Dieet

Jou dieetvrae beantwoord

Jy eet laevetkos,

maar verloor

nie gewig nie.

Of jy’s ‘n uur

ná ontbyt

weer honger.

Jou kwelvrae

het gelukkig

eenvoudige

antwoorde

“Ek eet

gesond, maar

verloor nie

gewig nie” Eet jy

régtig gesond? Kliënte

begin dikwels met dié sin,

sê Rentia Lombard, dieetkundige

van Pretoria. Maar

eintlik het hulle ‘n wanindruk oor

wat gesond eet is. “Dalk weet jy

baie daaroor,maar pas nie jou

kennis toe nie. Of jy stel dit

uit:’Ek wéét ek moet meer vrugte

en groente eet. Ek sal volgende week

begin.’ Omdaarna te streef om gesond

te eet beteken nie jy dóén dit wel nie,”

sê Rentia.

“Dis verkeerd om ná

sesuur saans te eet”Dis ‘n

mite, sê Suna Kassier, dieet-kundige

aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

“Jou brein, hartklop, asemhalingstelsel,

spysverteringstelsel ensomeer slaap

nooit nie.As jy nie saans eet nie, gaan jy

laataand die yskas stormloop.”

“Ek eet nie ontbyt of middagete

nie, want ek is

nie honger nie”Jou liggaam

het bes moontlik gewoond geraak

aan min kos en ophou vra, sê Rentia

Lombard. “Dis gewoonlik ‘n teken dat

jou metabolisme verstadig – en dus

meer vet berg. Dikwels vergryp jy jou

dan saans aan ongesonde kos. Eet meer

gereeld en jy sal bedags ook honger

word. As ontbyt ‘n probleem is: Eet

vroegoggend ‘n vrug en jogurt. Hou jou

ontbytgraan vir later.”

“Ek eet laevet-kosse.

Hoekom word ek nie

maer nie?” Het jy die etiket

goed bestudeer? vra Suna Kassier.

“Laevet” beteken die item het minder

as 3 g vet per 100 g of ml. “Verlaagde”

vet beteken egter bloot dit het 25%

minder vet as die standaard-produk.

Dis nie net kos se vetinhoud wat

belangrik is nie,maar ook wanneer en

hoeveel jy daarvan eet. Jellielekkers (jelly

babies) het byvoorbeeld geen vet nie,

maar baie kilojoules (kJ). Só het

71,5 g jellielekkers dieselfde kilojoules

as sowat 50 g Chuckles (24,8 gvet

per 100 g). Maak ook seker jy kry genoeg

“goeie” vette in, soos in avokado, neute,

olyfolie en salm. Veral omega 3-vette,

soos in olieryke vis, wat moontlik gewig

kan help beheer, sê Suna.

“Ek het oortree – dus gooi

ek tou op” Hoekom? Jy kry met

jou volgende maaltyd weer kans

om gesond te eet. Én die een daarna.

En dáárna . . . Volgens Rentia moet jy in

elk geval nie net gesond eet terwyl jy op

‘n dieet is nie. Dis ‘n keuse wat jy met

elke ete maak – vir die res van jou lewe.

“Moenie jouself kasty nie. En moet

beslis nie ‘n maaltyd oorslaan of ‘n dag

lank nie eet nie. Onthou: Jy is besig om

gesond te leer eet. As jy dit eers eenmaal

geniet, sal jy later self ongesonde kosse

vermy.” Suna Kassier glo daar is nie iets

soos “goeie” en “slegte/verkeerde” kos

nie.

“Ek oefen meer. Waarom

verloor ek nie gewig

nie?” As jy met ‘n oefenprogram

begin, ontwikkel jy gewoonlik

eers spiere, wat meer as vet weeg,

verduidelik Rentia. Dit kan dan lyk of

jy nie gewig verloor nie, maar jy verloor

sentimeters om jou lyf. Vergeet van die

skaal en voel hoe jou klere ál losser sit.

Vir die beste resultate moet jy oefen én

gesond eet.

“Alle kos het ‘n plek in jou dieet –

solank jy ‘n verskeidenheid in matige

hoeveelhede eet.”

“Ek eet nie koolhidrate

(stysel en suiker) nie, dit

maak vet” Enigiets waarvan jy

te veel eet, “maak vet”, sê Rentia.

