sr0905kaalkop
Dieet

Nataniël se bruinrys-en-lensie-dieet

Nataniël se lensiedieet is byna africana. Toe dié dieet ‘n klompie jare gelede bekend geword het, het dit landwyd omtrent konsternasie veroorsaak. Skielik was almal op sy lensiedieet. So oor die jare het dit in mense se onderbewussyn vasgesteek en gereeld het ons navrae gekry om weer hierdie dieet te plaas. Ons het Nataniël dadelik gekontak. Hy doen dit nog so nou en dan, maar bedien dit gereeld as ‘n bykos. So hier is dit, direk uit die perd te mond, en met kommentaar daarby!

Gebruik die bruinrys-en-lensiemengsel as ‘n basis en varieer dit elke dag met verskillende bestanddele.

Dis vervelig. Maar as jy resultate wil sien, moet jy ly. Dis nie ‘n piekniek of ‘n troue nie.” – Nataniël

Die basis

  • 1 ½ koppie bruinrys
  • ¾ koppie bruin lensies
  • 2 eetlepels sojasous
  • 1 teelepel kerriepoeier
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • seesout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 tamaties, gekap
  • 1 ui, gekap

Spoel rys en lensies af en gooi saam met 1 eetlepel sojasous en kerrie in kastrol. Geur liggies met seesout. Bedek met water en kook tot gaar. (Gooi bietjies water by soos nodig, sodat jy nie die gaar rys hoef te dreineer nie.En moenie die goed pap kook nie, kou is al oefening wat ons nog kry.)

Roer res van sojasous, suiker, olie, tamatie en ui by warm rys en geur met peper.
Vars kruie soos pietersielie, koljander, grasuie of basiliekruid kan ook bygevoeg word. Soveel soos jy wil.

Roer elke dag iets anders by

Dag 1: 1 groen of rooi soetrissie, gekap (kan gerooster wees)

Dag 2: 2 koppies gaar aspersies of sampioene (nie gebliktes nie!)

Dag 3: 1 blikkie fyn tuna, gedreineer

Dag 4: vars pynappel, in blokkies gekap

Dag 5: 1 koppie geelwortels, in blokkies gekap en gestoom tot net gaar. As jy van ‘n byt hou, kan jy ‘n klein, ontpitte brandrissie fynkap en byroer.

Dag 6: groen groente soos spinasie, brokkoli, kool of preie, gekook of gestoom tot net gaar, maar ferm

Dag 7: 2 koppies fyn gaar hoender (want dis Sondag)

Eet dit warm of koud, net wanneer jy wil, soveel jy wil. Maar leer om na jou lyf te luister, mens eet net wanneer jy honger is.

 

As jy dors is, drink water of swart tee.

Moenie langer as 2 weke só eet nie.


  • Katie Gertze

    Nathaniel my naam is Katie en omdat vleis nie meer in hierdie maag van my moet in gaan nie sal ek maar probeer jou lensie dieet
    Die dokter se ek het n Fatty Liver dit is wat die ultra scan wys

    Ek is ook aan die dik kant so dit sal goed wees vir my wat ek wil weet verloor jy rerig gewig

    Totsiens
    Katie

  • Wilma de Kock

    Nathaniel ek is ‘n GROOT ondersteuner van jou en belowe jou kan nie wag dat jy op 26 Junie weer ‘n vertoning in Secunda hou nie.

    Ek begin DV Sondag 21 Junie 2009 met die bekende dieet van jou, wat ek baie graag wil weet, ek moet 40kg weggooi, teen Desember 2009 aangesien ek dan op ‘n rype ouderdom van 50 in die huwelik tree, hoe is die gewigverlies per week?

    Baie dankie
    Wilma

  • natacha vercueil

    Nath’s dink maar aan my want as jy kan gaan ek ok, dis nooit te laat om 10kg afteskut na 3 kinders! Ek kon en gaan dit weer doen!!!!!!

  • Linda de Necker

    Die probleem met die resep is dat dit so blerrie lekker is. Kan nie genoeg van dit kry nie. Verder wil ek maar net se dat ek maaaaaallll oor jou is. Wanneer kom jy weer Kaap toe???

