Hoe werk Bertha se 're-feeding'-eetprogram?

Deur René den Hartog

Hoe werk Bertha se 're-feeding'-eetprogram? Foto’s: Clinton Lubbe Galery

Julle was daar toe Bertha al die gewig verloor het. Baie stap (dikwels onsuksesvol) dieselfde pad, en wil weet oor die “re-feeding” waaroor Bertha vertel het – dis waarmee sy onlangs besig was.

Die Cohen-dieetprogram het twee fases. Eers stabiliseer jy jou hormone sodat jy gewig kan verloor. In die tweede en laaste fase stabiliseer jy jou liggaam om weer "normale" kos te kan eet ná die dieet.

Jou liggaam is reg vir re-feeding wanneer jy jou doelgewig bereik het. Indien jy nie die re-feeding-program volg nie, sal jy waarskynlik weer al die gewig aansit, soos so dikwels met diëte gebeur.

Tydens re-feeding word hoeveelhede geleidelik vermeerder en nuwe kossoorte ingesluit. Selfs "verbode" eetgoed word op beheerde wyse teruggebring. Die re-feeding wissel van mens tot mens, nes die dieet, want dis vir jóú ontwerp. Dit kan van 11 tot 30 dae duur en word op grond van bloedtoetse beslis.

Die lewe ná jou dieet

Wanneer re-feeding voltooi is, is jy geensins meer op ’n dieet nie. Nou’s dit in jou hande: Gaan jy ’n sukses maak hiervan, of terugkeer na jou ou eetgewoontes?

Hier is van Dr Cohen se wenke vir die lewe ná sy dieet.

1. Alles in matigheid – bly op ’n laevet-eetplan en eet matig. Waarom nou weer slegte kosgewoontes koester?

2. Beperk jou inname van stysel. Eet ideaal gesproke een stysel-ete per dag, verkieslik saans. As jy saans stysel eet, styg jou insulienvlakke deur die nag en voel jy nie die eet-drang nie.

3. Beperk suikerinname tot een maal per dag. Twee vrugte per dag is ideaal.

4. Beperk lekkers, nagereg en sjokolade en eet dit altyd ná ’n stysel-ete. Die "veiligste" koek om te eet, is kaaskoek.

5. Alkohol veroorsaak erge insulien-afskeiding.

6. Dis baie belangrik om jou 2 liter water (of meer) per dag te drink. Dit was gifstowwe weg, en verder word dors dikwels met honger verwar.

Kry jou kop reg

Om gewig te verloor is nie ’n japtrap-ding nie, en ook nie tydelik nie. Jou kop moet "reg" wees. Die dag dat jy besluit om die ekstra gewig te verloor, is die dag dat jy besluit om jou lewenswyse aan te pas.

Hoe weet jy dat 'n oormaat insulien afgeskei word?

Kyk uit vir die volgende simptome:

1. konstante moegheid
2. jy is heeltyd honger
3. jy ervaar cravings
4. voel opgeblaas
5. het konstant sooibrand
6. sukkel met 'n spastiese kolon
7. hou water terug
8. simptome wat ooreenstem met dié van diabetes

  • Hare Karen van Wyngaard
  • Grimering Adelle Jung

Verwante artikels

Kommentaar

  • Ek is nou so 16.7kg af in 12 weke af en baie tevrede. Nog net 4 kg om te gaan dan kan ek begin refeed. En ek eet baie lekker. Kan nie dink ek moet ooit anders eet nie.

    18de Apr. 2012, 11:54
  • Ek het met amper soorgelyke dieet begin. Die dieet is vreeslik maklik (mens kan se al wat jy uitsny is stysel en suiker). Ek maak die dieet so maklik as moontlik vir myself byvoorbeeld, ek eet gewone mayo nie lite nie, ek drink lae vet melk inplaas van vet vrye melk. Ek eet enige slaaisouse ens. Onthou sodra jy 'n dieet soos 'n dieet hanteer is alles sleg. Maak dit vir jouself lekker. Ek het reeds vanaf die 7de Januarie 2012 tot en met die 14de Januarie 2012, 4.3kg verloor. Ek van die week af mik ek vir 2kg per week!!! En glo my ek eet baie lekker. Vanmiddag is my "lunch" van gisteraand se braaivleis tjoppies en n stukkie wors met lekker koolslaai (pienk trim mayo, aromat, swartpepper, en n gekapte ui). EK WAS VOOREEN OP DIE DIEET EN HET 21KG VERLOOR IN 12 WEKE MAAR HET NIE GELUISTER WAT DAAR VIR MY GESE WAS OM MY STYSEL EN SUIKER STELSEL MATIG TERUG TE BRING NIE, TOE SIT EK AL DIE KG'S WEER AAN. MAAR DIE KEER GAN EK DIT REG DOEN!!!!!!!!

