Hier is Bertha se dieet
Só het Bertha le Roux (Emma van 7de Laan) 15 kg in 2 maande verloor
Op Emma se amper-troudag in die Laan was Bertha byna so slank soos in haar studentedae. “Ek pas nou weer in my ou studenteklere,” vertel sy trots.
Dié keer gaan sy haar “oorgewig-klere” uit haar kas gooi – iets wat sy nog nooit vantevore kon regkry wanneer sy gewig verloor het nie. Sy glo dít is
die sielkundige bewys dat sy op die regte pad is om die gewigduiwel vir goed in toom te hou.
Bertha het verlede jaar sowat 10 kg met die WeighLess-dieet verloor vir ’n projek met die tydskrif Lééf. Daarna het haar gewig gestagneer.
Sy wou nóg verloor en toe vertel Hennie Jacobs (Diederik in 7de Laan) se vrou, Marissa, haar van dr. Cohen’s First Personal Diet. Sy het sowat
15 kg in 2 maande verloor en raak-raak nou aan ’n nommer 32-kleregrootte.
Sy voel (en lyk) goed. Dit sien jy duidelik by SARIE se voorblad-fotosessie. Sy het nuwe selfvertroue en energie en wys haar lyf trots in noupassende klere. Met die Cohen-dieet word jou bloed getoets vir onder meer lewer- en nierfunksie en insulienvlakke voordat ’n persoonlike eetplan vir jou uitgewerk word met kos uit al die voedselgroepe.
Volgens die dieet se webtuiste (http://www.1stpersonaldiet.com) sal die soort en kombinasie van kos wat jy eet, saamwerk om hormonale wanbalanse in jou liggaam te herstel en jou gewig te laat verloor. Die dieet is maklik om te volg, sê Bertha, afhangend van hoe vasbeslote jy is. Sy mag glad nie alkohol drink nie en moes melk uitsny. Haar stryd met haar gewig het ná skool begin toe sy ’n jaar lank in Europa gewerk en 20 kg aangesit het.
Toe sy terugkom, kon sy 10 kg afskud. Sy het alles probeer: van pille sluk tot skommels drink.
Dít het daartoe bygedra dat haar metabolisme nie meer gewerk het soos dit moet nie.
Tydens haar swangerskap het sy haar aan kos oorgegee. “Ek het gedink ek is in elk geval oorgewig én ek eet nou vir twee.” Ná haar dogtertjie, Kiana, se geboorte het sy gesukkel om die oortollige gewig vinnig genoeg af te skud.
Ek wil nie hê Kiana moet grootword met liggaamskwessies wat sy by my leer nie. Ek wil ’n gesonde ma vir haar wees. Dit voel asof daar nou ’n lig aangegaan " - Bertha
Ek besef ek kan nie gewig verloor met iets wat ek nie die res van my lewe kan volhou nie. Ek wou nie vir altyd van slaaiblare leef nie.”
Die vrees om weer gewig aan te sit sal altyd aan Bertha knaag. Nadat sy haar teikengewig bereik het (nog so 5 – 7 kg), gaan sy met ’n “refeeding-program” begin waarmee sy stelselmatig kos by haar eetplan kan insluit wat sy nie met die dieet mag geëet het nie.
"Ek wil nie weer gewig aansit nie, maar never say never. Enigiets kan gebeur, veral as ek gespanne is. As
As jy nie bo-aan jou eie lys is nie, kan jy nie iemand
anders soos jou man, kind of werk ’n prioriteit maak nie, want jy is gefrustreerd en buierig as jy ongesond is.”
ek ongelukkig is, beïnvloed dit nie my eetgewoontes nie, ook nie as ek gelukkig is nie. Maar as ek gefrustreerd is, wil ek eet. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie. Dis nog iets wat ek moet uitsorteer.”
Sy het empatie met kletskoningin Oprah Winfrey wie se gewig so wipplank ry. Oprah het die afgelope tyd vertel hoe teleurgesteld sy in haarself is omdat sy vir die soveelste keer
toegelaat het dat sy gewig aansit. Dié keer het sy ook ’n leefstylmentor wat haar gaan help om maerder te word.
Nes Oprah het Bertha haarself teruggesit op haar eie voorkeurlysie en sien sy eerste na haarself om.