  • Riana Sinden

    Klink soos ‘n lekker Low GI dieet – perfek vir winter!

  • Betsie Retief

    Ek volg al die afgelope 8 maande ‘n soortgelyke dieet – soms sonder die lensies en/of bruin rys, maar met BAIE groente (kool, broccoli, tamatie, uie, ens) en het stelselmatig gewig verloor – al eet ek baie in volume. Ek voel dus nooit honger nie. Ek het nou reeds 10kg verloor en pas nou weer heerlik in my no 34-klere. Dit is die moeite werd. Soms eet ek bietjie neute en oor naweke sal ek lekker aan ‘n ou vleisie weglê. Dit is belangrik om nie oorhaastig te wees om gewig te verloor nie. Gun jouself tyd, maak hierdie tipe eetgewoonte ‘n eetstyl en vergeet van gewig. As jy weer gaan klere koop, sal dit ‘n nommer kleiner wees!

  • Natacha vercueil

    Ek het mos die dieet so paar weke terug geprobeer- net vir ‘n week. Ek het vir 7 dae regtig nie geoortree, ek het in daai tyd 5kg verloor! Glo dit ek het getuies, maar ek het daar van binne die volgende week weer 2kg opgetel. Ek is gelukkig met my lyf ek pas in ‘n no 12 maar die centimeters is die probleem. Ek het toe maar begin oefen en dit gaan al beter – die dieet is nie moeilik hou net uit!!

  • Marisa

    Ek wil baie graag op die dieet gaan dit klink eintlik lekker, maar wil regtig weet wat is jy onderstel om naastenby te verloor in ‘n week/maand as jy volhou. En welldone Natacha!! Het jy dit intussen weer gedoen of nie.

  • Maryke van SARIE

    Almal wat Nataniël se lensie-dieet soek….klik gerus op sarie.com/Leef Gesond/My Dieet. As julle sukkel om dit te vind, probeer hierdie direkte skakel:
    http://www.sarie.com/lees/artikels/nataniel-se-bruinrys-en-lensie-dieet

  • Willemien Miller

    Hi nathaniel. Wil net se ek gaan jou dieet probeer vir 2 weke – sukkel om gewig te verloor want ek is op kortisone gereeld vir my asma – moet so tussen 10 – 15kgs verloor. Hoe groot porsie moet jy eet van dit en eet jy dit deur die dag ook? En min of meer hoeveel kgs verloor jy per week met die dieet??

  • Stephanie Goosen

    Ek begin nou my derde week met Nathaniel se dieet (al sê hy mens moenie langer as 2 weke daarop wees nie). Dit is so ‘n maklike dieet, met die minste moeite. Ek eet smiddae en saans ‘n porsie of twee van die rys en lensies, met ‘n vrug soggens en vetvrye yogurt in die middag. En natuurlik All Bran vir ontbyt – dis ‘n wenner!! Ek begin nou voel dat my broeke effe los sit, en ek is mal oor my plat magie!! Hierdie rys en lensie dieet is ‘n treffer …., want dis ook baie lekker. Ek raak nie moeg daarvoor nie en ek dink dit is waarom ek hierdie keer so gemotiveerd is en die uithouvermoë het. Weer eens, dis maklik en nie eentonig nie … en lekker.

  • Nina Vermeulen

    Hi Julle, kan een van julle asseblief vir my sê of mens net die rys mengsel moet eet, met ander woorde vir breakfast, lunch en dinner? Soveel en so gereeld. Email my asseblief: ninjatoothfairy@yahoo.co.uk

  • Ellie Botha

    Ek is gaivol vir my lomp lyfie-gan nou dadelik lensies en bruinrys koop.Het onlangs 3 kg verloor,maar dit sit al kla weer op my lyf,want ek raak so honger.Lyk my om 50 te wees is nie grappies nie.Ek hoop eks suksesvol.Sal laat weet.

