FOTO Mickey Hoyle
SARIE KOS FEB/MRT 2014

FOTO Mickey Hoyle SARIE KOS FEB/MRT 2014

Dieet

Dieet-raad: Kies jou vette reg

Verskillende kosse bevat nie net verskillende hoeveelhede vet nie, maar ook verskeie soorte vet, volgens Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van die Paarl. Vir goeie gesondheid, die beheer van cholesterol en diabetes is dit noodsaaklik dat jy van al die verskillende soorte inkry. En as jy ’n verskeidenheid voedingryke kossoorte kies, sal ’n klein bietjie versadigde vet natuurlik deel daarvan wees. Balans is egter die wagwoord.

1) Kies sover moontlik koud-verwerkte/geparste/vervaardigde olies. Jou tweede keuse is kanola-olie sonder preserveermiddels.

2) Gebruik ’n verskeidenheid vette – en fokus meer op plantaardige vette. Eet dus minder botter en room (ook klappervet), en meer olyfolie,avokado, neute en sade.

3) Vermy verwerkte vette hoog in omega-6, bv. sonneblomolie en margarien.

4) Kies grasvoer-diere of Karoo-lam. Sny die vet van voerkraal-diere af, of maak dit gaar met baie roosmaryn, wat anti-inflammatories is.

5) Eet meer vetterige vis soos sardiens en salm om jou inname van veral omega 3 op te stoot. Dis ook ryk aan ander voedingstowwe soos sink en B-vitamiene.

6) Eet daagliks minstens ’n hand vol rou neute en/of ’n lekker porsie avokado. Dit bevat ook onder meer vitamien E en magnesium, belangrik vir algemene en ook hartgesondheid.

Die volledige artikel, “10 dinge wat jy van cholesterol moet weet”, verskyn in die Junie-uitgawe van SARIE. Dít is nie meer op die rak nie, maar kan steeds digitaal afgelaai word – klik HIER.

In die JULIE-uitgawe van SARIE:

  • Nadia Beukes: Proe nou sukses & dolverlief!
  • Robbie Kruse se glanstroue – FOTO’S
  • Hartpionier Chris Barnard se kleindogter: Suiker ’n troos, maar toe haar verslawing
  • Menopouse: Raadop? Hier’s wat jy moet wet
  • Eensaam in jou huwelik?
  • Selfoon: 3de party in jou slaapkamer

nadia beukes