Dieet

Dieetkundige Mariza van Zyl deel haar top 5-dieetwenke

1. Moet nooit ontbyt oorslaan nie!

Dit bepaal jou metabolisme vir die res van die dag – mits dit ‘onverfynd’ en ongeprosesseerde kos is soos hawermout/vrugte/ongegeurde jogurt met heuning/eier/tamatie/neute!

FOTO: Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

FOTO: Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

2. Vroue se ‘hormone’ word heeltemal te gering geskat

Dit beïnvloed selfs jou gemoed – of jy maklik depressief voel al dan nie. Om nie eens te praat van die effek op jou lyf, bene, vel, libido ens. nie.

Begin iewers. Benut bv. die heerlike somervrugte wat nou beskikbaar is. Maak smoothies wat jy self verryk om jou vroulike hormone te help balanseer, jou vel mooi te hou en jou derm lekker aan die gang te hou. Kombineer ‘n geel vrug soos papaja/mango/geelperske/pynappel met lietsjies/bessies/piesang/appel en sojamelk (die langlewe-soort is by die meeste groter supermarkte te kry) of meer ideaal, tofoe, sowel as 1 eetlepel gemaalde (nie heel) vlassaad en 1 eetlepel amandels as ‘n daaglikse smoothie.

Die geel verseker goeie vitamien A/karoteen-inname, die soja en vlassaad help optimaliseer die verwerking van estrogeen en die neute voorsien vitamien E en essensiële olies. (Sien ook BETEREET se maklike mikrogolf-neut-en-vlassaad broodjie.

3. Verander een ding op ‘n slag

Dikwels word ons vroue oorlaai – ons moet mos maar aanhou en aanhou. Wat kos en gesondheid betref: Verander één ding op ‘n slag, soos jy krag het. Een keer per week is al klaar ‘n goeie begin. Begin bv. só: Verminder jou suikerinname of speen jou van kunsmatige voedselbestanddele soos versoeters. Of maak seker jy eet elke dag ‘n rou groente en geel groente en groen groente.

4. Maak vrede met lus wees vir ietsie lekkers

Dit trek dadelik die ‘seer tand’ van skuldgevoelens. Sorg vir ‘n ‘goeie’ lys en beplan een keer elke nou en dan ‘n ‘uitskieter‘ (Lees ook hoe om slim te kroek)

5. Eet stadig.

Altyd. Dit maak ‘n reuse-verskil aan bloedsuiker, metabolisme en spysvertering! Jy maak hom sommer dan LAE GI – basta die label!

* Onthou dat Mariza élke Donderdagmiddag tussen 12:15 en 1:15 regstreeks op SARIE se Facebookblad jóú dieetvrae beantwoord.

* Besoek ook www.betereet.co.za

* Lees ook al Mariza se vorige blogs op sarie.com

  • Gerda Strydom

    Mariza, ek is 62, is nie vet nie, net n klein tupie ommie magie, van ouderdom en kinders kry, ha ha, ek doen 4x n week water aerobics al vir 4 jaar en ek eet nie baie vetterige kos nie, maar het cholesterol van nou laas maand weer gedoen, staan nou op 6. nou maak ek ook smoothies van vrugte en een van groente, probeer bittermin rooivleis saam my man eet, hyt ook cholesterol maar nie so hoog soos myne nie. |Ek eet nou elke oggend n bord oats pap, gebruik nou bruin suiker en rys, eet 1x n week 2 eiers, drink nie melk in koffie nie, maak vir my groentee, vader weet ek probeer nou regtig alles sonder om nou duur kosse ens te gaan koop want ek kan dit nie bekostig nie. Is daar nog iets wat ek kan doen, ek het ook vlassaad gekoop, lyk my ek kan dit ook in die smoothies gooi, sal dit stukkend gaan in die versapper? Is gewone grondboontjies, die met die sout op ook goed om te eet, my man is mal daaroor en nou eet ek ook maar n handjie vol elke dag. Eks nie lief vir soettigheid nie en kook meerendeels groen groentes soos boontjies, broccoli, en dan kool en blomkool, maak mengelslaaie, eet tamaties,groen pepers, komkommer ens, hou ook van murgpampoentjies, ek sny hulle sommer in my slaai in en mushrooms.
    As daar iets anders is sê my tog asseblief, ek probeer nou hard, o ja ek maak nou meer vis ook, maar eks nie goed met vis gaarmaak nie, gee n paar wenke om vis lekker gaar te maak asb.

    Dankie (ek luister ook altyd na jou as jy op RSG met Amore praat)

    Gerda Strydom

  • Albie Mare

    Dis eintlik so eenvoudig. Wonderlik

  • Tania Barlow

    Dankie vir die goeie raad! Klink prakties en doenbaar.

  • Eruka Lubbe Terblanche Victor

    Gaan defnitief probeer wil ontslae raak van al die onnodige vetrolle….

  • isabel

    Gebruik Herbalife. Dan is jy "gecover" vir die 5 goed (ook) Ek doen en ek is ‘n ander mens…!

