Spesiaal vir jou! 'n Ná Kersfees-eetplan
Foto’s: Donna Lewis Galery
Verloor die Kersfees-vetjies in net 10 dae.
Hier's die oplossing om die feestyd te geniet sonder om agterna ronder te wees - 'n spesiale dieet na Kersfees soos saamgestel deur geregistreerde dieetkundige, Martie de Wet.
| DAG 1 | DAG 2 | DAG 3 |
| ONTBYT | ONTBYT | ONTBYT |
| •½ k. gaar hawermout •5 pruime, geweek in water •1 e. gemengde sade |
Omelet met roerbraai •2 eiers vir omelet •½ k. elk rooi en geel soetrissie, gekerf •½ k. sampioene • roerbraai groente en vou toe in omelet • 1 sny koringvrye rogbrood |
Appel-en-amandelpap • 2 appels, geskil en gekerf •1 e. hawermout-semels (oat bran) •2 e. amandels, gekerf • sap van 1 suurlemoen en 1 lemoen, knippie neutmuskaat en heuning (meng alles saam in voedselverwerker) |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| •2 Ryvitas •2 e. maaskaas • 3 skyfies tamatie, ¼ komkommer |
•½ k. vrugteslaai • 100 ml vetvrye jogurt |
•½ k. vrugteslaai • 100 ml vetvrye jogurt |
| MIDDAGETE | MIDDAGETE | MIDDAGETE |
| Tunaslaai •½ k. gaar rys •½blik tuna in water • 2 k. gekerfde tamatie, blaarslaai, komkommer, sprietuie, soetrissie en 3 pynappelskywe in blokkies gesny •2 e. laevet-mayonnaise of laevet-slaaisous |
Wortel-en-beetslaai •½ k. gaar koeskoes Rooster 2 medium-wortels en 2 klein bete (kook eers vir ’n rukkie) saam met speserye, 1 t. olyfolie en ’n ½ t. knoffelvlokkies. Meng alles met blaarslaai, 1 e. lemoensap en 1e. balsemasyn. Meng ’n derde van ’n wiel fetakaas in en rasper 1 e. mozzarella oor. |
•3 baba-aartappels • 1/3 k. bone in tamatiesous •2 dun skyfies koue kalkoen • sampioene, tamatie, murgpampoentjie en ui, gebraai in 1 e. olyfolie (meng alles saam en eet as slaai) |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| •1 medium-vrug • 100 ml vetvrye jogurt |
• 6 skywe gedroogde mango • 30 g volstruisbiltong |
•2 Ryvitas •3 dun skyfies mozzarella-kaas |
| AANDETE | AANDETE | AANDETE |
| Hoender-en-mango-slaai • 1 (120 g) hoenderborsie (vel verwyder), gerooster en in repies gesny •½mango, in blokkies gesny (behou mango se sap) • 1 k. roket • 1 k. blaarslaai •½ k. murgpampoentjie, in dun repies gesny • 1 k. sprietuie, rooi soetrissie, ertjies en koljanderblare • meng 1 e. olyfolie met sap van ’n lemmetjie en sap van mango en gebruik as slaaisous |
• 160 g visfilette, gerooster en gegeur met speserye •½ k. ertjies • 2 k. mengelslaai met vry groente van jou keuse |
• 120 g volstruisfilet •½ k.oondgeroosterde patat en botterskorsie • 1 k. groenbone, saam met tamatie en ui gestoom |
| DAG 4 | DAG 5 |
| ONTBYT | ONTBYT |
| •¼ k. gewone Pronutro (koringvry) • ½ k. vetvrye melk •1 medium-vrug |
Vrugteslaai • 1¼ k. aarbeie en 1 piesang of 1 k. vrugteslaai • 175 ml ongegeurde jogurt • sprinkel 1 e. neute oor (jy kan ook ‘n smoothie hiervan maak) |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| • 1 appel •1 e. neute |
•3 hawermout-kraakbeskuitjies •¼ avokado • roketblare en tamatie, soveel soos jy wil |
| MIDDAGETE | MIDDAGETE |
| • 90 g salm (geblik of vars) •½ k. mielies • 2 k. gekerfde wortel, aspersie, tamatie, sampioene • 2 k. gemengde slaaiblare •1 e. olyfolie en 1 e. balsemasyn vir slaaisous |
•1 geroosterde hoendersosatie •1 mediumgroot geroosterde patat – 80 g (draai in foelie toe en rooster in oond vir 30 min. of tot gaar) Broccoli-slaai •½ k. gekookte broccoli en ½ k. blomkool (laat afkoel en meng met kersietamaties, rooi en geel soetrissie en agurkie) • maak slaaisous met 1 e. olyfolie, sout, knoffel en suurlemoensap |
| TUSSENHAPPIE | TUSSENHAPPIE |
| • 1 sny koringvrye rogbrood •1 e. grondboontjiebotter |
•1 medium-vrug • 30 g laevet-kaas |
| AANDETE | AANDETE |
| Hoender-roerbraai • 90 g hoender, in repies gesny •½ k. kekerertjies • 2 – 3 k. roerbraaigroente •1 e. olie vir bereiding |
Quiche • braai ¼ k. sampioene, 1 klein ui, 1 soetrissie, hand vol kersietamaties en ¼ k. spinasie in 1 e. olyfolie tot gaar • klits 2 eiers en 80 ml laevet-melk en gooi oor groente • strooi 2 e. mozzarella-kaas oor en bak in oond vir 30 min. of tot gaar •1½ k. mengelslaai met 1 e. slaaisous |
Slim wenke
• Probeer elke dag 30 tot 40 min. oefen.