“Tussen 45% en 60%van jou

daaglikse kilojoules moet koolhidrate

wees. Dis noodsaaklik vir energie om te

leef en te werk en jou bloedsuikervlakke

konstant te hou. Jou brein gebruik net

koolhidrate as energiebron.”

Marlene Vermaak, dieetkundige van

Pretoria, voel sterk dat jy enige dieet

moet bevraagteken wat ‘n voedselgroep

uitskakel. Jy kan op lang termyn

voedingstof-tekorte kry.

“Daar word dikwels verkondig stysel

maak vet. Maar volgraan-stysel in die

regte hoeveelhede help jou om genoeg

vesel in te kry. Dit het bv. ‘n positiewe

uitwerking op jou cholesterolvlakke, en

is belangrik vir goeie spysvertering,” sê

Marlene.

”Ek eet ontbyt, maar

‘n uur later knaag die

hongerpyne weer”

Kies lae GI-kosse – jy bly dan langer

versadig, verduidelik Marlene Vermaak.

Eet bv. ‘n lae GI-ontbytgraan met

vetvrye melk en ‘n appel pleks van

spek en eiers. Kos met ‘n hoë GI

veroorsaak vinnige skommelinge in jou

bloedsuikervlakke en laat jou lusteloos

en moeg voel.

Rentia se wenk: Eet gerolde

hawermout. Dit het ‘n lae GI. Jy

koop dit by gesondheidswinkels. Gooi

‘n bietjie sout en kaneel daaroor en

bedek met kookwater.As die water

geabsorbeer en die hawermout geswel

is, gooi so 2 teelepels heuning, 1 eetlepel

sade, soos vlas, pampoen, sesam of

sonneblom, opgesnyde vrugte, soos

aarbeie, appelliefies, songedroogde

rooibosbessies (cranberries) of

bloubessies, en ‘n bietjie vetvrye melk by.

Suna se keuse vir ontbyt:

Hawermoutpap, of muesli met laevetjoghurt

en vrugte, of saadbrood. En vars

vrugte pleks van vrugtesap.

“Ek is doodhonger ná ek geoefen het

en takel dan die yskas”

Eet ‘n lae GI-kossoort, verkieslik ‘n vrug, ‘n uur vóór jou

oefensessie, stel Rentia Lombard voor. Kies ‘n perske, peer of appel.

Dit voorkom dat jou bloedsuiker daal terwyl jy oefen en jy futloos en

energieloos voel. Jy het dan nie genoeg energie om behoorlik te oefen

nie. ‘nTé groot happie vooraf kan jou weer ongemaklik laat voel en selfs

sooibrand gee. Ná jou oefensessie moet jy ‘n medium/hoë GI-kossoort eet

(bv. ‘n piesang). Moenie ‘n energiedrankie (soos Energade)

drink as jy nie minstens ‘n uur lank hárd geoefen

het nie: Dis te veel kilojoules met ‘n hoë GI – jou

bloedsuiker gaan die hoogte inskiet.

KASSIE

“Ek is honger en die

enigste kos is in ‘n

muntoutomaat met

sjokolade en tjips.

Wat kies ek?”

Rentia stel vooR

*Kies iets met muesli, soos ‘n

Snacker of Granola Bar.

Al het dit baie vet, kry jy

minstens vesel in. *Of kies ‘n suiglekker wat

die hongerpyne sal weghou

totdat jy by die huis kom (soos

pepermente en Super C’s). *Koop die kleinste pakkie tjips

of lekkergoed wat daar is. *Kies iets met rosyntjies –

dit het minder vet.

“Waaraan kan

ek peusel?”

Rentia Lombard, dieetkundige

van Pretoria, stel voor: Babagroente

of groentestokkies met maaskaas of

hoemoes, ‘n kwart van ‘n avokado,

‘n vrug, maer stukkies vleis (30 g

per dag), Pro-Vita-beskuitjies met

avokado, laevet-, ricotta- of maaskaas,

of hoemoes, neute en sade (1 eetlepel

elk p/d), ‘n klein porsie oorskietkos, ‘n

snytjie lae GI-brood met bv. laevetkaas

en tamatie, tamatie en ham of tuna met

laevet-mayonnaise.

