Nataniël se bruinrys-en-lensie-dieet
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
Die dieet waarvoor julle gevra het...
Nataniël se lensiedieet is byna africana. Toe dié dieet ‘n klompie jare gelede bekend geword het, het dit landwyd omtrent konsternasie veroorsaak. Skielik was almal op sy lensiedieet. So oor die jare het dit in mense se onderbewussyn vasgesteek en gereeld het ons navrae gekry om weer hierdie dieet te plaas. Ons het Nataniël dadelik gekontak. Hy doen dit nog so nou en dan, maar bedien dit gereeld as 'n bykos. So hier is dit, direk uit die perd te mond, en met kommentaar daarby!
Gebruik die bruinrys-en-lensiemengsel as 'n basis en varieer dit elke dag met verskillende bestanddele.
Dis vervelig. Maar as jy resultate wil sien, moet jy ly. Dis nie 'n piekniek of 'n troue nie." – Nataniël
Die basis
- 1 ½ koppie bruinrys
- ¾ koppie bruin lensies
- 2 eetlepels sojasous
- 1 teelepel kerriepoeier
- 2 eetlepels olyfolie
- 1 eetlepel bruinsuiker
- seesout en varsgemaalde swartpeper
- 2 tamaties, gekap
- 1 ui, gekap
Spoel rys en lensies af en gooi saam met 1 eetlepel sojasous en kerrie in kastrol. Geur liggies met seesout. Bedek met water en kook tot gaar. (Gooi bietjies water by soos nodig, sodat jy nie die gaar rys hoef te dreineer nie.En moenie die goed pap kook nie, kou is al oefening wat ons nog kry.)
Roer res van sojasous, suiker, olie, tamatie en ui by warm rys en geur met peper.
Vars kruie soos pietersielie, koljander, grasuie of basiliekruid kan ook bygevoeg word. Soveel soos jy wil.
Roer elke dag iets anders by
Dag 1: 1 groen of rooi soetrissie, gekap (kan gerooster wees)
Dag 2: 2 koppies gaar aspersies of sampioene (nie gebliktes nie!)
Dag 3: 1 blikkie fyn tuna, gedreineer
Dag 4: vars pynappel, in blokkies gekap
Dag 5: 1 koppie geelwortels, in blokkies gekap en gestoom tot net gaar. As jy van 'n byt hou, kan jy 'n klein, ontpitte brandrissie fynkap en byroer.
Dag 6: groen groente soos spinasie, brokkoli, kool of preie, gekook of gestoom tot net gaar, maar ferm
Dag 7: 2 koppies fyn gaar hoender (want dis Sondag)
Eet dit warm of koud, net wanneer jy wil, soveel jy wil. Maar leer om na jou lyf te luister, mens eet net wanneer jy honger is.
As jy dors is, drink water of swart tee.
Moenie langer as 2 weke só eet nie.
- Grimering Lyn Kennedy
Verwante artikels
-
'n Maerder jy – 10 voordele
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 2
Ja, ja, oorgewig is ongesond . . . Maar het jy geweet van jou oë tot jou sekslewe kan verbeter as jy net ’n rapsie gewig afskud?
-
Jennifer Hudson verloor baie gewig vir Winnie-fliek - kyk wie speel Nelson Mandela
SARIE - Mei 2010
Ná haar seun se geboorte in Augustus moes Jennifer Hudson haar swangerskapsgewig verloor vir haar rol as Winnie Mandela in Winnie, 'n nuwe fliek oor dié ikoniese vrou se lewe, berig www.people.com
-
Jou dieet-vrae beantwoord
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 2
Jy eet laevetkos, maar verloor nie gewig nie. Of jy's 'n uur ná ontbyt weer honger. Jou kwelvrae het gelukkig eenvoudige antwoorde.
-
Julle oor dieetpille en -aanvullings
SARIE - Februarie 2010
-
Só smelt ons kilo's weg!
SARIE - Februarie 2009 | Kommentaar: 43
Bekendes was ook al in die oorgewig-bootjie. Hoor bietjie die dieet-geheime van Nataniël en Leon Schuster - mét kennerskommentaar.












