sr1009fransi_swanepoelrz
Dieet

Franci Swanepoel se dieet: Dag 1 – 3

Wat Franci eet en nie eet nie
Die grootte van die porsies is nie belangrik nie, solank jy net nie vergeet dat jy gewig wil verloor nie. Dis dus nie vir doodeet nie, maar as jy honger ly, volg jy nie die eetplan reg nie.

Sondae mag ek binne sekere riglyne eet wat ek wil. Dit laat my nie voel ek word sekere kosse ontneem nie, net dat ek uitstel om dit te eet. Ek kan nie wag om myself dan te bederf nie. Ek mag dan ook wyn of bier drink, maar ek het in agt maande nog net twee keer bier gedrink. Deesdae drink ek whisky, wat in die dieet toegelaat word.

Jy mag tussenin eet, iets wat ek nog nooit regtig gedoen het nie, dus doen ek dit ook nie nou nie. Vir baie mense is dit nog ‘n lekkerte van dié dieet.

Jy drink wel elke oggend ‘n pil wat jou metabolisme effens aanwakker en help om jou eetlus te beheer. Al die middels daarin is natuurlik – ek is nie een vir dieetpille of inspuitings nie en sou dit nooit andersins gebruik het nie.

Dít moet Franci liefs vermy:

  • Onverfynde koolhidrate soos witbrood en suiker. As jy nie sonder witbrood kan klaarkom nie, moet jy leer om dit só te eet dat jy nie heeltyd honger bly nie. Byvoorbeeld: Eet ‘n eier saam met een sny brood om te keer dat die witbrood jou bloedsuiker skielik laat val en jy dan weer honger is.
  • Aartappels
  • Rys
  • Vet - verwyder sigbare vet van jou vleis en vermy margarien op brood. ‘n Bietjie olyfolie wanneer jy kook en in slaai is aanvaarbaar.

Ontbyt

1 semelmuffin
of 2 snytjies roosterbrood – verkieslik koringvrye rogbrood
of 2 stukkies Weet-Bix
of 1 bord Kellogg’s-ontbytpap
Plus tee/koffie/cappuccino met vetvrye melk en versoeter. Geen heuning of suiker nie.

Middagete

Hoender (gerooster/gebak/gestoom en verkieslik sonder die vel), vis, of laevet-/vetvrye-kaas
Slaai, groente waarvan jy onbeperk kan eet (sien onder “Groente en vrugte”) of sop (ook Knorr/Royco)

Aandete

Dieselfde as middagete.

Tussen-in

Sop/groente waarvan jy onbeperk kan eet of biltong
1 vrug per dag

Groente en vrugte

Groente waarvan jy onbeperk kan eet, bevat nie stysel nie, bv. murgpampoentjies, broccoli, kool of blomkool.
Jy kan jou vrug met ‘n styselryke groentesoort vervang, bv. patats, wortels, mielies, beet of pampoen.

Alkohol

Jy kan whisky, Campari, vodka en rum drink omdat dit minder koolhidrate bevat.
As jy in die week een glas rooi- of witwyn wil drink, moet jy jou muffin met ontbyt met ‘n omelet gemaak van 2 eiers vervang.

Breek een dag van die week weg

Wanneer ‘n mens begin gewig verloor, dink jou lyf jy ly honger en probeer dit voorkom. Jou gewig bereik dan ‘n plato. Om dit te verhinder moet jy een dag van die week vernaamlik koolhidrate eet, met min vet en proteïene. Jy kan dan weglê aan lekkernye soos pasta, pizza, witbrood of springmielies.

Individuele diëte word opgestel op grond van faktore soos ouderdom, hoeveel gewig jy wil verloor, algemene gesondheid, voedselvoorkeure en allergieë, vertel Paula Galvão van die verslankingskliniek. “Al ons eetplanne is goedgekeur deur ‘n geregistreerde Suid-Afrikaanse dieetkundige.”

*Vir meer inligting oor die dieet, skakel 011 884 4973 of besoek die webtuiste www.edenlifeclinic.com

Dag 1

Warmsjokolade (die dieet-soort)

met vetvrye melk as sy wakker word.

Teen 8:00 kan sy weer ‘n kafeïenvrye

cappuccino met vetvrye melk drink.

Ontbyt

1 muffin met konfyt vir diabete

½ pomelo

Koffie/tee met vetvrye melk

en versoeter

Peuselhappie

“As ek teen tienuur ‘n bietjie honger

voel, eet ek ‘n handjie vol biltong of

enige ander proteïen, soos ‘n gekookte

eier of ‘n paar stukkies ham,” sê Franci.

