fruit_bowl_donna_lewis
Dieet

Spesiaal vir jou! ‘n Ná Kersfees-eetplan

Hier’s die oplossing om die feestyd te geniet sonder om agterna ronder te wees – ‘n spesiale dieet na Kersfees soos saamgestel deur geregistreerde dieetkundige, Martie de Wet.*

DAG 1 DAG 2 DAG 3
ONTBYT ONTBYT ONTBYT
•½ k. gaar hawermout
•5 pruime, geweek in water
•1 e. gemengde sade
Omelet met roerbraai
•2 eiers vir omelet
•½ k. elk rooi en geel soetrissie, gekerf
•½ k. sampioene
• roerbraai groente en vou toe in omelet
• 1 sny koringvrye rogbrood
Appel-en-amandelpap
• 2 appels, geskil en gekerf
•1 e. hawermout-semels (oat bran)
•2 e. amandels, gekerf
• sap van 1 suurlemoen en 1 lemoen,
knippie neutmuskaat en heuning
(meng alles saam in voedselverwerker)
TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE
•2 Ryvitas
•2 e. maaskaas
• 3 skyfies tamatie, ¼ komkommer
•½ k. vrugteslaai
• 100 ml vetvrye jogurt
•½ k. vrugteslaai
• 100 ml vetvrye jogurt
MIDDAGETE MIDDAGETE MIDDAGETE
Tunaslaai
•½ k. gaar rys
•½blik tuna in water
• 2 k. gekerfde tamatie, blaarslaai,
komkommer, sprietuie, soetrissie en
3 pynappelskywe in blokkies gesny
•2 e. laevet-mayonnaise of laevet-slaaisous
Wortel-en-beetslaai
•½ k. gaar koeskoes
Rooster 2 medium-wortels en 2 klein bete
(kook eers vir ’n rukkie) saam met speserye,
1 t. olyfolie en ’n ½ t. knoffelvlokkies. Meng
alles met blaarslaai, 1 e. lemoensap en 1e.
balsemasyn. Meng ’n derde van ’n wiel
fetakaas in en rasper 1 e. mozzarella oor.
•3 baba-aartappels
• 1/3 k. bone in tamatiesous
•2 dun skyfies koue kalkoen
• sampioene, tamatie, murgpampoentjie
en ui, gebraai in 1 e. olyfolie
(meng alles saam en eet as slaai)
TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE
•1 medium-vrug
• 100 ml vetvrye jogurt
• 6 skywe gedroogde mango
• 30 g volstruisbiltong
•2 Ryvitas
•3 dun skyfies mozzarella-kaas
AANDETE AANDETE AANDETE
Hoender-en-mango-slaai
• 1 (120 g) hoenderborsie (vel verwyder),
gerooster en in repies gesny
•½mango, in blokkies gesny (behou
mango se sap)
• 1 k. roket
• 1 k. blaarslaai
•½ k. murgpampoentjie, in dun repies
gesny
• 1 k. sprietuie, rooi soetrissie, ertjies en
koljanderblare
• meng 1 e. olyfolie met sap van ’n
lemmetjie en sap van mango en gebruik as
slaaisous
• 160 g visfilette, gerooster en gegeur met
speserye
•½ k. ertjies
• 2 k. mengelslaai met vry groente van jou
keuse
• 120 g volstruisfilet
•½ k.oondgeroosterde patat en
botterskorsie
• 1 k. groenbone, saam met tamatie en ui
gestoom
DAG 4 DAG 5
ONTBYT ONTBYT
•¼ k. gewone Pronutro (koringvry)
• ½ k. vetvrye melk
•1 medium-vrug
Vrugteslaai
• 1¼ k. aarbeie en 1 piesang of
1 k. vrugteslaai
• 175 ml ongegeurde jogurt
• sprinkel 1 e. neute oor
(jy kan ook ‘n smoothie hiervan maak)
TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE
• 1 appel
•1 e. neute
•3 hawermout-kraakbeskuitjies
•¼ avokado
• roketblare en tamatie, soveel soos jy wil
MIDDAGETE MIDDAGETE
• 90 g salm (geblik of vars)
•½ k. mielies
• 2 k. gekerfde wortel, aspersie, tamatie,
sampioene
• 2 k. gemengde slaaiblare
•1 e. olyfolie en 1 e. balsemasyn vir
slaaisous
•1 geroosterde hoendersosatie
•1 mediumgroot geroosterde patat – 80 g
(draai in foelie toe en rooster in oond vir
30 min. of tot gaar)
Broccoli-slaai
•½ k. gekookte broccoli en ½ k. blomkool
(laat afkoel en meng met kersietamaties,
rooi en geel soetrissie en agurkie)
• maak slaaisous met 1 e. olyfolie, sout,
knoffel en suurlemoensap
TUSSENHAPPIE TUSSENHAPPIE
• 1 sny koringvrye rogbrood
•1 e. grondboontjiebotter
•1 medium-vrug
• 30 g laevet-kaas
AANDETE AANDETE
Hoender-roerbraai
• 90 g hoender, in repies gesny
•½ k. kekerertjies
• 2 – 3 k. roerbraaigroente
•1 e. olie vir bereiding
Quiche
• braai ¼ k. sampioene, 1 klein ui, 1 soetrissie,
hand vol kersietamaties en ¼ k.
spinasie in 1 e. olyfolie tot gaar
• klits 2 eiers en 80 ml laevet-melk en gooi
oor groente
• strooi 2 e. mozzarella-kaas oor en bak in
oond vir 30 min. of tot gaar
•1½ k. mengelslaai met 1 e. slaaisous

