Dieetkundige Mariza van Zyl deel haar top 5-dieetwenke

Deur Mariza van Zyl, SARIE Januarie 2012

Skop sommer dadelik af met jou voorneme om beter te eet. Hier's 5 maklike wenke deur dieetkundige Mariza van Zyl.

1. Moet nooit ontbyt oorslaan nie!

Dit bepaal jou metabolisme vir die res van die dag – mits dit 'onverfynd' en ongeprosesseerde kos is soos hawermout/vrugte/ongegeurde jogurt met heuning/eier/tamatie/neute!

2. Vroue se 'hormone' word heeltemal te gering geskat

Dit beïnvloed selfs jou gemoed – of jy maklik depressief voel al dan nie. Om nie eens te praat van die effek op jou lyf, bene, vel, libido ens. nie.

Begin iewers. Benut bv. die heerlike somervrugte wat nou beskikbaar is. Maak smoothies wat jy self verryk om jou vroulike hormone te help balanseer, jou vel mooi te hou en jou derm lekker aan die gang te hou. Kombineer ‘n geel vrug soos papaja/mango/geelperske/pynappel met lietsjies/bessies/piesang/appel en sojamelk (die langlewe-soort is by die meeste groter supermarkte te kry) of meer ideaal, tofoe, sowel as 1 eetlepel gemaalde (nie heel) vlassaad en 1 eetlepel amandels as ‘n daaglikse smoothie.

Die geel verseker goeie vitamien A/karoteen-inname, die soja en vlassaad help optimaliseer die verwerking van estrogeen en die neute voorsien vitamien E en essensiële olies. (Sien ook BETEREET se maklike mikrogolf-neut-en-vlassaad broodjie.

3. Verander een ding op ‘n slag

Dikwels word ons vroue oorlaai – ons moet mos maar aanhou en aanhou. Wat kos en gesondheid betref: Verander één ding op ‘n slag, soos jy krag het. Een keer per week is al klaar ‘n goeie begin. Begin bv. só: Verminder jou suikerinname of speen jou van kunsmatige voedselbestanddele soos versoeters. Of maak seker jy eet elke dag ‘n rou groente en geel groente en groen groente.

4. Maak vrede met lus wees vir ietsie lekkers

Dit trek dadelik die ‘seer tand’ van skuldgevoelens. Sorg vir ‘n 'goeie' lys en beplan een keer elke nou en dan ‘n 'uitskieter' (Lees ook hoe om slim te kroek)

5. Eet stadig.

Altyd. Dit maak ‘n reuse-verskil aan bloedsuiker, metabolisme en spysvertering! Jy maak hom sommer dan LAE GI – basta die label!

* Onthou dat Mariza élke Donderdagmiddag tussen 12:15 en 1:15 regstreeks op SARIE se Facebookblad jóú dieetvrae beantwoord.

* Besoek ook www.betereet.co.za

* Lees ook al Mariza se vorige blogs op sarie.com

Kommentaar

  • Hi Mariza My ma het eweskielik hoe bloedruk hoofpyne borskaspyne ens ontwikkel. Met bloedtoetse is uitgevind haar cholestrol is hoog 6.4 maar wat kommerwekkend is die slegte vette se inhoud in haar bloed is tans baie hoog. Normaal moet 1.6 wees hare is 7.2. Kan jy vir my n redelike riglyn gee van n dieet wat sy sal moet volg. Sy is nie regtig oorgewig nie weeg 76kg is 51jaar oud nie lank of te kort nie. Volgens dr. moet sy 10kg verloor haar ideale gewig volgens haar lengte moet 64kg wees. Weet nie of die grootste oorsaak geneties is nie want daar is n hoe syfer in haar familie van hartsiektes. Kan jy asb help want dit sal n lewenswyse moet word om haar dieet gepaard met oefening aan te pas. Baie dankie Jacky

