Patat-en-lensiekerriesop
FOTO: Donna Lewis
SARIE KOS JUN/JUL 2014

Patat-en-lensiekerriesop FOTO: Donna Lewis SARIE KOS JUN/JUL 2014

Dieet

Jou tweede maklike wenk vir ‘n winter-dieet

Eers die slegte nuus: Die gemiddelde mens sit van ’n halwe tot 1 kg gewig per jaar aan.

Die goeie nuus? Jy kan dit voorkom as jy elke dag net 400 kJ minder inneem. As jy gewig wil verloor, moet jy 1 000 kJ per dag uit jou dieet sny.

Maar dit gaan al hoe meer oor wát jy eet, en nie net hoeveel jy eet nie, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl.

Hier is goeie gewoontes waarmee jy hierdie winter gewig kan afskud, sonder dat jy ’n ingewikkelde dieet hoef te volg.

SARIE.com gaan elke dag vir die volgende paar weke ’n dieetwenk uit ons argief deel. Hier’s die tweede een! 

(Lees die eerste wenk HIER)

Superkosse

Sommige studies toon “warm” gekruide kos (soos kerrie) kan jou metabolisme sowat ‘n halfuur lank met 20% versnel. En ‘n klein studie met Japannese vroue het gewys rissiepeper maak jou metabolisme ná ‘n maaltyd vinniger. Des te meer as dit saam met kos geëet word wat hoog in vet is.

In nog ‘n studie het manlike atlete rooipeper oor koolhidraatryke kosse gestrooi. Hul metaboliese tempo was 30 minute daarna hoër. Daar is egter nie bewyse dat dit langer as ‘n halfuur ‘n uitwerking het nie.

Maar jy kan ook met ander speserye laat waai. Dit kan help dat jy jou nie ooreet nie, aldus navorsing twee jaar gelede vir die Amerikaanse endokrienvereniging.

Oorgewig mense wat hul kos daarmee besprinkel, het gemiddeld 14 kg meer in 6 maande verloor, teenoor ‘n kontrolegroep se 2 kg. Volgens Mariza help geurmiddels boonop dat dieetkos nie vervelig raak nie.