Kommentaar
Chivonne het gesê:
Goeie dag, vandag is my 1st dag wat ek begin met die bruinrys en lensie dieet. ek wil net graag weet kan 'n mens die rooi of groen lensies ook gebruik of is dit noodsaaklik om die bruin lensie te gebruik en mag 'n mens in die plek van hoender, vis (natuurlik die sonder die krummels) gebruik. ek sien baie uit na die dieet. ek wil net ook graag weet min of meer hoeveel kg verloor jy met die dieet? ek doen my daaglikse oefening (zumba) vir so 1uur partykeer meer, hoop julle sal my kan help, Groete
31ste Okt. 2011, 07:54estelle het gesê:
Nathaniel ek wil ook weet hoeveel gewig jy in 'n maand sal verloor as jy volhou hiermee! dankie en ek gaan beslis van vandag af probeer! Groete. Estelle.
17de Okt. 2011, 14:00Johan het gesê:
Ek wil ook die vraag vrae wat baie ander ook vra hoeveel eet n mens per dag is die resep wat gegee word vir n week of een dag,of iemand wat die resep al probeer laat weet asb.
10de Okt. 2011, 15:06Mary Jane Clarke het gesê:
Halo almal ek beplan om ook die resep te volg wil net weet kan jy dalk gekookte eier in die ontbyt porsie opsny? Nou nie elke dag nie dalk elke 2de dag? En die tuna moet natuurlik die in water wees ek wil ook weet wat di porsie per. Maaltyd moet wees? 250ml? Of meer sien nie waar daai vraag beantwoord word ni. Sien uit om my positiewe resultate te ervaar! ; ~p. Groete aan almal
27ste Aug. 2011, 11:41Alida Helberg het gesê:
Hoe lank moet mens af gaan van Nataniel se dieet, voor mens weer op die dieet kan gaan? Kan ek die Sampoeiene vervang met iets anders? Groete Alida
1ste Aug. 2011, 12:24Theresa het gesê:
Hey, ek was jare terug op die diet. Dit werk. Ek het weer bietjie opgetel maar lyk nog heel skaflik. My resep het weggeraak. Baie dankie vir die web blad. Ek en my dogter gaan dit nou weer aanpak om die winter vetjies af te skud. Baie dankie die Roux's. Mal oor jou.
4de Jul. 2011, 23:34Almarie het gesê:
Nataniel ek wil sommer dadelik begin. Hoekom moet jy nie die dieet langer as 2 weke gebruik nie? Wat as ek nog nie in die 2 weke se tyd genoeg verloor het nie? Ek wil teminste 10 kilo's verloor... Kan ek langer as 2 weke aanhou met jou dieet of nie? Groete!
23ste Mei. 2011, 13:01Natasha het gesê:
Ek het die dieet gevolg en om en by tien kilos in 10 na 12 weke afgeskud. Bygese, dit was omtrent 8 jaar terug. Om terug te dink was dit eintlik baie maklik om te gebruik en met die afwisseling van die "bykosse" soos tuna en mushrooms asook groenrissie en hoender sonder vel of vet, was dit nie te vervelig nie. Ek het vanoggend een van my ou langbroeke aangepas en dit het weer na al die tyd oor my agterstewe gekom, behalwe dat dit nou ietwat lyk na 'n spanbroek en nie te fleurig oor sekere areas sit nie. So...ek het dit goedgedink om weer ernstig vir 'n week of twee my eetplan te verander en die bruinrys en lensies nader te hark. (Dis in elk geval maklik om dit met 'n vleisie en 'n groentetjie aan my man ook te bedien wat die alleen rys-etery in die huis waarskynlik 'n bietjie makliker vir my sal maak). Na al die tyd het ek min of meer dieselfde gewig gehandhaaf, behalwe dat ek al hoe minder begin oefen het - nie dat ek ooit dit gewaag het om in die gym gesien te word of dat ek daarvan hou om te sweet nie. Om doodeerlik te wees, ek het 3 na 4 kilo's intussen opgetel. Die wenresep is maklik: ongeveer 2 liter water 'n dag, geen gaskoeldrank! (Ek bederf myself smiddae met die tuiskomslag met boeretroos) Bruinrys en lensies bedien gedurende die dag (vervang al drie etes) afgewissel met die verskillende "bykosse". 'n Halfuur se vinnige stap help ook bietjie as daar tyd of plek is. Die grootgeheim is egter: as jy na die dieet iewers langs die pad weer 'n kilo of drie optel...volg weer die resep, of vas vir 'n dag - gewoonlik is gewig wat vinnig opgetel word, weer vinnig om te verdwyn! Sterkte aan al die maters wat saam gaan smul...sal rapporteer of daar enige ander resultate as verwagte verkry word.