    16de Mei. 2012, 08:26
  • Hi aan almal. My naam is Maritsa. Ek het 'n seun van 12. Ek het wraggies al slapelose nagte met die meneer se eetgewoontes. Ek sukkel al vandat hy begin het om vaste kos te eet met hom. Hy raak doodeenvoudig net naar of weier om te eet as ek vir hom kos gee wat hy nie wil eet nie. Ekt so wraggie al als probeer. Hom sonder kos gelos as hy nie die kos wwt wat ek voorsit en dit weer volgende dag vir hom gegee. Hom aan tafel laat bly todat hy dit eet. NATUURLIK NIE GEEET. Ekt al pies gemaak en die groente gepulp en met sous gemaak sodat hy dit nie kan sien en nie eers dit het gewerk nie. Ekt hom probeer omkoop, gestraf, als moontlik gedoen en nog net waar ek was vandat hy begin eet het. Hy is 12 soos ek gese het en weeg 80kg. Hy is huidiglik by die gym maar dit is maar moeilik want hy eet ongesond. Hy eet geen groente. Appels is al wat hy eet van die vrugte. Behalwe vir die groente en vrugte eet hy geen botter of enige smere, of konfyt of ham of enige iets op sy brood. Tamatiesous en 'n rooiworsie of gesmelte kaas is al wat hy op sy brood sal eet. Dit vir my 'n ernstige probleem. Wie kan help? Eks moedeloos!

    23ste Apr. 2012, 21:59
  • Ek gebruik self herbalife, en is opsoek na die nadele daarvan. Ek kry niks van die aard, ek het 20kg verloor en maintain nou met een meal replacement per dag. kontak my vir navrae 0832352771

    24ste Mar. 2012, 15:44
  • Ek gesels saam met Isabel. Ek gebruik al die afgelope 9 jaar Herbalife se produkte. Ek is 49 en voel regtig nog soos iemand in hul twintigs. Met al die wonderlike produkte in jou lyf leef en eet jy outomaties gesond en dit word 'n leefwyse. Wanneer mens eers begin gesond eet kan jou liggaam nie meer die ryk, soet of vetterige kosse hanteer nie omdat dit nou gewoond is aan VOEDING en nie meer "gemorskos" nie. Dit is uit en uit die moeite werd om gesond te leef. Doen dit vir jouself! Jy gaan baie energie hê en mediese rekeninge gaan MINIMAAL wees. Komaan vat die uitdaging.

    1ste Feb. 2012, 15:09
  • Gebruik Herbalife. Dan is jy "gecover" vir die 5 goed (ook) Ek doen en ek is 'n ander mens...!

    27ste Jan. 2012, 12:12
  • Gaan defnitief probeer wil ontslae raak van al die onnodige vetrolle....

    27ste Jan. 2012, 07:55
  • Dankie vir die goeie raad! Klink prakties en doenbaar.

    26ste Jan. 2012, 19:34
  • Dis eintlik so eenvoudig. Wonderlik

    26ste Jan. 2012, 13:10
  • Mariza, ek is 62, is nie vet nie, net n klein tupie ommie magie, van ouderdom en kinders kry, ha ha, ek doen 4x n week water aerobics al vir 4 jaar en ek eet nie baie vetterige kos nie, maar het cholesterol van nou laas maand weer gedoen, staan nou op 6. nou maak ek ook smoothies van vrugte en een van groente, probeer bittermin rooivleis saam my man eet, hyt ook cholesterol maar nie so hoog soos myne nie. |Ek eet nou elke oggend n bord oats pap, gebruik nou bruin suiker en rys, eet 1x n week 2 eiers, drink nie melk in koffie nie, maak vir my groentee, vader weet ek probeer nou regtig alles sonder om nou duur kosse ens te gaan koop want ek kan dit nie bekostig nie. Is daar nog iets wat ek kan doen, ek het ook vlassaad gekoop, lyk my ek kan dit ook in die smoothies gooi, sal dit stukkend gaan in die versapper? Is gewone grondboontjies, die met die sout op ook goed om te eet, my man is mal daaroor en nou eet ek ook maar n handjie vol elke dag. Eks nie lief vir soettigheid nie en kook meerendeels groen groentes soos boontjies, broccoli, en dan kool en blomkool, maak mengelslaaie, eet tamaties,groen pepers, komkommer ens, hou ook van murgpampoentjies, ek sny hulle sommer in my slaai in en mushrooms. As daar iets anders is sê my tog asseblief, ek probeer nou hard, o ja ek maak nou meer vis ook, maar eks nie goed met vis gaarmaak nie, gee n paar wenke om vis lekker gaar te maak asb. Dankie (ek luister ook altyd na jou as jy op RSG met Amore praat) Gerda Strydom

    25ste Jan. 2012, 15:28

Web Development by FormFunction