sr0804shaleen_3_-533x800
Dieet

Shaleen Surtie-Richards verloor 8 kg

SARIE.com het vir aktrise Shaleen Surtie-Richards by die Baxter Teater raakgeloop waar sy tans aan Scrooge repeteer. Scrooge, Lara Foot se weergawe van A Christmas Carol (Charles Dickens), speel vanaf 4 Desember tot 25 Januarie, en Christo Davids en Marc Lottering is ook daarin te sien.

“Ek lyk nie net soos ‘n nuwe voel soos ‘n nuwe sikspens,” vertel ‘n skraler Shaleen.

“Jy weet, ek’t ‘n beroerte gehad verlede jaar, en dis ‘n geval van my liggaam het gepraat, en ek het geluister. Ek luister nooit, maar dié keer het ek geluister. Ek is nie op ‘n dieet nie, ek het net ‘n beter eetplan. Ek is diabeet en vir die eerste keer in my lewe is my suiker 4,6 en 6,7 – kan jy glo!” vertel sy.

Wat doen sy anders?

“Ek eet nie meer takeaways nie. Ook nie vetterige goed nie. Hier by die Baxter eet ek net vegetariese kos. En ek het nooit gedink ek sou belangstel in vegetariese kos nie, maar die mense hier maak dit nca!” lag sy.

“Ek eet my dood aan die appels. Ek het altyd 3 skeppe rys geëet, en nou vat ek net twee. Bietjie minder van die lekker goed in die lewe,” sê Shaleen.

“Daar is twee goed waarmee ek sukkel: Rokery en die tjoklits. Een keer per maand eet ek my dood aan sjokolade, en ek lê nou slap, maar gewoonlik drink ek baie water,” vertel sy.

En daai trapmeul wat jy laas aangeskaf het?

“My treadmill het ek nou uit die kamer geskuif. Toe ek hom koop met die kredietkaart, en kyk, ek betaal nóú nog af aan die ding, toe sien ek die visie van hoe ek op die ding gaan loop. Nee, hy was eers in die kamer, toe’s hy ‘n klererak en nou staan hy in die lapa onder die stof. Ek doen baie oefening want ek loop op en af in die woonstel opsoek na goed!” lag sy.

“Ek wil nog 10 kg verloor. Vir my gaan dit nie meer oor ‘n figure nie, dit gaan oor my gesondheid!”

FOTO: Shaleen in Shirley Valentine (regs), en ‘n skraler Shaleen nou (links)

shaleen export

  • Lynette Hugo

    Dit is wonderlike, en ek sukkel ook net so met die rokery en tjoklits. Ai tog.

  • Garry David Frasca

    Geniet jou kos probeer Paleo, http://paleoliving.co.za/ ek het 29 Kg verloor