FOTO: Lee Malan

FOTO: Lee Malan

Dieet

Is jou ‘hoë vesel’ – koskeuses rêrig so goed vir jou?

Natuurlik! Dink jy – vesel is mos belangrik. Dit is kardinaal as deel van ‘n gesonde dieet….Jy voel dan vandag juis so goed – want jy (en jou familie) het julle hoë vesel pap vanoggend geëet. Deur die dag is dit hoë vesel brood, hoë vesel beskuitjies en vanaand eet julle darem hoë vesel pasta….

Waar jy kan kies jy meer vesel…en moedig ook jou kinders aan- irriteer hulle soms selfs – en miskien onnodiglik so!

Hoë vesel is miskien minder gesond as wat jy dink. Dit los in elk geval dikwels nie die gereeldheid kwessies heeltemal op nie –en ai – die midrif en boep gee maar altyd probleme.

Vesel is ‘n komplekse onderwerp. Ongelukkig word dit dikwels te veel vereenvoudig – en word net gepraat van oplosbare en onoplosbare vesel. Die korrekte groepering is einlik ‘ meer oplosbaar’  – en ‘ minder oplosbaar’. Minder oplosbare vesel word bv. gevind in ru-vesel (bran) maar ook sade, vrugte en groente. Meer oplosbare vesel word bv. gevind in hawermout, peulgroente en lensies en vrugte.

Produkte wat geetiketeer word as ‘hoë vesel’ – bv. kitsontbytgrane, kraakbeskuitjies en brood, bevat gewoonlik meernedeels ‘ru-vesel-of ‘bran’ – wat grotendeels heeltemal onoplosbaar is. (Dit is die buitenste ‘ doppies’  van koringkorrels – totaal onverteerbaar – werk net soos ‘n besem in jou derm…).

Navorsers uit Sydney vra tereg:  is dit nie tyd dat die aanbeveling dat mense hoë vesel items moet kies, onder die soeklik geplaas word nie?

Die rede – veselinname – veral ‘ ru-vesel’ – is geassosieer met verhoogde inname van PHYTATE. Phytate ‘blokkeer’  in die liggaam die opname van onder ander zink en kalsium en yster en kan selfs ‘n effek op vitamiene B3 of niasien hê. So? Wonder jy? Wat het dit te doen met ‘my midrif’ te doen en hoe gaan jy jou derm gereeld hou sonder elke oggend se ‘ regmaker’ –bakkie pap?

Daar’s ander maniere.  En die potensiële nadele van ‘ te veel’ ru-vesel moet oorweeg word.

Zink is van kardinale belang vir die produksie van insulien in die liggaam – wat bloedsuiker stabiel hou. Dit is ook wel bekend dat mense met insulien-weerstandigheid en diabetes geneig is tot lae Zink vlakke. Ouer mense lei ook maklik aan ‘n onderliggende sink-gebrek – wat bv. hulle smaak aantas. Zink speel ook ‘n belangrik rol in energie-metabolisme in die lewer en sonder genoeg zink is jou immuunstelsel maar effentjies. Jou hormone lei ook onder ‘n zink-tekort. Zink is belangrik vir ‘n mooi vel, genesing van seertjies en speel ‘n groot rol in dermgesondheid. Onthou  – ‘n ‘ongesonde’ derm is nie altemit die oorsaak van baie gesondheidskwale is nie.

Die probleem – dis moeilik om ‘n zink-gebrek te identifiseer en te diagnoseer maar veral waar mense staatmaak op grane as basis van hulle dieet, weet voedingkundiges dat zinkgebrek algemeen is.

Dit is ook nie onmoontlik dat onderliggende sink gebrek ‘n rol speel in JOU midrif of jou kind se aknee-vel-stryd nie.

Onthou – dit gaan nie daaroor dat jy NIE moet vesel inneem nie. Nee – wat wel moet gebeur is dat mens bietjie moet kyk na die ‘bronne’  van jou vesel inname en NIE net op een of twee items moet staatmaak om dit in te kry nie.

Variasie in jou voedselkeuse sal verseker dat jy nie deur jou ‘elke dag dieselfde’  patroon eintlik jouself in ‘n ‘wanvoeding –van soorte’  in eet nie.

Wanneer jy dus genoegsame groente, vrugte, soms peulgroente, soms bruinrys, neute, sade eet, kry jy steeds genoegsaam vesel in. Die verskil – jy kry ook genoegsame bronne van ZINK (en ander belangrike minerale soos magnesium en kalsium). Jogurt, Kefir en kaas voorsien baie beskikbare bronne van zink.

Daar’s ongelukkig min wegkomkans – gesondeet is glad nie so ‘eenvoudig’  soos die prentjies op die pakkies nie…Al meer en meer is die bewyse dat daar geen ‘maklike’  kortpaaie is nie. Stel jy belang in beter-eet? Like gerus facebook/bettereat…wenke vir elke dag se beter koskeuse met ‘ware’  gesondheid in gedagte…

Lees gerus meer op www.betereet.co.za en wenke vir beter, skoner tog lekker koskeuses op facebook/bettereat.

Mariza van Zyl RDKliniese Geregistreerde Dieetkundige

BeterEet Voeding en Voedsel Konsult

www.betereet.co.za

Mariza

* LEES AL MARIZA SE DIEET-BLOGS HIER