  • Elizabeth

    Hi ek is ook net so moeg om VET te wees, ek klim vanoggend op die skaal en my heledag is om gekrap. ek het 3kg opgetel.Nataniel ek gaan defnintief die sommer van vanaand af probeer, maar se my asseblief hoeveel gewig behoort ek te verloor in ‘n week , en ek doen ook action netbal op 1keer ‘n week,dankie

  • http://www.kleinkaroo.com Cecelia Mutlow

    Nataniël, Jy is die mees interessantste mens op aarde – ek dink jy is wonderlik, aantreklik en net stunning vir woorde. Ek bewonder jou

    groete

    Cecelia

  • Heleen

    Dit was n koue winter in die Kaap, en ek het my dood gevreet! Ek haat dit om te dieet, maar die bruinrys en lensie dieet gaan ek probeer. As dit vir
    Nataniel werk hoekom nie vir my nie? Nataniel jy is my inspirasie.

  • Vicky

    Is die dieet vir middag ete of aand ete. Wat eet ek die res van die dag? will ten minste 3kg verloor.

  • Lou

    Ek het noooooit gedink ek sal die woord dieet vir myself hoef te gebuik nie. Ek was nog altyd maer, maar vandat 45 my getref het, het die selluliet net oral begin uitpop. Sal die dieet daarvoor ook help?

  • http://www.finesse.co.za Sandra

    Hi daar

    Ek het vandag met die lensie dieet begin. Hoeveel mag jy op nslag eet en hoeveel in totaal per dag?????

  • Marianna

    Ek wil graag weet: die basis pot (resep hierbo)is seker nie net vir een dag nie?
    Ek wil graag weet mag ons vrugte tussenin eet; of net by lensie dis hou?
    Baie Danki

  • Alta

    Ek wil ook graag weet hoeveel en hoeveel keer op ‘n dag moet jy van dit eet.

  • Sarah Berry

    Ek en my skoondogter gaan die dieet probeer.Ek glo dit gaan werk, dit
    klink sommer lekker.
    Sarah & Estelle

  • madeleine

    Hi
    Na vele diete het ek besluit om jou dieet te volg. Ek onthou my skoonma het jar terug vreeslik gewig verloor met jou dieet. Ek neem aan dat die resep net vir een dag is en dan voeg jy natuurlik elke dag iets anders by [van dag 1 to 7]? So jy moet elke dag vir jou maar jou bruin rys en lensies kook. Wel ekt my goedjies gaan koop en more begin ek! dankie natahiel. Laat weet my asb of ek dit reg lees.

  • Amanda

    Graag wil ek ook met die dieet begin maar wil net weet die resep hierbo genoem is dit net vir die dag se inname. Graag wil ek ook net hoeveel gewig n mens in die twee weke kan verloor as jy dit streng volg.

    Dankie

  • Zenobia

    Ek het ook vanoggend met die dieet begin,maar wil ook graag weet hoeveel van die mengsel moet ek eet per dag met ander woorde kook ek elke dag so mengsel en voeg die res net by,of is dit die week se rys en lensie mengsel,asseblief laat my weet ek wil nie dieet op mors want ek het skoonsus ook oorreed om saam te doen.Baie dankie,Zenobia

  • Lydia van SARIE

    Die basis is ‘n dag se kos. Daarby roer jy elke dag iets anders by.(Kies van dag 1 tot 7). Dis al wat jy die hele dag eet. En nee, geen vrugte tussenin nie. Nie All Bran nie. Nie jogurt nie. Net dit wat die dieet sê. Jy kan dit egter net 2 weke lank volg. Dit het te min van belangrike voedingstowwe — juis dit wat jou metabolisme in topversnelling laat werk. In SARIE GESOND, nou op die winkelrak, omskep ‘n dieetkundige Nataniël se rys-en-lensie-dieet in ‘n eetplan wat jy so lank as wat jy wil kan volg. Jy kan tot 10% van jou gewig verloor as jy dié nuwe eetplan ses maande lank volg (as jy 60 kg weeg, is dit 6 kg). Probeer dit!
    Selluliet: As jy baie selluliet het gaan dit beter lyk as jy baie gewig verloor, maar jy gaan nooit heeltemal daarvan ontslae raak nie. (Sien die dieet en oefenplan spesifiek vir selluliet elders op sarie.com).

