Dieet

Hý kan ”nee” sê vir kos, jý nie . . . Dís hoekom

‘n Mens se vermoë om hongerpyne te onderdruk is nou deur die Amerikaners nagevors. ‘n Breinskandering is op mans en vroue gedoen wat oornag niks geëet het nie. Vir ontbyt is ‘n gunsteling-gereg of kossoort aan hulle voorgesit. Net: hulle moes ”nee”’ sê daarvoor. Hulle het vooraf raad gekry oor hoe om dit makliker te doen. Die skandering daarna het gewys mans kon die “skakelaar” afsit wat die inname van kos in die brein beheer – vroue nie.

Vra hom dus mooi om nie allerhande lekkernye voor jou te eet as jy ‘n kilogram of twee probeer afskud nie. Of gaan fliek liefs saam met ‘n vriendin, waar jy nie in die versoeking kan kom nie. As dit nie moontlik is nie, besluit vóór jy uitgaan wat jy gaan eet of drink. Beloon jouself as jy dit regkry – net nie met kos nie!

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.