Druk die 'reset-knoppie oor jou dieet-gedagtes
Jou gedagtes speel ’n reusagtige rol in jou metabolisme – dis dus belangrik om aan jou gedagtepatrone te werk. Dis boonop iets waarby jy ook in die toekoms gaan baat vind.
* Skryf al jou ou denke oor dieet op ’n Kerskaartjie en sit dit in ’n Kerskous. Jy het dit dan weggegee, dis nie meer joune nie.
* Skryf nou op ’n ander kaartjie hoe jy jou denkpatroon wil verander – en skenk dit aan jouself.
Byvoorbeeld: As ek op dieet is ... is ek onmiddellik rasend honger en wil alles wat voorkom eet. (Dis omdat die ongemak van jare se hongerly-diëte in jou gedagtepatrone vasgelê is.)
Vervang dit met: Ek voed my liggaam en is gesond. Goeie samesyn is deel van gesond wees – en ek kan besluit wanneer ek genoeg geëet het.
* Skakel élke Donderdag tussen 1 nm. en 2 nm. in op SARIE se Facebookblad waar dieetkundige, Mariza van Zyl van www.bettereat.co.za, regstreeks jou dieetvrae sal beantwoord. Sy blog ook élke week oor dié dieetdinge wat pla.












Kommentaar
Rienie Brown het gesê:
♥ Ek is en was nie een vir oefeninge nie, Maar ek weeg 7kg meer as wat ek moet weeg, Watter raad het jul vir my?
17de Jan. 2012, 14:04