FOTO: Instagram  @nadiael_khoury

FOTO: Instagram @nadiael_khoury

Dieet

Mite: Eet soveel vet soos wat jy wil en word maer

Dieetkundige Mariza van Zyl sê: “Nee. Dit hang van jou genetiese samestelling af. Jy val dalk in die groep wat meer seekos en olyfolie moet eet. En kan dan ’n groter boep kry as jy te veel versadigde vette eet. Of jy moet dalk oplet na hoeveel vet jy eet en nie net die soort nie.

As ’n hoëvet-dieet dus nie vir jou gewerk het nie: Moenie in sak en as sit nie. Jou metabolisme is so uniek soos jou vingerafdruk. En om maer te wees is nie die enigste maatstaf van gesondheid nie, sê Mariza.”

In ’n neutedop

  • Kies sover moontlik koud-verwerkte/geparste/vervaardigde olies. Jou tweede keuse is kanola- olie sonder preserveermiddels.
  • Gebruik ’n verskeidenheid vette – soos klapper, botter, avokado, neute en sade.
  • Vermy verwerkte vette wat ryk is aan omega 6, soos sonneblomolie en margarien.
  • Kies grasvoer-diere of Karoo-lam. Sny die vet van voerkraal-diere af, of maak dit gaar met baie roosmaryn, wat anti-inflammatories is.
  • Eet meer vetterige vis soos sardiens en selfs stokvis.
  • Eet elke dag minstens ’n hand vol rou neute en/of avokado (1⁄2 – 1 klein).
    Bron: Mariza van Zyl