15de Mar. 2011, 13:39Janine het gesê:
Dag se!!! Ek is so opgewonde om te begin, maar ek voel so bietjie dom. Ek wil net weet hoe groot moet die porsies wees en wanneer moet mens dit eet(kan ek dit vir middag ete en aand ete eet) HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!!!! baie dankie en ek hoop dit werk
15de Mar. 2011, 11:39Desiré Oosthuizen het gesê:
Ek gaan defitief hierdie dieet probeer.Ek weet dit gaan werk want dis als waarvan ek hou.Hoop dit werk! Sal laat weet.
1ste Feb. 2011, 09:46Yolandi Labuschagne het gesê:
Kan 'n mens bruin basmati rys gebruik in plaas van gewone bruin rys?
14de Jan. 2011, 12:20Yolandi Labuschagne het gesê:
Kan 'n mens bruin basmati rys gebruik in plaas van gewone bruin rys?
14de Jan. 2011, 12:19Surita het gesê:
Hi Ek is op dag 2 van die dieet en voel wonderlik. Gladnie honger en moeg nie. Wonder net wat om te doen na die 2 weke?
13de Jan. 2011, 10:44Sonja het gesê:
Liewe Nataniel Ek is 'n ma van vier kinders en is moeg vir vet wees , ek het al baie dieet pille gebruik en ja dan verloor ek gewig , maar tel net so vinnig op .Ek gaan jou lensiedieet toets en ek hoop dit werk . Dankie Sonja
7de Jan. 2011, 12:39Annalize het gesê:
Baie dankie Nataniel,Die diëet klink wonderlik, ek begin defnitief Maandag, die 3de Januarie 2011. Ek gaan vir 'n groot vroue operasie die einde van die Januarie en wil grrag eers 'n paar kilogram verloor. Yippie ek kan nie wag nie.
30ste Des. 2010, 16:02Lydia het gesê:
Ja, jy eet net wat die dieet voorskryf, heeldag en aldag!!! Niks ekstra nie. Lydia/SARIE
14de Okt. 2010, 17:27Theresa-Mari het gesê:
Hai nathaniel ekt 'n taak oor 'n sanger in SA en my boetie Carl het gesê ek mot jou vat so ek lees al die komentaar en het 'n paar oulike goedjies uitgehaal!!!!
22ste Aug. 2010, 16:00Sunel het gesê:
Dit klink wonderlik. Ek wil net uitvind of die bruirys en lensies al jou maaltye op 'n dag insluit? Ek gaan dit vir seker probeer.
20ste Aug. 2010, 15:13Annelize het gesê:
Ek wil op die dieet gaan, of se so ek gaan... Maar wil baie graag weet hoeveel moet n mens verloor in n week/maand!
17de Aug. 2010, 08:07Karin het gesê:
Het van die dieet gehoor by 'n vriendin. Sy's nou al 3 weke daarop en sy lyk soooo-o goed. Ek't ook besluit om te probeer. Sal jul laat weet, hoor.
15de Jul. 2010, 09:34Nina het gesê:
Hi almal, kan iemand my asseblief se hoeveel gewig mens in die 2 weke kan verloor? Ekt gelees Nataniel het 20kgs verloor op hierdie dieet, maar mens weet nie vir hoe lank hy dit gedoen het nie. Hoop iemand sal kan help, ek begin more met die dieet.
4de Jul. 2010, 22:55Lynette de Klerk het gesê:
Ek het ook met Nataniel se dieet begin - dit is werklik heerlik!!! veral met die dae wat jy ander groentes kan byvoeg wat die smaak weer anders maak. Ek wil net weet hoeveel kilojules bevat 100gram hiervan??
29ste Jun. 2010, 11:13Lydia van SARIE het gesê:
Rene: Sekerlik, ek het gevra dat die regte mense jou kontak. Mariska: Dis die hele dag se kos, ja. Ontbyt, middag- en aandete.
