000063713
Dieet

Lae vet, lae GI dalk nie die antwoord op jou gewigsprobleem . . .

‘n Lae GI-dieet wat uit min vet en baie koolhidrate bestaan, word mos as die antwoord op al jou gewigsprobleme voorgehou. Kundiges in die mediese en voedingsveld spreek hulle dan ook dikwels skerp uit teen enige ander benadering om gewig te verloor.

Maar al hoe meer navorsing wys een resep werk nie vir almal nie. Dit word deur ‘n onlangse studie (gepubliseer in die Journal of Nutrition, Maart 2009) onderstreep. Een groep was op ‘n tipiese dieet wat deesdae gewild is – min vet en baie koolhidrate. Die tweede groep se dieet het weer baie minder koolhidrate en meer proteïene bevat. GI het nie by enigeen ‘n rol gespeel nie. Die tweede groep het nie net meer gewig verloor nie, hul cholesterolvlakke was ook beter. By albei groepe was die terugvoer van ‘n geregistreerde dieetkundige egter belangrik om te verseker dat hulle die dieet se riglyne volg.

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.