'N DAG IN BERTHA SE EETPLAN
Sy kan daagliks haar eie spyskaart saamstel. Met elke ete mag sy proteïene en groente van ’n sekere massa eet. Sy mag ook daagliks 5 Crackerbread-beskuitjies en 2 vrugte eet, asook dieetkoeldrank en koffie en tee (sonder melk en suiker, maar met versoeter) drink. En genoeg water.
* Oggend
’n Gebakte eier met spinasieblare of sampioene en
1 Crackerbread-beskuitjie.
Koffie of tee.
* Peuselhappie
Wanneer Bertha lus is vir iets soets, strooi sy versoeter en kaneel op ’n Crackerbread-beskuitjie
en eet dit saam met ’n vrug.
* Middag
’n Blikkie tuna met ’n halwe tamatie, murgpampoentjies, sampioene, komkommer en balsemasyn.
* Peuselhappie
’n Vrug met Crackerbread-beskuitjies.
* Aand
Roerbraai met hoender of rooivleis (sonder die vet) en groente.
Die geheim van enige dieet is nie gewigsverlies nie – dis om nie weer daardie gewig aan te sit nie.
Maak dit dus ’n leefstylverandering en volg ’n dieetplan waarmee jy die res van jou lewe kan volhou, sê dieetkundiges met wie SARIE gesels het.
As jy ’n baie streng dieet volg, maak seker dat jy al die noodsaaklike voedingstowwe inkry – moet dus nie langer as 8 tot 12 weke daarmee volhard nie.
As jy melkprodukte uit jou dieet sny, sorg vir alternatiewe bronne van minerale (veral kalsium en magnesium).
Onthou ook om met jou dokter te gesels voordat jy enige eetplan of oefenprogram aanpak.
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Bertha
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 30
Vat dit van my: Voorbladfoto's vir 'n glanstydskrif soos SARIE is nie 'n eenvoudige ding nie ... - Fanie Cronjé, sosiale en styl-redakteur
-
Bertha le Roux verloor nóg 4,5 kg
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 57
Ja, Bertha le Roux het nóg 4,5 kg verloor sedert SARIE met haar gesels het vir ons April-uitgawe! Sy dra nou trots klere in 'n nommer 32. Oor 'n paar dae is sy klaar met die dieet waarmee sy nou al 19,5 kg afgeskud het
-
Julle oor dieetpille en -aanvullings
SARIE - Februarie 2010
-
Mooier, maerder Bertha: "Kyk hoe lyk ek nou"
SARIE - April 2009
Sy straal nadat sy die kilogramme behoorlik afgeskud het. Dis 'n splinternuwe Bertha dié. Sien meer en lees meer oor Bertha en haar dieet in jou nuwe SARIE
-
Mooier, maerder Bertha: 'Kyk hoe lyk ek nou!'
Sy straal van selfvertroue nadat sy die kilogramme behoorlik afgeskud het. En Bertha le Roux gee ook volpunte vir Emma, haar karakter in 7de Laan, omdat sy die moed gehad het om Jan-Hendrik voor die kansel te los...
-
NUWE FOTO'S: Bertha (Emma van 7de Laan) se babaklere-reeks
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Bertha le Roux (7de Laan se Emma) het 'n nuwe baba- en kleuter-klerereeks op die mark. Die idee vir BabyB het in 2003 begin toe haar ma, Griet, en haar suster, Corrie, 'n projek in Zambië begin het. Hulle het vroue leer naaldwerk doen, om hul eie klere te maak en dit dan te verkoop.
-
Só verloor Villa Rosa-ster 15 kg
SARIE Junie 2012 | Kommentaar: 56
Die afgelope jaar het aktrise Jana Nortier 15 kg verloor. Weg is die oorgewig meisie wat ons so laat lag het met 'Ag Henry, I love it when you talk foreign' in die Wimpy-advertensie
-
Verloor gewig sonder dieet - Rêrig! (Wenk 6 - 15)
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 14
Dis winter en tyd vir tuisgemaakte bredies, cappuccino en lepellê. En sowaar, dís dinge wat jou kan help gewig verloor


















Kry jou SARIE oral, enige tyd