Dieet jy? Los die kougom.

Dieet jy? En kou jy daarom aanmekaar kougom? Wat jy nie besef nie, is dat dit jou nog hongerder maak

Want as jy kou, word seine na jou brein toe gestuur dat kos op pad is. Jou maag skei dan sappe af - en dis ongesond as dit leeg is. Die uiteinde? Jy voel net nog hongerder.

Dalk kou jy kougom omdat jou asem weens jou dieet nie vars is nie. Of omdat jy 'n snaakse smaak in jou mond het. Jou dieet is dan te streng of jy eet ongereeld. Ketone (chemiese stowwe wat in jou liggaam vorm as jou bloedsuiker laag is), veroorsaak dat jou asem suur ruik. Die ketone vertel 'n storie: Jou liggaam is besig om spiere af te breek -- en nie vet nie.

Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za

 

Verwante artikels