    18de Jan. 2012, 09:51
  • HI EK IS VAN KRUGERSDORP EN OMDAT DIE DR COHEN SE DIEET SO DUUR IS HET EK BY N DIEET KLINIEK IN RANDFONTEIN SE DIEET GEVOLG DIT KOS R350.00 PER MAAND EN EK MOET OOK SO DIT IS FANTASTIES EK IS NOU N WEEK OP DIT EN HET REEDS 2.5KG VERLOOR DIE VROU WAT MY DAARNA TOE VERWYS EN SY IS SO 17KG IN 2 MAANDE VERLOOR DIT IS N BAIE NICE DIEET EN EK MOET SE NADAT EK GESIEN HET HOE GOED BERTHA LYK HET DIT MY SOVEEL INSPIRASIE GEGEE. JY LYK FANTASTIES EN VIR SYLVIA EK HOU VAN EMMA IN 7DE LAAN SY IS EERLIK EN OPREG

    8ste Sep. 2010, 11:03
  • Bertha jy lyk goed . Ek was al op al wat 'n dieet is , maar elke keer tel ek net weer die gewig wat ek verloor het dubbel op sodra ek ophou.Kan iemand die dieet ook aan my stuur . Ek moet 30kg verloor . Help asseblief

    27ste Jul. 2010, 22:07
  • Kan iemand wat reeds die dieet het dit vir my aanstuur of mag mens dit nie so hanteer nie? Ek wil ook baie graag biejtie gewig verloor en het ook al al wat 'n dieet geprobeer, maar niks werk op die lang termyn nie. Groot ASB!

    7de Des. 2009, 16:39
  • Stem saam met Mickey, Weight Watchers en Weighless werk uitstekend. En almal se diet is dieselfde, myne by dr Cohen was presies dieselfde as my vriende s'n, so kry die diet by iemand as jy dit nie kan bekostig nie.

    5de Nov. 2009, 04:13
  • Sy lyk stunning!!!

    23ste Okt. 2009, 15:09
  • Bertha, jy lyk stunning! Moenie dat mense soos Sylvia jou onderkry nie! YOU GO GIRL!!! Kan jul dalk die dieet vir my stuur? Sal graag wil sien hoe dit werk en waar en wie om te kontak...

    12de Okt. 2009, 13:54
  • WOW !!!!! Jinne Bertha.... jy lyk sooo goed. You go girl !!! Nou wil ek graag weet, Ek sit in Papua New Guinea en kannie vir die bloedtoetse of so iets gaan nie. Sal Bertha se dieet vir my werk of is dit net vir haar uitgewerk. Ek gaan Januarie 2010 met vakansie na ons pragtige land Suid Afrika en het sowat 25kg wat ek wil, nee, moet verloor. HELP asseblief ek wil nie met 'n dieet begin wat nie op die ou einde werk nie.......Bertha jy moenie jou steur aan Sylvia nie sy klink bietjie jaloers en as jy my vra, klink sy bietjie HARDLYWIG......JY IS PRAGTIG !!!!

    9de Okt. 2009, 00:06
  • Ekself weet hoe moeilik dit is om gewig te verloor,en watter hunkering dit is om maer te wees (en maer te bly!!). Gaan lees gerus op oor 'n nuwe, NATUURLIKE produk Simply Slim, die 'testimonials' spreek vanself. Dit is ook aansienlik goedkoper as Dr Cohen se dieet. Dit is 'n wonderlike produk met wonderlike resultate! Daar is geen bloedtoetse, ekstra onkostes behalwe die produk nie. Sterkte aan almal met die stryd teen die vetjies!

    30ste Sep. 2009, 12:30
  • hi jy lyk pragtig!! hou so aan. ek het nou aangesluit en hoop ek kry die moed en inspirasie onm dit ook te kan doen.eks nou 39 en weeg 95kg dit gaan n harde tyd vir my voorle maar eks bereid om dit te doen.sterkte bertha !!! jys my inspirasie om mooi te voel en te lyk.

    18de Sep. 2009, 14:04
  • Dr Cohen en Sureslim is basies 100% presies dieselfde!! Ek was by Sureslim en alhoewel hulle se dat hulle die dieet spesiaal vir jou uitwerk op grond van bloedtoetse is my plan presies dieselfde as 5 van my vriende....duh! Persoonlik is dit te tough vir my...ek het meer Koolhidrate nodig! Weigh-Less werk net so goed. Bertha jy lyk great!! Baie geluk!!