  • alida pieterse

    Ek het al my oë uitgekyk vir Sarie Gesond maar kan dit nie kry nie. (Is in Centurion woonagtig) Het ook Nataniël se dieet beproef, maar die hoeveelheid wat gekook moet word, is heeltemal te veel vir my vir net 1 dag. Mens word gladnie honger nie. Die probleem is mens tel die gewig gou weer op en daarom wil ek graag die verbeterde een probeer.
    Is dit moontlik dat julle my kan laat weet waar in Centurion kan ek Sarie Gesond te koop kry?

  • Lydia van SARIE

    SARIE GESOND is tot einde April by al die gewone plekke beskikbaar, behalwe Woolworths.
    Vra bv. by Clicks of daar nog een in die stoor is. Of by PicknPay. Laat weet as jy dit glad nie erens kan kry nie, dan maak ons ‘n plan.

  • Magda Kruger

    Ek kon nooit gewig afskud na my 50 nie. Ek het koffie na 2 koppies verminder en drink rooibos tee en water. Eet Low gi kosse, slaaie. In die oggend eet ek oats pap wat baie goed is. Eet hoender en vis bederf een keer ‘n week my met ‘n T Bone. Eet my groente en vleis in die middae. In die aand eet ek iets soos sop, ‘n broodtjie en ‘n vrug. Mushrooms met laevet kaas ook baie lekker en vullend. Ek eet 6 keer ‘n dag en voel nie honger. Belangrik dat jou bloedsuiker vlakke stabiel moet wees. Vermy soetigheid,ek suig een klein sweetie ipv ‘n hele groot lekker. Dit is beter om in die dag goed te eet en minder in die aand. Ek is nou amper 2 maande besig en het al 6kg afgeval. Ek stap ook tussen in. Ek eet baie maar reg en tog verloor ek gewig. Was by my dieetkundige. Ek dank haar.

  • http://btcxkmucmtdi.com/ apcdmenyici

    waF2bP owycxznbbyet, [url=http://svsujpwxibqt.com/]svsujpwxibqt[/url], [link=http://wiffjkvfhjye.com/]wiffjkvfhjye[/link], http://ezwgwqnbgtbl.com/

  • Rene

    Ek werk op die oomblik in die buiteland, maar kom kuier in Julie in SA. Aangesien Sarie Gesond dan al van die rak is, kan ek ‘n kopie van julle af bestel?

  • Mariska

    Die dieet sê niks van ontbyt of aandetes nie, of is dit dit wat jy eet vir elke ete?

  • Lydia van SARIE

    Rene: Sekerlik, ek het gevra dat die regte mense jou kontak.
    Mariska: Dis die hele dag se kos, ja. Ontbyt, middag- en aandete.

  • Lynette de Klerk

    Ek het ook met Nataniel se dieet begin – dit is werklik heerlik!!! veral met die dae wat jy ander groentes kan byvoeg wat die smaak weer anders maak. Ek wil net weet hoeveel kilojules bevat 100gram hiervan??

  • Nina

    Hi almal, kan iemand my asseblief se hoeveel gewig mens in die 2 weke kan verloor? Ekt gelees Nataniel het 20kgs verloor op hierdie dieet, maar mens weet nie vir hoe lank hy dit gedoen het nie. Hoop iemand sal kan help, ek begin more met die dieet.

  • Karin

    Het van die dieet gehoor by ‘n vriendin. Sy’s nou al 3 weke daarop en sy lyk soooo-o goed. Ek’t ook besluit om te probeer. Sal jul laat weet, hoor.

  • Annelize

    Ek wil op die dieet gaan, of se so ek gaan… Maar wil baie graag weet hoeveel moet n mens verloor in n week/maand!

  • Sunel

    Dit klink wonderlik. Ek wil net uitvind of die bruirys en lensies al jou maaltye op ‘n dag insluit? Ek gaan dit vir seker probeer.

  • Theresa-Mari

    Hai nathaniel ekt ‘n taak oor ‘n sanger in SA en my boetie Carl het gesê ek mot jou vat so ek lees al die komentaar en het ‘n paar oulike goedjies uitgehaal!!!!

  • Lydia

    Ja, jy eet net wat die dieet voorskryf, heeldag en aldag!!! Niks ekstra nie. Lydia/SARIE

  • Annalize

    Baie dankie Nataniel,Die diëet klink wonderlik, ek begin defnitief Maandag, die 3de Januarie 2011. Ek gaan vir ‘n groot vroue operasie die einde van die Januarie en wil grrag eers ‘n paar kilogram verloor. Yippie ek kan nie wag nie.