Middagete

Calamari met slaaiblare, tamatie,

komkommer, ‘n bietjie uie en olyfolie

en balsemasyn as slaaisous

Dieet-koeldrank

Peuselhappie

Royco Lite-sop en ‘n nartjie

Aandete

‘n Lekker groot stuk filet

Groentegebak met byvoorbeeld uie,

murgpampoentjies en sampioene

Groenslaai met fetakaas en laevetslaaisous

 

Dag 2

Warmsjokolade en teen 8:00 ‘n

kafeïenvrye cappuccino soos op dag 1.

Ontbyt

1 sny roosterbrood met Marmite,

tamatie en komkommer

½ glas pomelo-sap

Tee/koffie

Peuselhappie

Komkommer met maaskaas as ‘n doopsous

Middagete

Omelet gemaak van 2 eiers met aspersies en sampioene

OF hoender- of beesvleis-roerbraai met uie, sampioene,murgpampoentjies, kool en groenrissie – ‘n stewige porsie

Dieet-koeldrank

Happie om 16:00

“As ek die aand groente sonder stysel eet, kan ek nou ‘n vrug eet,” verduidelik Franci. “As ek wel styselryke groente eet, kan ek nou tussen biltong, eier of laevet-/vetvrye-kaas kies.”

Aandete

Oondgebak van hoender, sampioene en blomkool met vetvrye witsous

Franse slaai

Type or paste here.

 

Dag 3

1 maal elke 7 Dae

“Hier gee die dieet jou ‘n paar basiese riglyne. Jy is nie veronderstel om heeltemal van die wa af te val nie,maar ek eet (gewoonlik Sondae) baie lekker,”

sê Franci.

Ontbyt ‘n Broodrolletjie met cheddarkaas

Middagete Steak in ‘n restaurant en ‘n gebakte aartappel met sampioene en ‘n witsous. En poeding!

Peuselhappie ‘n Lekker groot bak vrugteslaai en ‘n bakkie jogurt

Aandete “My gunsteling waarna ek die hele week uitsien – pizza. Jy kan meer eet, maar ek eet net 2 snye. Ek drink elke aand ‘n whisky of selfs twee en Sondae mag ek ‘n glas wyn drink.”

* Raadpleeg altyd jou dokter voordat jy met enige dieet begin.

 

Wat sê dieetkundiges?

Mariza van Zyl, klinies-terapeutiese

dieetkundige van Beter Eet Voeding

en Voedsel Konsult in die Paarl:

“Franci se eetpatroon is ‘n variasie op die tema lae energie (kilojoules), hoë proteïen, lae vet en haar spesifieke dieet is gebrekkig aan verskeie

belangrike nutriënte.

“Dit werk vir sommige mense op kort termyn. Ander sal heelwat spysvertering-, energie- en

bloedsuikerprobleme ondervind.”

Dr.Martie deWet, dieetkundige

met ‘n private praktyk by die Mayokliniek

in Johannesburg:

” ‘n Groot pluspunt van dié dieet is dat die verslankers steeds hul bederfies kan geniet soos die warmsjokolade, whisky en selfs die pizza een keer per week.

Dit hou hulle gewoonlik gemotiveerd. “Wees versigtig vir te veel proteïene, veral dié wat hoog is in versadigde vette soos kaas, rooivleis, biltong, ens. Dit kan jou niere te hard laat werk en die versadigde vet kan jou cholesterol

en selfs risiko vir sekere kankers verhoog. Ek sou dalk nog ‘n vrug iewers ingewerk het.”

 

Oorweeg die aanvullings

Die regte nutriënte is belangrik om gewig te verloor en ‘n gesonde gewig te handhaaf, sê die dieetkundige Mariza van Zyl.

B-kompleks vitamiene Vitamiene B 1, 2 en 3 is kardinaal vir jou energie-metabolisme. Daarsonder kan energie nie doeltreffend gebruik word nie. Lae energie – veral soggens – kan ‘n teken wees dat jy ‘n tekort het.

Kalsium en ander minerale soos magnesium Kalsium en magnesium is belangrik vir jou bene,maar ook om die suurbalans in die liggaam te help handhaaf. Optimale pH in die maag, dermkanaal en organe het ‘n invloed op vertering en die vermoë van die liggaam om voedingstowwe te absorbeer en te gebruik. Kalsium van veral suiwelprodukte blyk ook ‘n rol te speel in gewigsverlies en handhawing. Praat dus met ‘n dieetkundige om te sorg dat jy die regte hoeveelhede inkry.

Chromium en biotien Studies wys mense wat sukkel met veral sentrale oorgewig (‘n boepmagie) vind dikwels baat by korttermyn-aanvullings met die kombinasie van chromium en biotien. Die regte dosis is noodsaaklik en moet deur ‘n kundige beoordeel word.