    12de Sep. 2009, 14:03
  • Bertha, jy lyk pragtig vrou. Ek sal 40 wees in Maart, en dit is my goal om my 44kg te verloor teen my 40ste.Ek het self 3 weke terug begin. Het al 7kg verloor, meeste dae gaan dit goed, maar naweke is moeiliker vir my. Wanneer dit moeilik raak, dan tel ek my Sarie tydskrif op of maak seker ek kyk 7de Laan elke aan, en dit inspireer my ook. Ek dink dit is een dan op 'n slag. Sterkte aan almal van julle wat op die pad is, en hou ons almal op hoogte.

    12de Sep. 2009, 13:40
  • Bertha jy lyk "stunning". Ek het vandag begin en wil so 30kg voor Februarie 2010 verloor. As ek so na almal luister sal ek dit beslis doen. My kop is reg en alles kan nou net goed gaan. Sterkte vir almal daar buite wat ook begin het. Ons kan dit doen!!

    2de Sep. 2009, 15:45
  • Lisa - Ek het elke dieet onder die son al probeer, en ek het gegaan om my derm te sny, want genoeg was genoeg, koste vir die derm - R80 000.00. So toe besluit ek om Cohen 'n go te gee, siende dat dit maar net R1800.00 is! Dink daaraan, jy is dit aan jouself verskuldig om daai geld te spaar as jy moet of af te knyp iewers, jy gaan dit tog net vir die kinders of huishouding gebruik op die ou end! Wat van jou! My grootste vrees was om oor 10 jaar wakker te word een oggend, en te besef dat ek op my hele lewe uitgemis het, oor ek te vet was! Ek volg Cohen - voel 'n veer of die span my bel, dis tog ek wat dit moet doen, so besluit vir jou - jy kan nie nog een enkele dag uitmis nie!

    31ste Aug. 2009, 11:38
  • Ek volg ook die dieet, en moet se die eerste 3 weke was baie erg. Sal ok graag meer ondersteuning wou kry van die verteenwoordiger - 'n oproep of sms om te se vasbyt sal ook werk. Kry maar nog steeds erge drange na kos - weet nie of dit ooit sal weggaan nie. Het al 20kg verloor, moet nog 8kg verloor. Sterkte aan almal!

    28ste Aug. 2009, 08:31
  • Hi, die dieet klink aanvanklik duur, maar die R1800 word slegs EENmalig betaal. As mens bv Weigh Less se maandlikse premies vir 'n jaar optel is dit maar dieselfde. Dis die moeite werd!

    24ste Aug. 2009, 14:38
  • Hi Bertha - jy lyk stunning , ek het dit self gevolg , dit is nou 8 weke het 12 kg's verloor , jy was vir my 'n insperasie - THANX

    23ste Aug. 2009, 12:40
  • Ek het nou ook met die dieet begin en dit gaan baie moeilik. Noudat ek Bertha se fotos gesien het is ek weer van vooraf gemotiveerd om deur te druk. Bertha ek weet hoe moeilik dit is en ek dink jy lyk stunning.

    19de Aug. 2009, 11:15
  • Flippen hel...Jammer maar dis al wat ek kan sê. Dis amazing dat een persoon soveel deursettingsvermoë het. Congrats Bertha!!!

    17de Aug. 2009, 13:53
  • Is daar ouens wat al ander diete probeer het en kan se wat die beste werk? Dit kos n klomp geld so mens moet maar navorsing doen deur te hoor by die wat al daardeur is. Ek oorweeg Dr.Cohen,maar wat van Sureslim(goedkoper?) of dalk Slender Wonder?

    17de Aug. 2009, 10:34
  • Aan almal wat die dieet volg ... dit is moeilik JA maar die resultate is ONMIDDELLIK! Ek het 10kg in 4 weke verloor. Het bietjie gesukkel die afgelope 2 weke maar ek is nou weer terug op die "wa" en kan nie wag om die kilogramme te sien afsmelt nie. Om 'n doelwit te he vir die gewigsverlies is 'n absolute MOET! Myne is om maer te wees voor 40 (en dit is volgende jaar September). Die aansluitfooi is baie maar gelukkig het my seun besluit om sy vet mamma te help en vir my die geldjies gegee. Aan Bertha .. Jy is wonderlik en 'n inspirasie vir ons almal. Hou so aan!

