Dieet

Dieetkundige Mariza: “Depressie. Siekte van ons tyd?”

Depressie-seisoen is weliswaar moontlik minder kwaai in sonnige Suid-Afrika as by ons broers en susters wat verder noord of heelwat meer suid bly, maar ons spring dit vir seker nie vry nie. Probeer maar ‘n dringende afspraak by ‘n psigiater kry…

Wanneer jy een gekry het, sal jy heel waarskynlik by die kaders aansluit wat in die koue buite groot geboue staan om ‘n dun snytjie van die wintersonnetjiekoek te kry voor jy verder sloof.

Glo is die vraag wat deesdae gevra word in hierdie kringetjies nie óf jy ‘n antidepressant gebruik nie, maar wátter antidepressant jy gebruik. Depressie? Die op en af van die lewe?

Wat op aarde het dit met voeding te doen? (Behalwe natuurlik dat ‘n paar wenke om die groot soet- of soutlus in die nag ensovoorts te bekamp seker altyd kan help.)

Oor die kwessie van depressie is dit die moeite werd om dié artikel in die koerant te lees… (http://www.dieburger.com/By/Nuus/Wie-noem-jy-nou-siek-20120714).

Oor wat voeding met depressie te doen het? Nou ja.

Voor ek gestenig of oor die vingers getik word deur my geagte kollegas, ek het dit glad nie ten doel om te sê jy kan depressie weg-eet nie (al voel dit soms vir baie mense so).

Waarvoor ek wel bereid is om my kruis te dra, is dat heeltemal te min aandag gegee word aan die rol wat voedingstowwe (en baie verskillende voedingstowwe) speel in die funksie van die brein en die vermoë wat mens dan het om ‘goed’ te voel.

Jy’s chronies moeg. ‘n Tipiese ‘simptoom’ van depressie. Jy sleep jouself vorentoe. As jy ‘n vrou is, óf die afgelope 5 jaar kinders gehad het, óf hard probeer om gesond te eet en meestal hoenderborsies koop, is die kans goed dat jou ysterstore laag is. Dit sal jou dodelik moeg en lusteloos laat voel en jy sal dink jy wil gaan oefen, maar die ‘lus’ sal net nie daar wees nie…

Jy kan nie slaap nie. Het jy geweet dat magnesium ‘n direkte invloed het op die breinfunksie en kwessies soos slaap, konsentrasie en jou vermoë om te reageer? Ja, jy gebruik dalk ‘n aanvuller, maar is dit die regte ‘vorm’? Dis bietjie moeilik om te weet of jy te min in jou lyf het, want bloedtoetse vir magnesiumvlakke is nie baie akkuraat nie. Waarvan moet jy meer eet? Nie so maklik in vandag se lewe nie (probeer gerus die magnesiumbom-broodjie op www.betereet.co.za).

Jy raak verskriklik gou kwaad en kan jouself nie beheer nie. Dit is dikwels ‘n direkte gevolg van die irritasie a.g.v. bloedsuikervlakke wat wipplank ry. Vra jouself: hoe ‘low GI’ is daardie brood rêrig? Hy’s spierwit? As jy meer as een ete per dag brood eet, staatmaak op gesondheidsmuffins, kraakbeskuitjies en kitsontbytpap om jou deur jou oorhaastige dag te help, of maaltye oorslaan, is jou kans op bloedsuikerrondomtalie – nie net wipplank nie – uitstekend!

Daar’s ‘n ellelange lys van voedingstowwe – en ook genoeg bewyse oor waar en hoe dié voedingstowwe ‘n rol speel in die produksie van die allerbelangrike neuro-oordragstowwe of breinchemie. Hierdie onsigbare deeltjies is nodig om jou vrolik, rustig, soms ontspanne, soms aan die gang, versadig sonder om te ooreet, vaak-as-dit-slaaptyd en wakker-as-dit-werktyd is te hou. Net soos ALLE ander funksies in die liggaam, is funksies in die brein (o.a. die produksie van breinchemikalieë) afhanklik van boustene. Watter boustene?

Boustene wat van kos af kom. Dus voedingstowwe. Nee, nie net vitamiene nie. Ook minerale, vette en aminosure (die boustene van proteïene).

Dis feit. Dié broodnodige voedingstowwe ontbreek dikwels in mense se dieet.

Die hartseer: Daar’s ‘n gebrek (excuse the pun!) aan erkenning – wat selfs grens aan miskenning. Voedingstowwe word gesien as ekstra. Dit ten spyte van die feit dat GEEN liggaamsdeel – ook die brein – optimaal kan funksioneer sonder GENOEG van die regte voedingstof-boustene nie.

Die voorskrif vir pille sonder ‘n voorskrif vir voedinggesondheid, nou dít maak my depressief.

  • Kyousueke

    Mein Lieblingsrestaurant – oder was GIS und Pizzabacken gemeinsam haben!Wir, meine Familie und Kollegen haben ein exlleezntes italienisches Restaurant inkl. Pizzeria bei uns im Nachbarort!Die haben wir eher per Zufall gefunden, waren von Beginn an sehr angetan, insbesondere von der Kfcche. Bisher hatten wir die Erfahrung gemacht, dass die Qualite4t der Kfcche in der Gastronomie mit den Jahren stetig abnimmt.Nicht so in unserem Restaurant: Der Koch und seine Mannschaft nehmen gerne unsere Ideen auf und so sind wir und andere Ge4ste seit Jahren sehr zufrieden.Ich vergadf zu bemerken, dass die Pizzeria „Rolfonso e Gabriella Ludici“ verschiedene Servicetrupps hat, leider auch mit unterschiedlicher Qualite4t, allerdings mit guter Werbung und sehr guten Marketingideen. So haben wir eine „Flatrate“ bei Rodolfo gebucht, die uns bis zu 4 Restaurantbesuche pro Monat ohne zuse4tzliche Kosten garantiert.Eines Tages wurde verkfcndet, dass sich Servicechef Rodolfo und Teile seines Personals von der Kfcchenmannschaft trennen werden. Gute und beliebte Servicekre4fte hatten sich in letzter Zeit bereits von Rodolfo verabschiedet. Rodolfo ist der Ansicht, die besseren Pizzen machen zu kf6nnen.Rodolfo und Gabriella erf6ffnen nun Mitte des Jahres gegenfcber unserem Lieblingsrestaurant ihr eigenes Restaurant als Franchise-Nehmer einer grodfen amerikanischen Pizza-Kette!Unser Lieblingsrestaurant heidft nun nicht mehr „Rolfonso et Gabriella Ludici“. „Bubelino CAIGOSO“ ist zwar kein so schf6ner Name und bisher wenig bekannt. Das Essen aber ist nach wie vor ausgezeichnet; die bekannten Servicekre4fte sind noch engagierter und freundlicher, so dass die Trennung aus unserer Sicht – die wir gutes Essen und guten Service wollen – eine gute Sache ist.Rodolfo und Gabriella waren doch glatt der Ansicht, dass wir und andere Stammge4ste auch weiterhin gerne und noch he4ufiger Ihren Service in Anspruch nehmen werden.Wir haben unsere Flatrate auf „Bubelino CAIGOSO“ umschreiben lassen und geniedfen seitdem das Essen, den Service und die Abende noch intensiver.