  • Talana

    Ek gesels saam met Isabel. Ek gebruik al die afgelope 9 jaar Herbalife se produkte. Ek is 49 en voel regtig nog soos iemand in hul twintigs. Met al die wonderlike produkte in jou lyf leef en eet jy outomaties gesond en dit word ‘n leefwyse. Wanneer mens eers begin gesond eet kan jou liggaam nie meer die ryk, soet of vetterige kosse hanteer nie omdat dit nou gewoond is aan VOEDING en nie meer "gemorskos" nie. Dit is uit en uit die moeite werd om gesond te leef. Doen dit vir jouself! Jy gaan baie energie hê en mediese rekeninge gaan MINIMAAL wees. Komaan vat die uitdaging.

  • frank

    Ek gebruik self herbalife, en is opsoek na die nadele daarvan. Ek kry niks van die aard, ek het 20kg verloor en maintain nou met een meal replacement per dag.

    kontak my vir navrae 0832352771

  • Maritsa

    Hi aan almal.

    My naam is Maritsa. Ek het ‘n seun van 12. Ek het wraggies al slapelose nagte met die meneer se eetgewoontes. Ek sukkel al vandat hy begin het om vaste kos te eet met hom. Hy raak doodeenvoudig net naar of weier om te eet as ek vir hom kos gee wat hy nie wil eet nie.

    Ekt so wraggie al als probeer. Hom sonder kos gelos as hy nie die kos wwt wat ek voorsit en dit weer volgende dag vir hom gegee. Hom aan tafel laat bly todat hy dit eet. NATUURLIK NIE GEEET. Ekt al pies gemaak en die groente gepulp en met sous gemaak sodat hy dit nie kan sien en nie eers dit het gewerk nie. Ekt hom probeer omkoop, gestraf, als moontlik gedoen en nog net waar ek was vandat hy begin eet het.

    Hy is 12 soos ek gese het en weeg 80kg. Hy is huidiglik by die gym maar dit is maar moeilik want hy eet ongesond. Hy eet geen groente. Appels is al wat hy eet van die vrugte. Behalwe vir die groente en vrugte eet hy geen botter of enige smere, of konfyt of ham of enige iets op sy brood. Tamatiesous en ‘n rooiworsie of gesmelte kaas is al wat hy op sy brood sal eet. Dit vir my ‘n ernstige probleem. Wie kan help? Eks moedeloos!

  • Jacky

    Hi Mariza

    My ma het eweskielik hoe bloedruk hoofpyne borskaspyne ens ontwikkel. Met bloedtoetse is uitgevind haar cholestrol is hoog 6.4 maar wat kommerwekkend is die slegte vette se inhoud in haar bloed is tans baie hoog. Normaal moet 1.6 wees hare is 7.2. Kan jy vir my n redelike riglyn gee van n dieet wat sy sal moet volg. Sy is nie regtig oorgewig nie weeg 76kg is 51jaar oud nie lank of te kort nie. Volgens dr. moet sy 10kg verloor haar ideale gewig volgens haar lengte moet 64kg wees. Weet nie of die grootste oorsaak geneties is nie want daar is n hoe syfer in haar familie van hartsiektes. Kan jy asb help want dit sal n lewenswyse moet word om haar dieet gepaard met oefening aan te pas.

    Baie dankie
    Jacky

  • Dienie

    Maritza, Ek is baie dom. Waar kan mens gaan kyk vir die antwoorde wat jy gee op die vrae wat die mense vra? Of skryf jy vir elkeen afsonderlik. Ek sal graag die antwoorde op sommige van hierdie vrae wou sien as dit moontlik is.

  • AMANDA

    Wat doen mens as jy ‘n onderaktiewe skildklier het en enige medikasie laat jou nog meer gewig aansit (al glo niemand jou nie)? Die geringste ding wat jy verkeerd eet, laat jou ‘n paar gram optel. Dan moet jy weer amper niks eet nie – dan verloor jy ‘n paar gram – en so gaan dit net aan en aan. Daar is geen voortdurende afwaartse neiging nie – dit gaan heeltyd paar gram op, paar gram af. Beteken dit regtig dat mens vir die res van jou lewe nie lekker kos mag geniet nie – net opgekookte kos en net groente en vrugte, geen sous, geen bobotie, geen mash, geen brood????? Geen WYN???? Sal ek vir die res van my lewe nooit weer die goeie dinge in die lewe kan geniet sonder dat dit my laat gewig optel nie? Soos dit is, lyk ek reeds soos ‘n jong olifantjie. Ek is BAIE kort, en moet letterlik amper niks eet nie om net ‘n paar gram te verloor – maar ek tel dit maar net weer op ook. Al wat ek tans doen is om my gewig te probeer handhaaf – dat dit nie NOG klim nie. Ek oefen en eet in elk geval oor die algemeen gesonder as meeste mense.

    Dokters VERSTAAN nie.

    Is daar mense wat dieselfde voel as ek?

  • Eugenie Nel

    Ek is iemand wat eet en eet as ek trauma ervaar. Die afgelope 10 jaar het ek so baie seergekry en net vetter en vetter geword. My jongste dogter is op 30 april 2012 op haar plaas doodgeskiet. Kan dit nie verwerk nie. Eet alweer of dit sal weghardloop. Wat maak ek?