sr0902gesondvoorblad01
Dieet

Happies – ja, jy mag maar!

 

 

Só bly jou bloedsuiker stabiel en jou energievlakke hoog. Maar as jy jou etes effens kleiner maak, kan jy elke

dag 2 van hierdie peuselhappies geniet. Hou net

matigheid voor oë . . . dit kan ‘n hele maaltyd word

as jy aanmekaar knibbel.

 

12 middelslagaarbeie met 1 eetlepel room

Bloedrooi, soet-suur en sappig. Dié familie van die roos het baie vitamien C, wat as buffer teen vry radikale dien (dit speel ‘n rol in leefstylsiektes soos hartkwale en laat jou vinniger oud word). Vitamien C hou ook jou bloedvate en ander weefsel soos tandvleis gesond.

 

3 volgraan-kraakbeskuitjies, soos Provita, met 4 teelepels gegeurde laevet-maaskaas

Dié kombinasie van lae GI-koolhidrate en proteïen is goed vir hongerpyne. Die beskuitjies bevat B-vitamiene en die maaskaas al die essensiële aminosure (onder meer nodig vir selvernuwing).

 

8 jelliebone

Iets vir die suikertand.Anders

as sjokolade het dit nie vet nie.

 

 

*15

pistasieneute

Dié groen neute is’n

bron van vitamien E,

fosfor en vesel.Studies

toon vitamien E kan

jou moontlik beskerm

teen hartkwale en

Alzheimer-siekte.

Fosfor is goed vir

jou bene en help om

energie vry te stel.

 

*1 groot

piesang

Dis oral beskikbaar

en maklik om saam

te dra. Die vitamien

B6 daarin ondersteun

jou immuunstelsel en

help onder meer om

nuwe rooibloedselle te

vervaardig.

 

 

Bron: Celeste Naudé, dieetkundige van Kaapstad met ‘n belangstelling in gesondheid-kommunikasie