Maak ‘n mengsel van granola, neute

en droë vrugte (hand vol), sê Suna

Kassier, dieetkundige van Durban. Of

kies gebakte pretzels (hand vol) of laevetjogurt

(glas p/d, verkieslik natuurlike

jogurt met vars vrugte). Of maak ‘n

smoothie met laevet melk/jogurt, vrugte,

heuning, ensovoorts (1 glas p/d).

DIE KENNERS SE DIEETGEHEIME

Rentia Lombard

van Pretoria • “Ek kry soms uit die bloute ‘n craving

vir ‘n soet ding. Om rustig te raak asem

ek eers in…en uit…Dan drink ek ‘n

glas water, want soms is ek maar net

dors. As dit nie werk nie, eet ek ‘n vrug.

As nie een van dié dinge help nie, doen

ek een van die volgende:

Ek maak sjokolade-Nesquick met

vetvrye melk. Dit maak my maag vol, het

‘n lekker sjokoladesmaak en net 608 kJ.

Of: Ek eet iets kleins wat baie soet is (bv.

‘n paar Chuckles). Dit werk nie vir almal

nie: Hoe soeter die happie, hoe meer wil

sommige vroue hê. • Ken jouself. Ek loer klokslag vieruur

in die yskas. Ek maak dus seker daar

is gesonde eetgoed, soos Pro-Vita

en maaskaas, of ‘n vrug, ‘n bietjie

oorskietkos, of selfs vanoggend se jogurt

wat ek nie geëet het nie. • Ek dood oor kaas. ‘n Mens kry gelukkig

lekker soorte met net sowat 12 g vet per

100 g (teenoor gewone kaas se sowat 30 g

vet per 100 g). Kyk op die etiket. • In die winter fokus ek daarop om my

gewig konstant te hou – ek probeer dan

nie gewig verloor nie. • Dis só by my ingeprent om

gebalanseerd te eet, dit voel verkeerd as

daar nie stysel, proteïene en groente of

vrugte op my bord is nie.”

Suna Kassier

van Durban

*”Ek het myself geprogrammeer om

aan die ongemaklike nagevolge te dink

as ek myself aan kos vergryp.*Eet is

een van die lewe se groot plesiere. Hou

egter matigheid voor oë.*Balans is

belangrik. As jy lekkernye van jou kinders

weghou, eet hulle hulself naar as hulle

‘n kinderpartytjie bywoon. Daar is altyd

lekkers, koekies en gaskoeldrank in my

huis, maar my gesin eet dit nie elke dag

nie.*Ek gebruik baie uie, tamaties,

knoffel en kruie, maar min sout, in kos.

*Ek gaan gereeld gimnasium toe en

stap altyd flink – mense sê ek lyk altyd

haastig.”

Sunette Kotze

van Pretoria, eienaar van E-Spice Health Shop •”Jy moet by ‘n punt kom waar jy besef jou denkwyse oor, keuse van

en gevoel rondom kos moet verander. Ek was self daar. Wees bewus

van wat en wanneer jy eet. Hou dagboek. Leer om respek vir kos en

die waarde daarvan te hê. Dit moet egter nie ‘n obsessie word nie. • Probeer om altyd in beheer van jou koskeuses te wees. As jy

in ‘n restaurant gaan eet, beplan vooruit wat jy gaan bestel – en probeer

so min moontlik daarvan afwyk. • Glo in jouself en jou vermoë

om die oortollige gewig af te skud. Jou twyfel kan jou eetprogram

kelder. • Moenie honger na ‘n geselligheid gaan nie. Kies een

sout en een soet eetding, eet dit stadig en drink mineraalwater.”

Marlene Vermaak

van Pretoria * “As jy saans in die bed

sjokolade in plaas van skape

begin tel, eet ‘n blokkie. Net

nie elke aand nie. *Ek dwing myself om

water te drink, al hou ek

niks daarvan nie. Dit smaak

beter warm en met ‘n bietjie

suurlemoensap daarby. * Ek wissel my

oefenroetine in die

gimnasium af, anders raak ek

verveeld en is ek nog minder

lus daarvoor.”

KontaK

• Suna Kassier 033 260

5823, kassiers@ukzn.ac.za

• Rentia Lombard 072

611 4694, foodsense@live.

co.za,www.foodsense.

co.za

• Sunette Kotze 012 548

2762, skotze@lantic.net;

www.healthline.co.za

• Marlene Vermaak

012 460 5053, mardiet@

mweb.co.za