helene lady gaga
Dieet

Dieet-blogger Hélène Horak beantwoord jou kwelvrae

Hélène Horak se blog oor haar gewigsverlies op SARIE.com is een van ons gewildste blogs nóg. Haar gewigsverlies van 70 kg het baie vroue geïnspireer om gesonder te leef.

Ons het vir byna ’n maand elke weeksdag saam met haar die pad gestap en ons onthul nou haar nuwe lyf in die April-uitgawe van SARIE. Intussen beantwoord sy lesers se dieet- en leefstyl-vrae op SARIE.com.

Hoe sê jy nee vir soetgoed?

Tessa Bothma vra: Asb help! Hoe kom jy jou verslawing aan soetgoed (veral gebak) te bowe!! Ek sukkel baie!

Hélène: Dis baie moeilik, ek weet. Ek het elke dag ’n stryd daarmee. Maar ek eet mooi deur die week sodat ek oor die naweek ’n lekker dingetjie kan eet. Natuurlik nie te veel nie. Ek eet selfs ’n lekkertjie deur die week. Ek weet net as ek dit gedoen het, sal ek minder kos kan eet. As jy faal en wel laf geraak het en ’n hele pak koeksisters opgeëet het, moet jy net opstaan, afstof, jouself vergewe en aangaan. Dit help nie jy gebruik een mistasting om heeltemal van die wa af te val nie.

Wat en hoeveel eet jy deur die dag?

Jana Etsebeth Hough sê: Ek wil graag ’n uiteensetting sien van wat jy deur die dag geëet het en hoeveel.

Hélène: Dis wat ek vandag geëet het.

  • Hawermout (147 kal)
  • 3 koppies koffie met laevet-melk en sonder suiker (25 kal per koppie)
  • Spanspek: een koppie (60 kal)
  • Perske (60 kal)
  • Slaai, drie koppies (60 kal)
  • Feta-wiel (100 kal)
  • Vis met gekrummelde korsie (120 kal)
  • Druiwe: een koppie (75 kal)
  • Geroosterde groente: een koppie (165 kal)
  • Appel (50 kal)
  • Springmielies: 5 koppies (klaar gespring) in olie gemaak (140 kal)
  • 15 amandels (170 kal)

Dis ’n totaal van min of meer 1 200 kalorieë.

Hélène se oefenroetine

“Ek dink dis belangrik om te noem watter oefening ek doen, want dit is ’n groot deel van my gewigsverlies en beter leefstyl.”

Maandag:

  • 20 min op die elliptical trainer
  • 20 minute fietsry
  • Een uur pilates

Dinsdag:

  • 20 min op die elliptical trainer
  • 10 min hardloop op die trapmeul (treadmill)
  • Ek herhaal die volgende 5 keer: 48 lunges met 10 kg op my skouers; 24 squats met 10 kg op my skours; 24 bicep curls; 24 t- oefeninge; 24 pec-oefeninge; 24 skoueroefeninge met ’n 5 kg-gewig; 24 burpees; 24 leg lifts links en 24 regs; 24 bicycle sit-ups

Woensdag:

  • 20 min ski-masjien
  • 10 min hardloop
  • 10 min springtou
  • 10 min roeimasjien
  • 20 min elliptical trainer

Donderdag:

  • Rusdag

Vrydag:

  • Een uur oefening saam met my instrukteur
  • Een uur pilates

Saterdag:

  • 5 km pretdraf saam met my kinders en man

Sondag:

  • Rusdag

Het jy ’n vraag vir Hélène? Vra dit onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad! Gebruik die hashtag#HeleneHorak en gesels saam!

Lees Hélène se blog in drie aflewerings HIER:

Só het ek 70kg verloor – DEEL 1

Só het ek 70kg verloor – DEEL 2

Só het ek 70kg verloor – DEEL 3

Dieet-blogger Hélène Horak beantwoord julle vrae

*Hélène is nie ’n dieetkundige nie. Haar raad is wat vir haar gewerk het. Praat met jou dokter as jy gewigsprobleme het of voordat jy ’n streng dieet of oefenprogram begin volg.

  • Vanessa

    Hallo Hélène! Baie geluk! Ek gaan nou begin waarmee jy al klaar is. Ek wil net weet hoe jou oefen program in die begin was. Die gym ouens vra klomp geld per sessie! En wat se oefen klere het jy gedra dat die flabby bits so rond spring nie. Veral die lae maag area! Dankie vir die inspirasie! Vanessa