Dieet

Dís hoekom jy nie gewig verloor

Dis ‘n epidemie, sê die kenners. Hulle is baie bekommerd, want diabetes neem wêreldwyd toe en een uit vyf mense word deesdae daar- mee gediagnoseer. Ons praat spesifiek van nie-insulien- afhanklike (of tipe 2) diabetes. Die ouer suster daarvan is oorgewig of vetsug. Ons weet nou al oorgewig is ‘n mediese toestand met ernstige gevolge – veel meer as net hoe jy lyk.

Navorsers wat probeer om gewigstoename te verstaan, laat val die kollig die laaste dekade of wat op insulien-weerstandigheid. Dis wanneer jou lewerselle, vet en spiere “weerstandig” raak teen die werking van insulien. Dis ‘n simptoom van ‘n “wanbalans” of iets in jou liggaam wat nie reg werk nie, eerder as ‘n siekte. Jou gene speel verseker ‘n rol in die ontwikkeling daarvan. Saam met onder meer jou eetpatroon, lewenstyl, soos streshantering, en hoe aktief jy is.

Gewigstoename dra by tot insulien- weerstandigheid, wat jou op sy beurt nog meer gewig laat aansit – ‘n bose kringloop.

Sowat 80% van oorgewig mense is insulien-weerstandig. Albei toestande is deel van die sogenaamde “metaboliese sindroom”. Dis ‘n versamelnaam vir drie of meer van die volgende mediese toestande wat saam voorkom: hoë cholesterol en/of ander bloedvette, hoë bloeddruk, abnormale bloedsuikervlakke, ‘n boepie of groot middelmaat, en insulien-weerstandigheid.
Al hierdie dinge vergroot jou kans op diabetes. (Ander risiko-faktore sluit in ‘n familiegeskiedenis van die siekte en ‘n gebrek aan oefening.)

Die eerste teken van insulien- weerstandigheid is dikwels ‘n hardnekkige vetlagie om jou maag. Dit skei chemiese stowwe af wat stilletjies jou metabolisme omkrap.

Insulien – oorgewig… pre-diabetes – diabetes… Hoe werk dit? Jou liggaam vervaardig insulien om te verseker dat glukose (afkomstig van veral koolhidrate, stysel en suiker in kos) deur jou selle opgeneem en vir energie gebruik word. As jou selle weerstandig is, “blokkeer” dit die insulien se werking. Jou liggaam vervaardig dan meer insulien en die vlakke daarvan in jou bloed styg. (‘n Vereenvoudigde verduideliking vir ‘n moeilike biochemiese proses.)

Jou liggaam probeer eers ander maniere om van die glukose (suiker) ontslae te raak – soos om dit in vet om te sit en te stoor. Jy sit dus gewig aan, veral om jou middel, en suk- kel om dit te verloor. ‘n Bloedtoets sal nou waarskynlik wys jou bloed- suikervlakke is bietjie hoog en jy kan met pre-diabetes gediagnoseer word. Jy is nog nie ‘n diabeet nie, want daar is genoeg insulien om jou bloed- suiker te beheer.

Gaan die proses egter voort, vervaardig jou liggaam later te min insulien vir die bloedsuiker-beheer- proses. Jy kan ook soveel gewig aansit dat die beskikbare insulien later net te min is. Of ‘n kombinasie daarvan.

Diabetes word dikwels gediagno- seer wanneer jou vastende bloed- glukosevlak hoër as die normale 5,5 mmol/L is. (Millimol per liter is die maatstaf vir die bloedtoets.)
Is ek insulien-weerstandig?

*Dit word met eenvoudige bloed- toetse bepaal.

*As jou middelmaat meer as 80 cm (vroue) en 94 cm (mans) is, is jou risiko groter. Maar navorsing wys etnisiteit kan ‘n rol speel. By swartes vrywaar ‘n dun middel ‘n mens by- voorbeeld nie. Dis dus belangrik dat ‘n dieetkundige of dokter jou diagnoseer.

*Nog gevaartekens is ‘n boepie, knaende honger, probleme om gewig te verloor en dit af te hou, en bloed- suikervlakke wat wipplank ry.

As jy jouself herken en/of met insulien-weerstandigheid gediag- noseer is, volg dié spesiale eetplan wat dieetkundige Mariza van Zyl saamgestel het.

WAT OM TE VERWAG
Jy kan die dieet volg so lank jy wil. Saam met omega 3-aanvullings (1 000 mg per dag), genoeg rus en matige oefening sal dit help om jou insulien/bloedsuiker-wanbalans te herstel. Al wys die skaal dalk nie dadelik iets nie, kan jy wel sentimeters verloor: soms baie gou, maar beslis van die derde week af. Jou mikpunt moet wees om veral sentimeters om jou middel te verloor. Dinge soos ’n trae skildklier, baie stres of slapeloosheid kan dit moeiliker maak. Kry hulp daarvoor en begin met ’n besoek aan jou dokter.

KLIK VIR JOU EETPLAN