Yster Dis die mees algemene voedinggebrek onder vroue. Lae yster beïnvloed energie en metabolisme. Yster speel ook n rol in die werking van die skildklier wat natuurlik die groot orkesmeester van metabolisme is.

WAARSKUWING Yster-aanvullings moet altyd deur ‘n kundige voorgeskryf word, aangesien te veel yster geweldig skadelik is in die liggaam.

Verskeie amino-sure speel ‘n rol in veral breinfunksie – en kan só honger, versadiging en selfs jou gemoed beinvloed. Slegte slaap, emosionele skommelinge en ‘n “af ”-gevoel kan tekens wees van ‘n tekort.

 

  • Sandra Thorpe

    Franci, Jy lyk pragtig. Het nie eens kon sien dat dit dieselfde vrou van Binnelanders is nie.

  • Petro Jansen van Rensburg

    Waar kan ek die heup- en dy dieet in die hande kry?

  • Sarie Wessels

    Jy lyk pragtig, kan jy my laat weet wat se pil drink jy?

  • Minette Veldsman

    Hallo Fransie, moet se jy lyk pragtig.
    Het die Pil nie ‘n groter rol gespeel nie? Ons vrouens is almal die afgelope tyd deur middels wat ook natuurlik is/was, wonderlik gewerk het, net om toe verstom te staan toe dit onttrek word uit die mark.
    Sal baie graa wil weet watter pil jy gebruik.
    Jammer, maar ons vrouens soek maar bietjie bykomende hulp, veral ek wat bietjie lui is vir oefen.

  • http://www.sarie.com Patrys Smit

    Hallo Fransie Jy lyk pragtig en so gesond!!!.Ek wil net bittergraag weet wat die pil se naam is wat jy drink. Dit sal baie help om net aan die gang te kom om die metabolisme aan te wakker soos jy sê..
    Baie dankie en alle sterkte vorentoe met die dieët, wil dit defnitief ook probeer. Kan doen moet ‘n paar kg minder.

  • Grieta Meyer

    Franci, jy lyk te pragtig. Ek is ‘n diabeet en MOET gewig verloor. Ek wil ook graag weet watter pil jy soggens drink. Hou so aan, jy is ons Toeks!!!
    Groete.
    Grieta

  • Sonet Marais

    Goeie dag Franci,

    Ek mis nie ‘n dag van Binnelanders nie. Jy lyk soos "’n Million Dollars"
    Ek is tans besig met amper dieselfde dieet en het ‘n skildklier probleem. My metobolisme is baie treurig. Kan jy asb. vir my sê watter pil jy gebruik.

    Ek hoop om soos jy te lyk een van die dae. Ek is ‘n P.A en wil graag goed lyk en voel oor myself, nes jy.

    Toeks BO!!!!!

    Groete

    Sonet

  • Sandra

    Hallo Franci,

    Ja nee ons vroue het beslis hulp nodig om so goed te kan lyk soos jy.

    Kan ek die pil se naam kry wat hy gebruik asb. Ek is 52 jaar oud en SUKKEL om gewig af te skud.

    Ek waardeer die feit dat jy bereid is om jou dieet met ons te deelm

  • ester

    Franci
    kan jy my laat weet wat is daai pil se naam

  • Surette Venter

    Goeie dag Franci, Ek mis nie Binnelanders vir die wêreld nie. Jy lyk so fantasties. Ek het aangesluit by curves, want die vetrolle pak aan. Ek weet nie of dit die skildklier se skuld is nie. My metobolisme is baie treurig. Kan jy asb. vir my sê watter pil jy gebruik. Ek hoop om soos jy te lyk een van die dae. Ekke sit basies heeldag en kry bedags geen oefenig in nie. Jy is ‘n groot voorbeeld en challenge vir my!!!! Groete Surette

  • JENNY LE ROUX

    Hi Francie,

    Jy LYK NET TE ,EK WIL GRAAG OOK ‘N PAAR KILOS AFSKUD.

    LAAT WEET VIR MY….GROOOOOT ASB. DIE NAAM VAN DIE PIL.

    BAIE DANKIE

  • jsosprxmphd

    bDEL47 jziwpptpgyvb, [url=http://xzqvvzpjmgzw.com/]xzqvvzpjmgzw[/url], [link=http://mwklgudfpxtf.com/]mwklgudfpxtf[/link], http://hcvsugtnzsim.com/

  • Maryna

    Hi Franci, Jy lyk pragtig. kan jy asb vir my die pil wat jy gebruik het se naam gee groot asb.

  • P Smith

    Franci Laat weet asb wat die pil se naam is sodat ons ook so mooi kan lyk?