FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dieet

Hollywood se top-5 diëte vir 2014

In die glanswêreld bly dieet ‘n gonswoord, en van Hollywood se mooistes is bekend vir hul streng eetgewoontes en leefstylkeuses. En of jy soos Kim Kardashian by Atkins-beginsels hou, of soos Sofia Vergara slegs vars kosse eet, húlle hou voet by stuk dít werk… Só berig People.com

1. Hilary Duff: Die herstel-dieet – gee jou liggaam ‘n hupstoot!

Hilary is bekend daarvoor dat sy haar liggaam ‘n hupstoot gee deur smoothies van die fiksheids- en voedingsghoeroe Harley Pasternak te drink.

sk0812smoothies01

Wat eet sy? Dié 3-fase-plan skop af met ‘n 5-dag-smoothie-dieet vóór alternatiewe koskeuses soos groente, laevet hoemoes, steak en spinasie-slaai ook deel uitmaak van dié plan.

2. Ashley Greene – Sunfare-dieet

Twilight-ster Ashley Greene se vietse lyf is te danke aan die gerieflike Sunfare-dieet, ‘n spesiale eetplan wat ‘n afleweringsdiens insluit. (Jou etes word by jou huis afgelewer, en sluit vegetariese- en glutenvrye opsies in.

FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

Wat eet sy? Daar is talle etes beskikbaar deur Sunfare, soos kersie-hawermout vir ontbyt, tunaslaai vir middagete, of sitrus-hoender vir aandete met ‘n maaskaas-peuselhappie.

3. Gwyneth Paltrow: Die allergievrye dieet

Gwyneth deel haar dieetgeheime in haar boek, It’s All Good. Hierin sny sy veral kosse uit wat volgens navorsing vir jou ‘sleg’ is: brood, diepsee-vis, hoender, eiers, suiker en rooivleis.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Wat eet sy? Haar dag begin met ‘n groen sap propvol spinasie, appel, suurlemoen, kruisement en gemmer. Vir middagete eet sy graag beet-en-groentesop, en amandels wat in water geweek word. (Jou liggaam verteer dit dan makliker.) En vir aandete sal daar hoender met haar eie paprika-speseryresep op die spyskaart wees.

Watter dieet volg Sofia Vergara en Kim Kardashian?

Klik hier om te sien!