Dieet

Dieetkundige Mariza blog: Is jy ‘n styselslaaf en brood jou dood?

Jy lief brood en stysel – nee – dis jou -en jou BeterEet™ voornemens se dood?

Ja – maar ek probeer elke dag ‘die regte’ keuse maak – koop die een wat gemerk is ‘LOW GI’?

Eintlik smag jy na die dik sny vars gebakte brood, met die botter wat sommer so smelt teen die kante af. Moontlik is dit eerder ‘n versugting na die tyd toe jy sonder skuldgevoel die lekkerte kon geniet. Toe jy vry was om te kies?

Lekker sit ook grootliks in ons kop. Nee – ek bedoel nie dis jou verbeelding nie – glad nie.

Onthou – die ‘lekker’wat ons beleef., die assosiasies wat ons vorm,  gaan gepaard met afskeiding van sekere chemiese stowwe. Die brein-chemiese effek van kos is vergelykbaar met die effek van verslawende dwelmmiddels soos morfien, opium en kokaïene. Ja-mens kan ‘verslaaf’ wees aan stysel – soos brood. Net soos mens verslaaf kan wees aan rook.

Daarom, miskien, is dit so moeilik om dit af te sweer. Die porsies te beheer. Die lus te tem en getem te hou. Daarom is dit so dikwels die einde van die ‘dieet’ – die dood vir brood.

Ongelukkig is dit feit dat sommige mense ook net soveel meer ‘sensitief’ is vir stysel. Die redes hiervoor is legio – jou gene, leptienweerstandigheid, insulienweerstandigheid, onaktiwiteit.

As jy een van hierdie ‘toestande’ het, het hy nie net ‘kop-lus’ vir brood nie – maar ook LYFLUS. Jou selle is honger want hulle kan nie die stysel-energie optimaal gebruik nie.

Jou kapasiteit om stysel te kan ‘verwerk’ is net meer beperk. 55% koolhidrate, 3 snye brood per dag en ‘maak styselkosse deel van elke maaltyd’  NET NIE vir almal werk nie!

Die debat oor ‘ hoeveel’  ten spyt – dít staan egter vir my soos ‘n paal bo water:

Die oorgrote meerderheid van stysel en brood wat mense vandag eet is VERFYND.

Ongeag die feilbare GI-waarde, is ons styselkosse meesal meer gekonsentreerde bronne van koolhidrate as die ‘onverwerkte, onverfynde opsies.

Verfyning lei gewoontlik tot ‘n situasie van ‘ verhoogde’  styselkonsentrasie – tesame met verminderde voedingstowwe. Jou porsie is welliswaar ‘klein’,  maar jy kry meer in in vergelyking met die ‘onverfynde’ opsie.

Dit het nie net te doen met die hoeveelheid energie in die porsie nie – maar ook met die effek van KOU – wat jou dwing om STADIGER te eet – en dus jou maag ‘n kansie gee om  die boodskap brein toe te stuur dat jy genoeg gehad het.

Die klits – is dus deels in die kits. KITSKOOK styselopsies – hawermout, maltabella-pap, mieliepap. Kitsontbytgraan en brood wat so sag is dat jy dit nie eers hoef te kou nie…

Jy eet welliswaar net ‘n ½ koppie – maar die hoeveelheid koolhidrate is meer – bloot omdat die ‘deeltjies’kleiner is. Jy verloor ook die voordeel daarvan dat jou lyf so bietjie moet ‘WERK’ om die stysel uit die kos uit te ‘ontrek’. (SIEN BLOG oor die dood van KONING KALORIE).

Kan nie wees nie? Jy eet mos ‘volgraan’-brood? Eet hoë – vesel ontbytgraan? Verkeerd. Dit is ook ‘n ‘verfynde, verwerkte produk. Verwerk tot in die kleinste ‘deeltjies’- en dan weer bymekaar gesit om ‘n ‘gewenste’ samestelling te hê. Soek maar – jy moet omtrent ‘n jagtog op tou sit om ‘n brood op te spoor sonder preserveermiddels wat gebak is met meel wat gewoon net gemaal is.

Alle stysel is nie sleg nie en nie ewe ‘sleg’ vir almal nie. Dit is eerder ‘n kwessie van die ‘vorm’ waarin jy die stysel gaan eet.  As jou arme lyf al moeg mishandel is,  kan jy hom help herstel deur – al is dit tydelik – die verfynde stysel – heeltemal te verban. Miskien alle stysel.

Dit sal ook lei tot die dood van die lus vir brood!

Wat eek jy in die plek daarvan? Sien gerus die inkopielysie vir SARIE en BeterEet™ se 1 nommerkleiner projek en kry op facebook/bettereat daagliks  wenke om dit makliker en lekkerder te maak om beter te eet.

Lees gerus meer oor KONING KALORIE en sy handlanger KILOJOULE op www.betereet.co.za

Mariza van Zyl RD

Kliniese Geregistreerde Dieetkundige

(Nota: Mense moet skildklierprobleme moet liefs vermy om rou brokkoli, blomkool en Brusselse spruite te eet).

* Lees nóg blogs deur Mariza hier.

[box:full:red:both]

GROOT NUUS!

Ons daag jou uit om saam met sarie.com en Bettereat ‘n spesiale 6-week-leefstylplan te volg. Dié plan is spesiaal deur ons dieetkundige, Mariza van Zyl, ontwerp en gaan sorg dat jy beslis een nommer kleiner is! Pas dan jou nuwe lyf in pragtige ontwerpersklere uit ons winkel as jy klere ter waarde van R2500 kan WEN!

Klik hier vir al die inligting

[/box]