Foto ter illustrasie
FOTO: Micky Hoyle

Foto ter illustrasie FOTO: Micky Hoyle

Dieet

Jou derde maklike wenk vir ‘n winter-dieet

Tel jy gewoonlik gewig op in die winter? Deesdae gaan dit al hoe meer oor wát jy eet, en nie net hoeveel jy eet nie, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl.

Hier is goeie gewoontes waarmee jy hierdie winter gewig kan afskud, sonder dat jy ’n ingewikkelde dieet hoef te volg.

SARIE.com gaan elke dag vir die volgende paar weke ’n dieetwenk uit ons argief deel. Hier’s die derde een! 

(Lees die tweede wenk HIER)

Lê weg aan sop

Dis mos stapelkos in die winter! Sop laat jou meer versadig voel – met minder kJ’s. Skop jou maaltyd daarmee af en verminder jou aptyt. Jy kan só tot 20% minder eet. Pasop net vir roomsoppe, dit bevat baie vet en kJ’s.

*Hier’s Mariza se warm- en koue groentesop-resep.

Lees meer HIER oor sop en jou dieet

Kyk môre op SARIE.com vir nóg ’n wenk!