28ste Jun. 2010, 11:01Mariska het gesê:
Die dieet sê niks van ontbyt of aandetes nie, of is dit dit wat jy eet vir elke ete?
28ste Jun. 2010, 10:30Rene het gesê:
Ek werk op die oomblik in die buiteland, maar kom kuier in Julie in SA. Aangesien Sarie Gesond dan al van die rak is, kan ek 'n kopie van julle af bestel?
13de Jun. 2010, 17:54Magda Kruger het gesê:
Ek kon nooit gewig afskud na my 50 nie. Ek het koffie na 2 koppies verminder en drink rooibos tee en water. Eet Low gi kosse, slaaie. In die oggend eet ek oats pap wat baie goed is. Eet hoender en vis bederf een keer 'n week my met 'n T Bone. Eet my groente en vleis in die middae. In die aand eet ek iets soos sop, 'n broodtjie en 'n vrug. Mushrooms met laevet kaas ook baie lekker en vullend. Ek eet 6 keer 'n dag en voel nie honger. Belangrik dat jou bloedsuiker vlakke stabiel moet wees. Vermy soetigheid,ek suig een klein sweetie ipv 'n hele groot lekker. Dit is beter om in die dag goed te eet en minder in die aand. Ek is nou amper 2 maande besig en het al 6kg afgeval. Ek stap ook tussen in. Ek eet baie maar reg en tog verloor ek gewig. Was by my dieetkundige. Ek dank haar.
24ste Mei. 2010, 09:53Lydia van SARIE het gesê:
SARIE GESOND is tot einde April by al die gewone plekke beskikbaar, behalwe Woolworths. Vra bv. by Clicks of daar nog een in die stoor is. Of by PicknPay. Laat weet as jy dit glad nie erens kan kry nie, dan maak ons 'n plan.
5de Apr. 2010, 11:54alida pieterse het gesê:
Ek het al my oë uitgekyk vir Sarie Gesond maar kan dit nie kry nie. (Is in Centurion woonagtig) Het ook Nataniël se dieet beproef, maar die hoeveelheid wat gekook moet word, is heeltemal te veel vir my vir net 1 dag. Mens word gladnie honger nie. Die probleem is mens tel die gewig gou weer op en daarom wil ek graag die verbeterde een probeer. Is dit moontlik dat julle my kan laat weet waar in Centurion kan ek Sarie Gesond te koop kry?
5de Apr. 2010, 11:40Lydia van SARIE het gesê:
Die basis is 'n dag se kos. Daarby roer jy elke dag iets anders by.(Kies van dag 1 tot 7). Dis al wat jy die hele dag eet. En nee, geen vrugte tussenin nie. Nie All Bran nie. Nie jogurt nie. Net dit wat die dieet sê. Jy kan dit egter net 2 weke lank volg. Dit het te min van belangrike voedingstowwe -- juis dit wat jou metabolisme in topversnelling laat werk. In SARIE GESOND, nou op die winkelrak, omskep 'n dieetkundige Nataniël se rys-en-lensie-dieet in 'n eetplan wat jy so lank as wat jy wil kan volg. Jy kan tot 10% van jou gewig verloor as jy dié nuwe eetplan ses maande lank volg (as jy 60 kg weeg, is dit 6 kg). Probeer dit! Selluliet: As jy baie selluliet het gaan dit beter lyk as jy baie gewig verloor, maar jy gaan nooit heeltemal daarvan ontslae raak nie. (Sien die dieet en oefenplan spesifiek vir selluliet elders op sarie.com).
29ste Mar. 2010, 17:50Zenobia het gesê:
Ek het ook vanoggend met die dieet begin,maar wil ook graag weet hoeveel van die mengsel moet ek eet per dag met ander woorde kook ek elke dag so mengsel en voeg die res net by,of is dit die week se rys en lensie mengsel,asseblief laat my weet ek wil nie dieet op mors want ek het skoonsus ook oorreed om saam te doen.Baie dankie,Zenobia
29ste Mar. 2010, 10:32Amanda het gesê:
Graag wil ek ook met die dieet begin maar wil net weet die resep hierbo genoem is dit net vir die dag se inname. Graag wil ek ook net hoeveel gewig n mens in die twee weke kan verloor as jy dit streng volg. Dankie
15de Mar. 2010, 13:51madeleine het gesê:
Hi Na vele diete het ek besluit om jou dieet te volg. Ek onthou my skoonma het jar terug vreeslik gewig verloor met jou dieet. Ek neem aan dat die resep net vir een dag is en dan voeg jy natuurlik elke dag iets anders by [van dag 1 to 7]? So jy moet elke dag vir jou maar jou bruin rys en lensies kook. Wel ekt my goedjies gaan koop en more begin ek! dankie natahiel. Laat weet my asb of ek dit reg lees.