    17de Aug. 2009, 09:06
  • Bertha jy lyk pragtig, jy is ook my inspirasie. Ek het verlede woensdag begin en was toe na 'n vroue dag by Emperors saam met Kurt Darren dit was nogal erg maar ek het op my dieet gebly. Die week is die hoofpyne baie erg anders gaan als goed hulle se jy moet nie op die skaal klim nie maar ek moes dit net vanoggend doen, dit is 4 dae en ek het 4kg verloor.Kan nie wag dat ek vir my eerste maand opvolg gaan nie. Baie dankie Bertha jy is regtig my inspirasie.

    16de Aug. 2009, 17:20
  • Bertha JY is en BLY my inspirasie!!! Dankie jy het my gemotiveer om 30kg in 3 maande op dr Cohen se program te verloor. Aan almal byt net vas ek het ok gedink ek gaan dit nooit maak nie maar ek is al sover! Nog net 5kg en ek begin te refeed!! Ek kan nie wag nie!!

    15de Aug. 2009, 15:31
  • Soos M wil ek ook weet waar kry ek die ekstra geld..kan ons dit in paaiemente betaal asseblief??!!! Of sal iemand vir my die dieet stuur.. Jinne Sylvia...get a life girl...

    14de Aug. 2009, 16:05
  • Bertha was my inspirasie om die Cohen dieet te volg. Dit werk regtig! Ek het al 18 kg verloor, ek voel en lyk baie beter. Dit is beslis die moeite werd om deur te druk.

    14de Aug. 2009, 12:55
  • Bertha u go girl.. jy lyk PRAGTIG!! Sylvia ai mens is dit te veel gevra om vir iemand gelukkig te wees..dis juis die probleem vandag almal KRAAK almal af..

    13de Aug. 2009, 15:37
  • Sylvia knor seker vir haar eie (d*&0l)en almal om haar van oggend tot aand. Bertha jy lyk pragtig en daar is nie fout met jou toneelspel nie dis net pure jaloesie....Baie dankie ook Sarie om vir ons op die hoogte te hou van die dieet en die verskilende figure dis baie nice om te kan sien wat jou lyf die beste gaan pas...ek het ook 'n paar kilo's om te verloor maar die geld is bietjie baie ek kry eers in November bonus en dan is dit krismis hoe gaan ek dit reg kry? Ek het ook al baie die verskoning gebruik dat ek eintlik ondervoed is alhoewel ek oorgewig lyk...ek het ook nie eers 'n idee oor wat my bloedtipe is nie.

    13de Aug. 2009, 13:27
  • Bertha jy lyk regtig baie goed. Ek was al op verskeie diete, Weighless Sure Slim Weight Watchers Inspuitings you name it. Die geheim is net jy moet so aanhou en volhou want sodra jy ophou met 'n dieet tel jy weer alles op. Dis verg baie moed in inspirasie. Jy is ons almal se inspirasie.

    13de Aug. 2009, 12:44
  • Jy lyk pragtig. EK is baie trots op jou! Jy is 'n baie sterk voorbeelds vir ons vele oorgewig mammas . Hou aan blink. René

    13de Aug. 2009, 12:37
  • Bertha is 'n insperasie vir alle vroue en sy lyk ongelooflik goed. Ek het ook op 10 Julie 2009 met die dieët begin en geniet die dieët, dit was ook moeilik in die begin maar party dae eet ek nie eers al die kos nie. Ek gaan vandag 13 Augustus 2009 weeg en kan nie wag nie want ek voel uitstekend en kry baie komplimente oor die gewig wat afgeskud is, ek sal vanmiddag weet hoeveel kg ek verloor het. Ek beveel die dieët definitief aan.

    13de Aug. 2009, 11:53
  • Karen, Ek het jare gelede die Cohen-dieet gekry, maar was nie self by die betrokke instansie nie. Ek was wel voorheen op die Sureslim dieet en volgens my is dit basies dieselfde. Ek het ook weer, op my eie, hierdie dieet (soortvan kombinasie hiervan!) begin en ek (amper 60 jaar oud) het 3 maande gelede by 'n Vroue Gym aangesluit (vir die eerste keer in my lewe!!!). Ek het in 7 weke 12 kg verloor. Dit wys jou net: As jou kop reg is, kan dit werk!! Stel 'n doel vir jouself en "go for it". Myne is my dogter se troue in Desember en ek wil graag nog so 'n 18 kg voor die troue verloor!!! Volgens Obama: "Yes, I can!!!" :-)

    13de Aug. 2009, 11:40
  • Bertha lyk pragtig. Baie geluk aan almal wat verloor het. Dis BAIE streng maar as jy op die program bly, sien jy die resultate duidelik. Ek het April 2009 begin en is klaar met re-feeding. Dis wonderlik.

