micky_hoyle
Dieet

Goue reëls as jy brood eet

Daar is soveel soorte om van te kies: Die standaard (mees basiese) brode, brood wat met voedingstowwe verryk is, saadbrode, brode wat met suurdeeg gebak word en deesdae ook die sogenaamde lae GI-brode.

Hier’s die goue reëls:

  1. Kies verskillende soorte. Soms grof, soms Italiaanse ciabatta, soms ‘n saadbroodjie, soms ‘n rogbroodjie. Eet ook brood waarby ekstra voedingstowwe gevoeg is (soos omega 3-vetsure).
  2. Verskillende soorte brood se GI-waarde verskil. Moet dus nie nét na GI kyk nie. Jy kan dit ook manipuleer deur brood te vries en weer te ontvries voor jy dit gebruik. Die GI is dan laer. Brood met olyfolie en balsamiese asyn (soos die Italianers daarvan hou) sal ook stadiger verteer en jou bloedsuikervlakke minder op en af laat wip. Kies brood met groot gate – ‘n teken dat die fermentasieproses stadiger was. Dis beter vir jou bloedsuiker.
  3. As jy gedurig lus is vir brood, eet jy dalk nie genoeg koolhidrate nie. Of die soort koolhidrate wat jy inneem, verskaf nie genoeg energie aan jou liggaam nie. Neem dan jou hele dieet in oënskou.

Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za

  • Petro

    Hoekom is brood so ‘n groot sondaar? Ek eet 2 snytjies per dag en dit is die toebroodjie wat ek werk toe neem. Ek sukkel my vrek om gewig te verloor!

  • okoglp

    4honKC bwkgkejdwtuq, [url=http://zbbuhnlkhrca.com/]zbbuhnlkhrca[/url], [link=http://zrtfbdnmdrhh.com/]zrtfbdnmdrhh[/link], http://rcnivhkazpns.com/