14de Mar. 2010, 11:59Sarah Berry het gesê:
Ek en my skoondogter gaan die dieet probeer.Ek glo dit gaan werk, dit klink sommer lekker. Sarah & Estelle
10de Feb. 2010, 15:22Alta het gesê:
Ek wil ook graag weet hoeveel en hoeveel keer op 'n dag moet jy van dit eet.
4de Feb. 2010, 08:50Marianna het gesê:
Ek wil graag weet: die basis pot (resep hierbo)is seker nie net vir een dag nie? Ek wil graag weet mag ons vrugte tussenin eet; of net by lensie dis hou? Baie Danki
18de Jan. 2010, 19:25Sandra het gesê:
Hi daar Ek het vandag met die lensie dieet begin. Hoeveel mag jy op nslag eet en hoeveel in totaal per dag?????
17de Jan. 2010, 20:59Lou het gesê:
Ek het noooooit gedink ek sal die woord dieet vir myself hoef te gebuik nie. Ek was nog altyd maer, maar vandat 45 my getref het, het die selluliet net oral begin uitpop. Sal die dieet daarvoor ook help?
17de Nov. 2009, 14:07Vicky het gesê:
Is die dieet vir middag ete of aand ete. Wat eet ek die res van die dag? will ten minste 3kg verloor.
25ste Okt. 2009, 10:49Heleen het gesê:
Dit was n koue winter in die Kaap, en ek het my dood gevreet! Ek haat dit om te dieet, maar die bruinrys en lensie dieet gaan ek probeer. As dit vir Nataniel werk hoekom nie vir my nie? Nataniel jy is my inspirasie.
21ste Okt. 2009, 16:35Cecelia Mutlow het gesê:
Nataniël, Jy is die mees interessantste mens op aarde - ek dink jy is wonderlik, aantreklik en net stunning vir woorde. Ek bewonder jou groete Cecelia
21ste Okt. 2009, 09:30Elizabeth het gesê:
Hi ek is ook net so moeg om VET te wees, ek klim vanoggend op die skaal en my heledag is om gekrap. ek het 3kg opgetel.Nataniel ek gaan defnintief die sommer van vanaand af probeer, maar se my asseblief hoeveel gewig behoort ek te verloor in 'n week , en ek doen ook action netbal op 1keer 'n week,dankie
12de Okt. 2009, 15:54Ellie Botha het gesê:
Ek is gaivol vir my lomp lyfie-gan nou dadelik lensies en bruinrys koop.Het onlangs 3 kg verloor,maar dit sit al kla weer op my lyf,want ek raak so honger.Lyk my om 50 te wees is nie grappies nie.Ek hoop eks suksesvol.Sal laat weet.
6de Okt. 2009, 09:45Nina Vermeulen het gesê:
Hi Julle, kan een van julle asseblief vir my sê of mens net die rys mengsel moet eet, met ander woorde vir breakfast, lunch en dinner? Soveel en so gereeld. Email my asseblief: ninjatoothfairy@yahoo.co.uk
11de Sep. 2009, 16:35Stephanie Goosen het gesê:
Ek begin nou my derde week met Nathaniel se dieet (al sê hy mens moenie langer as 2 weke daarop wees nie). Dit is so 'n maklike dieet, met die minste moeite. Ek eet smiddae en saans 'n porsie of twee van die rys en lensies, met 'n vrug soggens en vetvrye yogurt in die middag. En natuurlik All Bran vir ontbyt - dis 'n wenner!! Ek begin nou voel dat my broeke effe los sit, en ek is mal oor my plat magie!! Hierdie rys en lensie dieet is 'n treffer ...., want dis ook baie lekker. Ek raak nie moeg daarvoor nie en ek dink dit is waarom ek hierdie keer so gemotiveerd is en die uithouvermoë het. Weer eens, dis maklik en nie eentonig nie ... en lekker.
