sarie_0042
Dieet

Dieetkundige Mariza blog: Jou lyf en suur

By die dokter is ‘te veel suur soms gelyk aan die ongemaklike diagnose van jig of dan ‘n maagseer of sooibrand. Dit is seer, maar nie lewensbedreigend nie.

Te veel suur kan egter gróót moeilikheid spel. By baie, baie siek mense kan te veel suur (of die wanbalans tussen suur en alkalie) lewensgevaarlik wees.

Vir my en jou?

Die dag tot dag simptome van te veel/te min suur is baie minder uitgesproke. Mense ‘voel’  dikwels vir jare ‘suur’ – kry nooit antwoorde want die aard van die simptome pas nie ‘n stel mediese erkenbare simptome nie. Die hele kwessie word dus afgemaak as ‘minder ernstig’.

Verkeerd. Jou lyf se suurvlak, of dan liewer suur- en alkaliese balans vertel ‘n eie verhaal. Sommige mense weet sommer intuïtief dinge is nie lekker nie. Sommige mense loop maar so rond – dink dis normaal.

As mens egter nie luister vir jou liggaam se fluister nie, begin hy skree: gewrigte wat stram is, of ‘n bietjie van ‘n brand in die badkamer gewoontes, of ‘n merkie waar die horlosie se gespe of ‘n onegte metaal teen jou vel was. Of jou maag voel allewig suur – veral nadat jy sekere dinge geëet het. Tande wat swak en vol vulsels is, en ag nee, daar’s altyd nog ‘n gaatjie…

Een van die pioniers wat die kwessie van die balans tussen te veel te min suur in die liggaam in detail bestudeer het, was ‘n Amerikaanse biochemikus. Vir sy detail werk is hy verskeie kere deur die mediese kaders van sy tyd in die tronk laat stop. Dis so ongeveer 40 jaar gelede.

Vandag is dit steeds ‘n onderwerp wat maar stief behandel word, totdat mense beleef hoe dinge in hulle liggame verander as hulle ‘meer in balans’ is.

HOE SAL JY WEET?

Dis nie so maklike vraag om te antwoord nie. Subtiele simptome soos trae metabolisme, spysverteringsongemak, winderigheid, tamheid, irriteerbaarheid, onvermoë om te ontspan en moontlik selfs lekker te slaap, gewigmoeilikheid, jeuk en kwessies in jou onderstel kan alles stukkies wees van die liggaam se legkaart wat die ‘suur’ prentjie skets.

Dit help nie mens toets sommer met ‘n goedkoop apteek papiertjie jou speeksel nie…Help ook nie jy toets jou bloed se suurvlak nie, teen die tyd wat dit té suur is, is jy al op pad ICU toe.

Nou hoekom vertel ek jou dit? Vir jou wat miskien net so bietjie ‘af’ voel nou en dan? Wat help dit ek stel die probleem – maar gee geen oplossing nie?

2 REDES: 

  1. Ek kan nie. Dan gaan dit ‘n boek en nie ‘n blog wees nie.
  2. Elke ou is anders en daar is ‘n verskil tussen dieetterapie en dieet. Dieetterapie kyk na die individu. Sy metabolisme. Sy voedingstatus. Sy geskiedenis. Sy simptome. Dieselfde kan ongelukkig nie gesê word van ‘n ‘dieet’ wat uit die laai gehaal word, die jongste lae koolhidraat-craze, n Lae vet, lae-GI, lae-suiker-dieet wat álmal kan maarmaak nie.

WENKE

Álmal kan ‘n paar goedjies doen, ‘n paar goedjies eet, ‘n paar goedjies drink om die suur aan te spreek, maar net hulle lywe in die algemeen nie so erg te martel nie. Miskien ietsie om aan te pak in die komende ‘vakansie-tyd’ wanneer jy miskien 5 minute meer het want die verkeer is nie so dik nie ….

As jy ‘n baie druk roetine het, altyd gejaagd is en veel meer op jou bord het as wat jy eintlik kan hanteer, is jou kans goed dat jou lyf verseker geneig kan wees om suur te wees.

Hierdie Betereet-rate gaan jou nie noodwendig reghelp nie – maar sal al bietjie help.

  1. Oppas vir ‘n dieetpatroon wat alle koolhidrate uitskakel.
  2. Maak ‘n punt daarvan om jou dag te begin hierdie roetine: Sap van ½ suurlemoen (vars uitgedruk). In bietjie water of rooibostee.
  3. Sorg dat jy elke dag van jou lewe ten minste 30 – 40 g rou neute eet, verkieslik amandels, pekaneute of selfs macadamia – of ‘n mengsel van neute. Stadig met die grondbone, kasjoeneute en geroosterde neute.

As jou liggaam al kliphard gil, ek’s suur! Kry kundige advies.

Nog hulp op www.betereet.co.za

  • agnes

    ek het n rukkie terug my acid getoets met papierstrokies by n vriendin gekry het dit was onder n 5.1 gewees sy se dit moet hoer wees is dit reg Mariza jy kan my inlig baie dankie

  • Suzanne de Wet

    Hello Mariza, ek het jou al op RSG gehoor raad gee. Presies hoe gaan ek te werk om wel die suurbalans storie uit te sorteer? Ek het wel die vlg simptome " trae metabolisme, tamheid, irriteerbaarheid, onvermoë om te ontspan en moontlik selfs lekker te slaap, gewigmoeilikheid, jeuk en kwessies in jou onderstel" Ek het al effektief 45kg gewig verloor – was 150kg, nou 105, eintlik 104.3, maar ook met die besef vir elke keer wat ek kg’me optel en weer verloor het ek ver meer as die 45kg verloor. Ek is baie fiks, doen Pilates en is gek oor my hoe energie Zumba. My dokter is ERG beindruk met mt suursrof stats ens. Ons was in Mrt/Apr by ons dogter in Singapore en daar het ‘n interessante ding gebeur. Ons het ongelooflik baie gestap, basies geeet wat ons wou, nie gewig opgetel nie, maar sentimeters verloor en gewig prersies dieselfde as voor gaan. Ek volg in die Lae GI eetwyse sover moontlik – my man is ‘n diabeet en hierop het sy suiker binne 2 weke gestabiliseer. Ook al baie kreatief geraak met interessante kombinasies kos! Ek hou glad nie meer van vetterige/te soet kos nie. My buurvrou kla ek maak nie ordentlike poedings nie! Ek is gek oor vrugte, lief om vel-af hoenderborsies resepte te doen. Ek het ‘n vermoede dat suiwel vir my liggaam ‘n probleem is – al eet ek hoe gesond, as daar te veel suiwel al is dit vetvry, by is, verloor ek nie. Ek is ook baie gek oor vis, geen probleem met gestoomde vis nie. 58jaar jonk! Baie dankie vir u tyd.

  • Magda Haasbroek

    Hi Mariza ek wil graag iets by jou uitvind. My pa het ‘n groot suur probleem en drink elke dag van sy lewe puricos. Nou het iemand vir hom gesê dat hy nie meer rooibos tee moet drink nie want dit veroorsaak ook suur. Ek het nog nooit gehoor dat rooibostee suur veroorsaak nie, is dit so?

  • Magda

    Mariza
    Ek sukkel regtig met pyn, soms in gewrigte , seer en so styf byv. kniee dat ek moelik loop, dan is dit weer in my arms en skouers dat ek sukkel om my arms bo my kop te kry, pynpille en spierverslappers en smere help niks. Nou hoor ek dit kan suur wees?? Wat is jou opinie. My ouderdom , 44, gewig 58 . As pyn in hande, word dit soms rooi op die seer deel?