Elana Afrika en Ian Bredenkamp. FOTO: Donna Lewis; STILERING: Danny Toüa

Dieet

Elana Afrika verklap haar dieet- en oefenwenke

“Oefening haal die muisneste uit jou kop,” sê TV-persoonlikheid en self-erkende kos-liefhebber Elana Afrika. En daarom maak sy seker sy doen elke dag oefening. Só maak dié Expresso-aanbieder.

Oefen jy nog altyd so getrou?

Ek het besluit dat 2014 beteken goeie gesondheid. Daarom oefen ek elke dag. Ek gim op Maandae, Woensdae en Vrydae dan doen ek hoë intensiteit-oefeninge en oefen met gewigte. Die ander dae speel ek gholf en draf.

Wat het jou laat besluit om getrou te oefen?

Al is ek nie oorgewig nie het ek besluit omdat ek ouer raak, wil ek ook gesonder raak.

Elana en haar man, Ian, praat oor saam-werk

Watter tipe dieet volg jy saam met die oefening?

Ek eet minder suiker en minder koolhidrate in die aand. Niks erg nie. Ek hou van eet!

Het iemand vir jou ’n  eet- en oefenprogram uitgewerk?

Net ’n oefenprogram. Ek het ’n trainer en ons werk lekker saam.

Jou raad vir mense wat ’n gesonder leefstyl wil volg

Moenie ekstreem wees nie.  Maak die lewe maklik en doen oefening wat jy geniet.  Ek ballroom dance saam met Pa, speel gholf met my vriendinne, en wanneer ek saam met my persoonlike afrigter is, wil ek met niemand praat nie, so dis lekker alleen-tyd.

Wat motiveer jou om gereeld te oefen en gesond te eet?

Ek sien hoe my spiere vorm – dís die beste motivering. Ek kan voel ek is al sterker!

Elana Afrika FOTO: Twitter

Só lyk Elana Afrika se geoefende lyf deesdae!
FOTO: Twitter

Dink jy Elana lyk soos dié Oscar-wenner?

Hoe voel jy ná oefening?

Wanneer ek oefen voel ek great. Ek vind ook ek eet minder wanneer ek oefen. Jy voel goed en wil dan nie dieet-foute maak nie.

Hoe bly dié sterre gesond?