8ste Sep. 2009, 21:19Willemien Miller het gesê:
Hi nathaniel. Wil net se ek gaan jou dieet probeer vir 2 weke - sukkel om gewig te verloor want ek is op kortisone gereeld vir my asma - moet so tussen 10 - 15kgs verloor. Hoe groot porsie moet jy eet van dit en eet jy dit deur die dag ook? En min of meer hoeveel kgs verloor jy per week met die dieet??
8ste Sep. 2009, 10:51Maryke van SARIE het gesê:
Almal wat Nataniël se lensie-dieet soek....klik gerus op sarie.com/Leef Gesond/My Dieet. As julle sukkel om dit te vind, probeer hierdie direkte skakel: http://www.sarie.com/lees/artikels/nataniel-se-bruinrys-en-lensie-dieet
2de Sep. 2009, 17:14Marisa het gesê:
Ek wil baie graag op die dieet gaan dit klink eintlik lekker, maar wil regtig weet wat is jy onderstel om naastenby te verloor in 'n week/maand as jy volhou. En welldone Natacha!! Het jy dit intussen weer gedoen of nie.
21ste Aug. 2009, 07:58Natacha vercueil het gesê:
Ek het mos die dieet so paar weke terug geprobeer- net vir 'n week. Ek het vir 7 dae regtig nie geoortree, ek het in daai tyd 5kg verloor! Glo dit ek het getuies, maar ek het daar van binne die volgende week weer 2kg opgetel. Ek is gelukkig met my lyf ek pas in 'n no 12 maar die centimeters is die probleem. Ek het toe maar begin oefen en dit gaan al beter - die dieet is nie moeilik hou net uit!!
23ste Jul. 2009, 16:21Betsie Retief het gesê:
Ek volg al die afgelope 8 maande 'n soortgelyke dieet - soms sonder die lensies en/of bruin rys, maar met BAIE groente (kool, broccoli, tamatie, uie, ens) en het stelselmatig gewig verloor - al eet ek baie in volume. Ek voel dus nooit honger nie. Ek het nou reeds 10kg verloor en pas nou weer heerlik in my no 34-klere. Dit is die moeite werd. Soms eet ek bietjie neute en oor naweke sal ek lekker aan 'n ou vleisie weglê. Dit is belangrik om nie oorhaastig te wees om gewig te verloor nie. Gun jouself tyd, maak hierdie tipe eetgewoonte 'n eetstyl en vergeet van gewig. As jy weer gaan klere koop, sal dit 'n nommer kleiner wees!
21ste Jul. 2009, 14:16Riana Sinden het gesê:
Klink soos 'n lekker Low GI dieet - perfek vir winter!
21ste Jul. 2009, 13:34Linda de Necker het gesê:
Die probleem met die resep is dat dit so blerrie lekker is. Kan nie genoeg van dit kry nie. Verder wil ek maar net se dat ek maaaaaallll oor jou is. Wanneer kom jy weer Kaap toe???
11de Jul. 2009, 10:24natacha vercueil het gesê:
Nath's dink maar aan my want as jy kan gaan ek ok, dis nooit te laat om 10kg afteskut na 3 kinders! Ek kon en gaan dit weer doen!!!!!!
20ste Jun. 2009, 14:22Wilma de Kock het gesê:
Nathaniel ek is 'n GROOT ondersteuner van jou en belowe jou kan nie wag dat jy op 26 Junie weer 'n vertoning in Secunda hou nie. Ek begin DV Sondag 21 Junie 2009 met die bekende dieet van jou, wat ek baie graag wil weet, ek moet 40kg weggooi, teen Desember 2009 aangesien ek dan op 'n rype ouderdom van 50 in die huwelik tree, hoe is die gewigverlies per week? Baie dankie Wilma
19de Jun. 2009, 23:54Katie Gertze het gesê:
Nathaniel my naam is Katie en omdat vleis nie meer in hierdie maag van my moet in gaan nie sal ek maar probeer jou lensie dieet Die dokter se ek het n Fatty Liver dit is wat die ultra scan wys Ek is ook aan die dik kant so dit sal goed wees vir my wat ek wil weet verloor jy rerig gewig Totsiens Katie
11de Jun. 2009, 14:44