    12de Aug. 2009, 06:28
  • Weet enige iemand of die Cohen 1st personal diet dieselfde of gelykstaande is aan die Suid-Afrikaanse Sureslim?

    11de Aug. 2009, 04:03
  • Bertha jy lyk pragtig!! Ek gaan Vrydag 7AUG.vir my eerste besoek en ek is regtig bang vir wat op my wag!Ek dink dat ek omtrent 20kg moet verloor.Ek gee regtig nie om vir die min kos nie,maar lekkergoed is my groot sonde.Jy is regtig n inspirasie vir mense soos ek! Jou foto op my yskas is al motivering wat ek nodig het.

    4de Aug. 2009, 00:13
  • More almal, Ek brand so om op Dr Cohen se 1st personal diet te gaan. Maar waar het julle die ekstra R2000 gekry vir die program en dan nog die addisionele R500/R600 vir die bloed toetse? Dalk is mens soveel meer gemotiveerd om dit dieet te volg omdat dit so vrek duur is....

    29ste Jul. 2009, 10:26
  • Ek is vir die tweede maal op hierdie dieet sedert Bertha in die Sarie verskyn het. Dit is 'n baie strawwe dieet. Die geheim le in jou kop. Dit inspireer my om aan myself te dink asof ek reeds op my doelgewig is. Wenk: Moenie afwyk van jou eetprogram nie, want jy sukkel daarna om die program reg te volg. Die eerste week was vir my die ergste, en die tweede naweek daarna. Al kritiek wat ek het is dat 'n mens geen motivering kry van Dr Cohen se kliniek nie, geen opvolg, niemand bel jou of inspireer jou nie. JY is basies OP JOU EIE!. Gelukkig het ek die persoonlikheid en wilskrag wat dit kan hanteer, maar ek dink dis swaar vir vele ander. Wel, Bertha bly 'n helse inspirasie!! Voorspoed vir al die ander. Doen dit vir jouself, want jy is dit werd - stel jouself vir 'n slag eerste!

    27ste Jul. 2009, 13:55
  • ENIGE EEN WAT GEWIG VERLOOR VERDIEN ;N GROOT PLUIMPIE. BAIE MOOI! MAAR HOE KRY MENS JOU KOP REG - EK SUKKEL MET DAAI EEN EN HET 20KG OM TE VERLOOR!

    20ste Jul. 2009, 16:51
  • Bertha jy lyk stunning. Ek is baie trots op jou. Ek het twee weke terug begin. Die eerste week was vir my baie swaar, maar dit gaan nou heelwat beter. Ek het in 12dae 8.84kg verloor. So dit kan gedoen word. Bertha jy is my inspirasie.

    20ste Jul. 2009, 16:04
  • Vir H Pretorius wil ek net se: ek is ook nog op die dieet. Aanvanklik was die kos vir my ook min, en nou wonder ek party dae hoe ek al daai kos gaan eet! Sterkte!

    20ste Jul. 2009, 13:33
  • Bertha was nog altyd 'n mooi vrou, nou is sy stunning en rerig 'n voorbeeld vir vroue soos ek wat sukkel om deur te druk met 'n dieet.

    20ste Jul. 2009, 11:53
  • Sylvia kom ons noem dit sommer suur druiwe!!! Bertha jy lyk pragtig en ek wil self die dieet volg.

    18de Jul. 2009, 22:04
  • Sjoe Sylvia, ek glo nie jy was gevra om haar toneelspel te ontleed nie. As joune soveel beter was, sou jy seker op 7de Laan gewees het.

    17de Jul. 2009, 13:15
  • Ja, sy lyk definitief beter, alhoewel dit nie gehelp het met haar "gehop" nie en het haar vermoë om toneel te speel nie voordeel hieruit getrek nie, aangesien sy pateties verby is en so gebly het.

    17de Jul. 2009, 10:05
  • Ai ek volg nou self die dieet en het Maandag begin, maar dit gaan maar swaar, dis min kossies maar mens sal seker gewoond raak. Bertha is my inspirasie, want na my tweelingtjie se geboorte laas jaar, het ek taamlik gewig aangesit en moet dit weer afskud.

    15de Jul. 2009, 19:41
  • sy is darem maar pragtig!

    15de Jul. 2009, 10:24