  • Sonja

    Liewe Nataniel
    Ek is ‘n ma van vier kinders en is moeg vir vet wees , ek het al baie dieet pille gebruik en ja dan verloor ek gewig , maar tel net so vinnig op .Ek gaan jou lensiedieet toets en ek hoop dit werk .

    Dankie Sonja

  • Surita

    Hi Ek is op dag 2 van die dieet en voel wonderlik. Gladnie honger en moeg nie. Wonder net wat om te doen na die 2 weke?

  • Yolandi Labuschagne

    Kan ‘n mens bruin basmati rys gebruik in plaas van gewone bruin rys?

  • Yolandi Labuschagne

    Kan ‘n mens bruin basmati rys gebruik in plaas van gewone bruin rys?

  • Desiré Oosthuizen

    Ek gaan defitief hierdie dieet probeer.Ek weet dit gaan werk want dis als waarvan ek hou.Hoop dit werk! Sal laat weet.

  • Janine

    Dag se!!!

    Ek is so opgewonde om te begin, maar ek voel so bietjie dom.

    Ek wil net weet hoe groot moet die porsies wees en wanneer moet mens dit eet(kan ek dit vir middag ete en aand ete eet) HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    baie dankie en ek hoop dit werk

  • Natasha

    Ek het die dieet gevolg en om en by tien kilos in 10 na 12 weke afgeskud. Bygese, dit was omtrent 8 jaar terug. Om terug te dink was dit eintlik baie maklik om te gebruik en met die afwisseling van die "bykosse" soos tuna en mushrooms asook groenrissie en hoender sonder vel of vet, was dit nie te vervelig nie.

    Ek het vanoggend een van my ou langbroeke aangepas en dit het weer na al die tyd oor my agterstewe gekom, behalwe dat dit nou ietwat lyk na ‘n spanbroek en nie te fleurig oor sekere areas sit nie.

    So…ek het dit goedgedink om weer ernstig vir ‘n week of twee my eetplan te verander en die bruinrys en lensies nader te hark. (Dis in elk geval maklik om dit met ‘n vleisie en ‘n groentetjie aan my man ook te bedien wat die alleen rys-etery in die huis waarskynlik ‘n bietjie makliker vir my sal maak).

    Na al die tyd het ek min of meer dieselfde gewig gehandhaaf, behalwe dat ek al hoe minder begin oefen het – nie dat ek ooit dit gewaag het om in die gym gesien te word of dat ek daarvan hou om te sweet nie. Om doodeerlik te wees, ek het 3 na 4 kilo’s intussen opgetel.

    Die wenresep is maklik: ongeveer 2 liter water ‘n dag, geen gaskoeldrank! (Ek bederf myself smiddae met die tuiskomslag met boeretroos) Bruinrys en lensies bedien gedurende die dag (vervang al drie etes) afgewissel met die verskillende "bykosse". ‘n Halfuur se vinnige stap help ook bietjie as daar tyd of plek is.

    Die grootgeheim is egter: as jy na die dieet iewers langs die pad weer ‘n kilo of drie optel…volg weer die resep, of vas vir ‘n dag – gewoonlik is gewig wat vinnig opgetel word, weer vinnig om te verdwyn!

    Sterkte aan al die maters wat saam gaan smul…sal rapporteer of daar enige ander resultate as verwagte verkry word.

  • Almarie

    Nataniel ek wil sommer dadelik begin. Hoekom moet jy nie die dieet langer as 2 weke gebruik nie? Wat as ek nog nie in die 2 weke se tyd genoeg verloor het nie? Ek wil teminste 10 kilo’s verloor… Kan ek langer as 2 weke aanhou met jou dieet of nie? Groete!

  • Theresa

    Hey, ek was jare terug op die diet. Dit werk. Ek het weer bietjie opgetel maar lyk nog heel skaflik. My resep het weggeraak. Baie dankie vir die web blad. Ek en my dogter gaan dit nou weer aanpak om die winter vetjies af te skud. Baie dankie die Roux’s. Mal oor jou.

