Dieet

Eet ontbyt en verbrand vet

Het die soort ontbyt wat jy eet ‘n uitwerking op jou liggaam se vermoë om vet te verbrand? Dis die vraag wat navorsers aan die Universiteit van Nottingham in Engeland ondersoek het. Inderdaad, het hul navorsing gewys: ‘n Groep vroue wat ‘n meer gebalanseerde ontbyt geëet het, het meer vet en koolhidrate verbrand as dié wie s’n minder gesond was.

Daar is drie belangrike vereistes waaraan jou ontbyt moet voldoen.

*Dit moet ‘n kombinasie van voedingstowwe verskaf: ‘n Goeie balans tussen proteïen (bv. eiers) en koolhidrate (bv. ontbytgraan).

*Dit moet nie net uit verfynde/verwerkte kos of kitskos bestaan nie.

*Dit moet jou energie gee en jou liggaam ondersteun. En jou nie die res van die dag laat peusel nie.

Hoe gemaak om dit reg te kry? Jy gaan die noodsaaklike bestanddele vir ‘n gebalanseerde ontbyt nie ”alles in een boks” kry nie. Doen ‘n bietjie meer moeite en jou beloning is ‘n vinniger metabolisme en meer energie.

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za