• Gebruik sover jy kan produkte wat so min moontlik verwerk is.
• Begin die dag met ’n beker warm water en vars suurlemoensap of kruietee sonder melk en suiker.
• Hou by gereelde etes en peusel aan vry groentes (bl. 158) as jy honger voel. Die goue reël is om nooit honger te voel nie. Gereelde maaltye sal jou metabolisme aan die gang hou en ook verseker dat jou bloedsuikervlakke nie rondspring nie. Só beheer jy jou aptyt.
Om te weet
“Dis maklik om van die Regruk-eetplan ’n leefwyse te maak,” sê Martie. “Jy kan stelselmatig van die dinge wat uitgesny is, soos alkohol of koffie, begin terugsit, hoewel jy dit altyd wys moet gebruik. Beperk alkohol tot nie meer as vier drankies per week nie, en probeer om nie meer as drie tot vier koppies koffie per dag te drink nie. Wees steeds versigtig met suiker en probeer steeds wegbly van versoete koeldranke en selfs vrugtesap. “As ’n leefwyse kan jy ook jou etes aanpas deur jou bord in die helfte te deel – die een helfte
moet hoofsaaklik uit groente of slaai bestaan. In die ander helfte kom jou stysel, wat nie groter as ’n vuisgrootte moet wees nie, en jou vleis, hoender en vis wat min of meer so groot soos die palm van jou hand moet wees. (Visporsies kan ’n bietjie groter wees.)
Type or paste here.
Vry groentes is
• aspersies • broccoli • Brusselse spruite • kool • blomkool • eiervrug • vlapampoentjies • groenbone • murgpampoentjies • komkommer • eiervrug • rooi, geel of groen soetrissie • blaarslaai • sampioene • pietersielie • radyse • spinasie • sprietuie • tamaties • beet • wortels
Ontgif só
Sluit die volgende uit die dieet om gifstowwe uit te skakel en vertering te vergemaklik:
• Koring en koringprodukte.
• Koffie, tee en kola-drankies, aangesien dit kafeïen bevat.
• Alkohol.
• Vermy suiker, suikerbevattende produkte en ook kunsmatige versoeters.
• Gaskoeldrank.
• Wegneemetes en gebraaide kos of geregte hoog in vet (lees etikette vir 5 g of minder per 100 g).
• Beperk rooivleis in hierdie 10 dae tot die minimum.
• Gebruik min sout gedurende die gaarmaak van kosse en aan tafel. Eksperimenteer wel met speserye.
Martie de Wet: 011 475 7992 of 083 274 7807 - of stuur 'n e-pos na martiedewet@live.co.za
Verwante artikels
-
Bertha se 10 dieetreëls vir élke dag
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 15
Sy't al 'n volle 18 kg verloor! In die September-uitgawe het SARIE haar modewenke gegee vir haar nuwe lyf. Nou deel sy haar 10 eetreëls vir élke dag eksklusief met sarie.com-gebruikers
-
Die Porsie-eetplan: Porsiegroottes van verskillende voedselgroepe
SARIE - September 2005 | Kommentaar: 7
Wat is 'n porsie en hoe lyk die porsiegroottes van die verskillende voedselgroepe?
-
Franci Swanepoel se dieet: Dag 1 - 3
SARIE September 2010 | Kommentaar: 8
Franci Swanepoel, Binneland Sub Judice se Toeks, was voorheen ’n ‘reeks-diëter’, maar dié keer wil sy al haar ‘vet’ klere weggooi. Boonop het sy ’n nuwe lus vir haar werk en die lewe. Kry dag 1 tot 3 van haar dieet hier.
-
Jy en jou cravings - dieetkundiges gee raad
SARIE - Oktober 2010
-
Tot siens selluliet - hier's die eetplan
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 4
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
-
Verloor gewig sonder dieet - Rêrig! (Wenk 6 - 15)
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 8
Dis winter en tyd vir tuisgemaakte bredies, cappuccino en lepellê. En sowaar, dís dinge wat jou kan help gewig verloor












Kommentaar
Michelle het gesê:
beslis die moeitewerd om te probeer
8ste Jan. 2011, 08:47isabel het gesê:
Of gebruik Herbalife, soos wat ek gedoen het, vanaf Augustus verlede jr. Ek het 20kg verloor, voel absoluut 'n ander mens. En daar is geen, maar geen manier (as ek dit enigsins kan verhelp) hoe ek weer daardie 20kg gaan optel nie. My lewe het absoluut handomkeer verander, letterlik oornag. Ek het altyd gedink ek sal nooit kan oorleef sonder my vroegoggend koffie nie en die ouens wat skoon water op hulle nugter maag drink, is absoluut koekoes...!!! Nou is ek een van die "koekoes" mense..... Ek wil NOOIT weer voel en lyk soos "20kg gelede" nie. Dit help natuurlik ook dat ek soggens ongeveer 6km draf. Iets wat ek nie voorheen kon doen nie..... Sterkte aan almal wat graag gewig wil verloor. As ek kon, KAN julle ook..
7de Jan. 2011, 12:31