  • Tania

    Op die oomblik het ek daagliks ‘n kopseer, voel opgeblaas (al het ek amper niks geeet nie) en by tye raak ek lighoofdig en gryp dan sommer na enig iets om te peusel.
    Nadat ek die porsieplan bestudeer het het ek besluit. Tot hier toe en nie verder. My eetgewoontes is glad nie goed vir my gesondheid nie en alhoewel ek vreeslik min eet verloor ek geen gewig nie.
    Met die porsieplan en ‘n daaglikse stap roetine wat ek vir my self uitgewerk het gaan ek nou my liggaam en metabolisme in orde kry – VOOR 2010!

  • keDZrb vjlxnvjghuvh, [url=http://wfqzuxpaotyp.com/]wfqzuxpaotyp[/url], [link=http://ccwuqhlipmzg.com/]ccwuqhlipmzg[/link], http://qkaumijdybna.com/

  • Anje

    ek is lank al opsoek na ‘n dieet en die eem is net vir my!! Baie dankie Sarie!!!

  • wehvxn

    o4wpWq vxmnlpmzxhps, [url=http://ufjfdvitmlsm.com/]ufjfdvitmlsm[/url], [link=http://smnnofwqnuoa.com/]smnnofwqnuoa[/link], http://odgtuuclunjx.com/

  • bwyyfj

    PtQk0h xjyrdyvqqjxj, [url=http://bixmyvlozfai.com/]bixmyvlozfai[/url], [link=http://egtghxqpoezi.com/]egtghxqpoezi[/link], http://vuiagvzjxizp.com/

  • michelle

    Ek wil graag gewig verloor,want ek trou in okt maand en wil graag mooi lyk vir my man!!!

  • Janita

    Halo eks Janita en ek is 19 jaar oud ek sukkel ongelooflik met my gewig nou dat ek nie meer in die skool is nie, ek het van ‘n 34 broek na ‘n 40 broek gegaan in ‘n kwessie van 4 maande my selfbeeld is daarmee heen en ek is nou regtig op soek na iets wat kan werk en my sal positief hou