lr003
Dieet

Dieetkundige Mariza blog: Die nuutste ‘celeb’-gier, die alkaliese dieet

Weliswaar het ons vir eens hier te doen met iets beter…maar dis eintlik ou nuus. (Sien artikel: Jou lyf en suur.) Om die waarheid te sê, al in 1912 is ‘n artikel gepubliseer (eur wetenskaplikes Sherman en Gettler) wat beskryf het hoe die kos wat mens eet die liggaam se pH*,  gemeet aan die uriene pH, sal beïnvloed.

Die voorskrif is dat mens só moet eet dat koskeuses vermy word wat ‘suur’ veroorsaak.

Wat sal dit wees?

Kortom: Proteïene sal na vertering meer ‘ sure’ oplewer en groente, vrugte meer alkaliese ‘reste’. Sommige kosse is ‘neutraal’. (Sien lysie op www.betereet.co.za)

Maar dan raak dit bietjie meer ingewikkeld: Meeste vrugte is byvoorbeeld suur as mens die pH meet – maar die eindproduk na vertering is alkalies. Sommige voedselsoorte bevat spesifieke ‘sure’ – Hulle sal jou uriene dus meer suur maak.

Pruimedante, pruime en bosbessies is voorbeelde: hulle bevat benzoë-suur. Lui dit ‘n klokkie? benzoë-suur (benzoic acid) is ‘n algemene preserveermiddel – dikwels gebruik in suiwelprodukte.

Klaar benoud dat jou vol program nog meer ‘stretch’ a.g.v. die ingewikkelde lys waarvolgens jy moet eet? Nee wat. Gelukkig nie. Want jy het ‘n lyf gekry wat dit eintlik vir jou kan doen. Jy moet hom net help.

Die liggaam het baie effektiewe meganismes om sy pH optimaal te hou – omdat dit so belangrik is vir gesondheid. Hierdie meganisme ‘breek’ wanneer ons deur ons dieet en leefstyl nie die stukkies van die legkaart voorsien nie.

Faktore soos chroniese stres, frustrasie, kwaad, ongelukkigheid speel ook ‘n rol. Hierdie emosies ly tot die afskeiding van sekere hormone wat metabolisme verander. Die ‘skoonmaak’ of detoks-stelses van die liggaam word ook dikwels oorlaai deur die chroniese gebruik van chemiese middels (medikasie, preserveermiddels, kleurmiddels, voedselbymiddels bv. seker soute).

Selfs asemhaling speel ‘n rol – en oefening is ‘n uitstekende manier om te sorg dat jy lekker diep ASEM haal!

En natuurlik is oorgewig per definisie ‘n groot oorsaak van onderliggende ‘ suur’.

Enigeen kan die verandering maak – en dit sal jou NIKS meer kos nie. Bietjie meer moeite – miskien. As jy gelukkig is om soos Gwyneth en Victoria ‘n sjef in die huis te hê, sorg dat hy/sy weet hoe om ‘rou’ kos voor te berei. As jy die sjef is – ‘like’ gerus Betereet op Facebook vir daaglikse, maklike, gewone, – ook alkaliese – kos-wenke!

Daar’s een onderwerp wat meer aandag trek as dieet: …haarstyle. Beter eet sal selfs ‘n verskil aan jou hare maak!

*(pH meet suur en alkali (basis) balans)

Mariza van Zyl RD(SA)
Kliniese Geregistreerde Dieetkundige
www.betereeet.co.za

* Lees nóg blogs deur Mariza hier.

  • Jacolien Kotze

    Watse gesonde dieet kan mens volg terwyl mens borsvoed en n werkende ma is. Want huidiglik is my stapel voedsel brood.

    Help asb

  • Mariza van Zyl RD

    Jacolien – mens is meer honger as jy borsvoed – en moet veral genoeg proteïene, suiwel, vrugte en groente inneem. Vetterige vis soos sardiens is kardinaal. Het jy geweet – jou baba leer ‘proe’ d.m.v. die smaakverandering van jou borsmelk soos jou dieet verander. Daarom is verskeidenheid kardinaal. Besoek gerus my webblad – daar’s heelwat inligting vir swanger vroue en ‘n eetriglyn wat ten minste dieselfde voorsien as die energie ens. vir ‘aktiewe’ vrou is aangedui vir iemand wat borsvoed.