sr0906osteoporose07
Dieet

Melk as dieetkos

Het jy al dié een gehoor? Melk maak vet. Dit dra by tot slymvorming en vererger jou sinusprobleem. Jy behoort net vetvrye melk te drink – en ‘n mens sukkel om dít in jou keel af te kry.

Maar melk is nie net tops omdat dit baie kalsium bevat nie. Dit kan jou ook help om gewig te verloor. En dit maak nie saak of dit laevet of vetvry is nie. In Amerikaanse navorsing het twee groepe mense dieselfde dieet gevolg. Die een groep het egter laevet melk gedrink, die ander groep vetvryes. Die tweede groep het nie meer gewig verloor nie.  

Australiese navorsing, weer, wys melk saam met jou kos laat jou versadig voel en dus eet jy met die volgende maaltyd minder. Dis nou in vergelyking met vrugtesap saam met jou kos.

Hoe gemaak as jy sensitief is daarvoor? Voor jy suiwel summier uit jou dieet sny, vind uit of jy sensitief is vir melk of vir alles in dié kosgroep. Soek dan toepaslike alternatiewe.

Nog melkfeite

*Kies liefs melk wat nie rBST (hormone) het nie (bv. Woolworths of Clover s’n). Só is jou eetgewoontes meer ”groen” en dierevriendelik.

*Vars of langlewe melk? Dit maak nie saak nie. Langlewe-melk verteer egter makliker.

*Drink eerder melk as koeldrank. Meng vrugtesap en melk vir kinders. Bessiesap maak melk bv. prettig pienk.

*As jy lus vir iets soets en lekkers is: Drink ‘n beker warm melk met twee blokkies gesmelte donker sjokolade, of ‘n teelepel heuning en ‘n stukkie pypkaneel. Dit sal jou níé vet maak nie.

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), raadgewende dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek www.betereet.co.za vir nog lekker, maar gesonde wenke.