Slim wenke

• Probeer elke dag 30 tot 40 minute oefen.
• Gebruik sover jy kan produkte wat so min moontlik verwerk is.
• Begin die dag met ’n beker warm water en vars suurlemoensap of kruietee sonder melk en suiker.
• Hou by gereelde etes en peusel aan vry groentes (bl. 158) as jy honger voel. Die goue reël is om nooit honger te voel nie. Gereelde maaltye sal jou metabolisme aan die gang hou en ook verseker dat jou bloedsuikervlakke nie rondspring nie. Só beheer jy jou aptyt.

Om te weet

“Dis maklik om van die Regruk-eetplan ’n leefwyse te maak,” sê Martie.

“Jy kan stelselmatig van die dinge wat uitgesny is, soos alkohol of koffie, begin terugsit, hoewel jy dit altyd wys moet gebruik. Beperk alkohol tot nie meer as vier drankies per week nie, en probeer om nie meer as drie tot vier koppies koffie per dag te drink nie. Wees steeds versigtig met suiker en probeer steeds wegbly van versoete koeldranke en selfs vrugtesap. “As ’n leefwyse kan jy ook jou etes aanpas deur jou bord in die helfte te deel – die een helfte moet hoofsaaklik uit groente of slaai bestaan. In die ander helfte kom jou stysel, wat nie groter as ’n vuisgrootte moet wees nie, en jou vleis, hoender en vis wat min of meer so groot soos die palm van jou hand moet wees. (Visporsies kan ’n bietjie groter wees.)

“Vry” groentes is
• aspersies • broccoli • Brusselse spruite • kool • blomkool • eiervrug • vlapampoentjies • groenbone • murgpampoentjies • komkommer • eiervrug • rooi, geel of groen soetrissie • blaarslaai • sampioene • pietersielie • radyse • spinasie • sprietuie • tamaties • beet • wortels

Ontgif só

Sluit die volgende uit die dieet om gifstowwe uit te skakel en vertering te vergemaklik:

• Koring en koringprodukte.
• Koffie, tee en kola-drankies, aangesien dit kafeïen bevat.
• Alkohol.
• Vermy suiker, suikerbevattende produkte en ook kunsmatige versoeters.
• Gaskoeldrank.
• Wegneemetes en gebraaide kos of geregte hoog in vet (lees etikette vir 5 g of minder per 100 g).
• Beperk rooivleis in hierdie 10 dae tot die minimum.
• Gebruik min sout gedurende die gaarmaak van kosse en aan tafel. Eksperimenteer wel met speserye.

Martie de Wet: 011 475 7992 of 083 274 7807 – of stuur ‘n e-pos na martiedewet@live.co.za

* Die eetplan is in 2010 aan SARIE verskaf deur ’n geregistreerde dieetkundige en mag dalk nie vir almal werk nie. Kontak jou mediese dokter of geregistreerde dieetkundige vir ’n individuele plan vir jou.

  • isabel

    Of gebruik Herbalife, soos wat ek gedoen het, vanaf Augustus verlede jr. Ek het 20kg verloor, voel absoluut ‘n ander mens. En daar is geen, maar geen manier (as ek dit enigsins kan verhelp) hoe ek weer daardie 20kg gaan optel nie. My lewe het absoluut handomkeer verander, letterlik oornag.
    Ek het altyd gedink ek sal nooit kan oorleef sonder my vroegoggend koffie nie en die ouens wat skoon water op hulle nugter maag drink, is absoluut koekoes…!!! Nou is ek een van die "koekoes" mense…..
    Ek wil NOOIT weer voel en lyk soos "20kg gelede" nie. Dit help natuurlik ook dat ek soggens ongeveer 6km draf. Iets wat ek nie voorheen kon doen nie…..

    Sterkte aan almal wat graag gewig wil verloor. As ek kon, KAN julle ook..

  • Michelle

    beslis die moeitewerd om te probeer