  • Alida Helberg

    Hoe lank moet mens af gaan van Nataniel se dieet, voor mens weer op die dieet kan gaan? Kan ek die Sampoeiene vervang met iets anders?

    Groete Alida

  • Mary Jane Clarke

    Halo almal ek beplan om ook die resep te volg wil net weet kan jy dalk gekookte eier in die ontbyt porsie opsny? Nou nie elke dag nie dalk elke 2de dag? En die tuna moet natuurlik die in water wees ek wil ook weet wat di porsie per. Maaltyd moet wees? 250ml? Of meer sien nie waar daai vraag beantwoord word ni. Sien uit om my positiewe resultate te ervaar! ; ~p. Groete aan almal

  • Johan

    Ek wil ook die vraag vrae wat baie ander ook vra hoeveel eet n mens per dag is die resep wat gegee word vir n week of een dag,of iemand wat die resep al probeer laat weet asb.

  • estelle

    Nathaniel ek wil ook weet hoeveel gewig jy in ‘n maand sal verloor as jy volhou hiermee! dankie en ek gaan beslis van vandag af probeer! Groete. Estelle.

  • Chivonne

    Goeie dag, vandag is my 1st dag wat ek begin met die bruinrys en lensie dieet. ek wil net graag weet kan ‘n mens die rooi of groen lensies ook gebruik of is dit noodsaaklik om die bruin lensie te gebruik en mag ‘n mens in die plek van hoender, vis (natuurlik die sonder die krummels) gebruik. ek sien baie uit na die dieet. ek wil net ook graag weet min of meer hoeveel kg verloor jy met die dieet? ek doen my daaglikse oefening (zumba) vir so 1uur partykeer meer, hoop julle sal my kan help, Groete

  • wisanggckq

    jZuNGd xevblumhkora, [url=http://recushljcxjr.com/]recushljcxjr[/url], [link=http://xndukyqxxdwb.com/]xndukyqxxdwb[/link], http://nfpouxnoddnk.com/

  • antoinette olivier

    Haai, ek wil ook Nataniel se dieet probeer. ek wil net weet of mens skoon wit vis i.p.v. tuna kan eet, kan mens nog tamaties as bykos insit

  • Eben

    Wou ook iets deel maar toe sien ek net die vroulike geslag is aan die woord so,ek hou my mond heel dankie…maar die rysding is baie lekker dankie.

  • Hester Wilken

    Hi Daar, ek gaan vandag met die lensie dieet begin. Ek wil net weet of dit al my etes moet vervang of moet ek tussen-in vrugte of iets ander eet. Nataniel jy lyk stunning.

  • Zenobia

    More almal,ek het vanoggend met die dieet begin en sal dit nou vir 2 volle weke volg.Ek het vroeg oggend die mengsel gekook en in 3 porsies gedeel.(ontbyd,middag,aand)My 2liter water bottels gekry so eks reg vir die ding.Ek is 48jr en gaan so bietjie ligte stap oefeninge ook doen ek sal graag wil kyk wat die resultaat sal wees na die 2 weke.Eks ernsig om gewig te verloor my enkels kan nie meer die gewig dra.So sal ek dan weer my ervaring met julle deel.

  • melinda

    Wil graag hoor van al die mense wat gekommentaar het,hoe dit toe gegaan het met die dieet en hoeveel hulle verloor het.Sal baie graag wil weet,wil graag self die dieet probeer. melinda

  • melinda

    Wil graag hoor van al die mense wat gekommentaar het,hoe dit toe gegaan het met die dieet en hoeveel hulle verloor het.Sal baie graag wil weet,wil graag self die dieet probeer. melinda

  • melinda

    Wil graag hoor van al die mense wat gekommentaar het,hoe dit toe gegaan het met die dieet en hoeveel hulle verloor het.Sal baie graag wil weet,wil graag self die dieet probeer. melinda

  • melinda

    Wil net graag hoor,die wat die dieet probeer het,het dit gewerk vir julle en hoeveel het julle verloor.

  • Nadsarranna

    [url=http://www.viagranorxpharmacy.com/]buy viagra[/url]

  • Nadsarranna

    [url=http://site.ru/]site.ru[/url]