sr1206_jana_nortier_03
Dieet

Só verloor Villa Rosa-ster 15 kg

Sy was nog altyd “rond en gesond”, maar toe aktrise Jana Nortier in die begin van verlede jaar vir roetine-bloedtoetse gegaan het, het die uitslae gewys sy is toe nie so gesond nie. Haar cholesterolvlak was hoog en sy was op die punt om tipe 2-diabetes te ontwikkel.

“Ek het verskriklik groot geskrik. Ek het dit glad nie verwag nie,” vertel die donkerkop aktrise wat die rol van die saggeaarde Sussie Koekemoer in die kykNET-sepie Villa Rosa speel.

“Ek het gedink ek is gesond. Rond en gesond, soos my ma altyd sê, maar toe ek die uitslae kry, het ek besef hierdie is ernstig. Ek moet iets hieraan doen.” En sy het.

Die afgelope jaar het Jana 15 kg verloor. “Deesdae doen mense double takes as hulle my op straat sien. Ek kry sulke twyfelagtige kyke. Ek kan sien ek lyk vir mense bekend, maar hulle kan my nie plaas nie.”

Jana Nortier

Jana se wenke vir gewigsverlies

  1. Ek werk elke Sondag ’n spyskaart vir die week uit en koop alles wat ek nodig het. Terwyl ek in die week aandete maak, pak ek my kos vir die volgende dag in: ontbyt, twee snoephappies en middagete.
  2. Om gesond te leef moet ’n gewoonte word. Jy moet iets vir 21 dae doen voordat dit ’n gewoonte is.
    Probeer dus ’n gesonde leefstyl vir drie weke handhaaf en merk dit elke dag op ’n kalender af. Daarna is dit makliker om vol te hou.
  3. Raak aktief. My dieetkundige het gesê jy moet minstens 150 minute in ’n week oefen. Probeer om net vyf keer in ’n week vir 30 minute op ’n slag aktief te wees. Jy kan selfs vinnig in ’n inkopiesentrum gaan stap.
  4. Probeer om gemorskos en suiker uit jou dieet te sny. Dit het my lewe verander.
  5. Hou jou porsiegroottes dop. Soms voel jy hongerder as wat jy is. Eet eers jou groente, dan jou proteïene en laaste die stysel op jou bord. Teen die tyd dat jy klaar jou proteïene geëet het, is jy dalk nie meer honger nie. As jy versadig is, hou op eet.
  6. Dis in ons natuur om verskonings uit te dink, soos “ek het nie tyd om kos te maak nie, daarom gaan ek ’n hamburger eet”. Dis nonsens. Ek moet die meeste van die tyd sewe-uur in die oggend op stel wees. So ek gaan oefen soms vyfuur in die oggend. Beplanning is belangrik.

* Lees die volle onderhoud in die Junie-uitgawe van SARIE – nóú te kry!

  • Elize

    Wow Jana jy lyk stunning, wel gedaan, nou het ek ook moed om dit te probeer!

  • Elsa Morris

    Wow!!! wens ek kon dit regkry!!! awesome!

  • Ronel Swanepoel

    Ek gaan opsluit vir my een van Sussie se winkel se pasteie koop. As die eienaar daarvan so mooi lyk, dink net wat dit vir my kan doen! Baie geluk, Jana, jy lyk so fraai soos ‘n "pie"!

  • LORETTE

    JY LYK PRAGTIG!!!!

  • Bianca Roux

    Sjoe, ek het haar GLAD nie herken nie!!! Wel gedaan!!!

  • SANDRA HORN

    ONGELOOFLIK!!!!!!!!BAIE,BAIE GELUK.

  • Marie Labuschagne

    Dit is wonderlik jy is so mooi mens nou is jy nog mooier

  • Hannelie Minnie

    Wow jy lyk so goed. Waar kan ek jou dieet kry asb?

  • Lana Crafford

    Sjoe Sussie jy lyk stunning ek het jou nie herken nie, hou net aan!!!!

  • Hester

    Jy is beslis ‘n inspirasie vir ander! Jy lyk pragtig

  • Marna

    Jy was nog altyd vir my ‘n mooi mens maar genade dit is ongelooflik wat 15kg aan mens kan doen. Ek moet nog 10kg verloor so ek is sommer geinsireerd.

  • madie

    Jy lyk absoluut fantasties!!!!!!wow wow wow wow!!!!!!!!!!!!!!

  • Susan

    Ek is verstom! Ek kon jou nie herken nie! Met of sonder 15kg is jy net so mooi!

  • Carien van Dewenter

    Baie geluk, Jana. Jy lyk stunning!!! Jy sal altyd ‘n pragtige mens wees!

  • Vicki

    Dis motivering en ek het dit nodig

  • louisa pretorius

    Dit wil gedoen wees.. Jy lyk stunning!!!!!!!

  • Hestie

    Jana, jy lyk pragtig. Ek weet dit kon nie altyd maklik gewees het nie, maar kyk nou net die eindresultate. Ek probeer al twee jaar lank 15kg verloor, maar sukkel. Soos jy sê" Ek moet ophou verskonings soek en die bul by die horings pak. Weereens, baie geluk! 15Kg, hier kom ek!!

  • Melissa Troskie

    WOW WEEE!!!!! Ek diëet van Januarie af en is 15kg ligter! Jou fotos en artikel motiveer my om die volgende 15 aan te pak!! Wel gedaan!

  • Annatjie

    Jana. wil jy nie asb. jou eetplan met ons deel nie. doodgesukkel met hierdie gewig, en skoon jaloers op jou

  • AMANDA

    EK IS ASB OP SOEK NA DIE DIEET VAN JANA NORTIER AS JUL DIT KAN EMAIL NA GROOT ASB DANKIE AMNANDA

  • Bettie

    Kan jy nie aub Jana se dieet met my deel nie. Ek het al alles probeer sukkel geweldig. email dit groot aub vir my. Sal dit baie waardeer.

  • Diane van Zyl

    Jana jy ly baie goed ek wens ek kan soveel gewig verloor my gewig is besig om baie depressif te maak en ek bly siek kan jy nie asb jou dieet vir my epos ek is soos n lopemde tydbom op die oomblik met my gewig groot asb baie dankie

  • LETTIE

    HI JANA JY LYK GOED SAL JY JOU DIEET OK VIR MY STUUR.

  • Amanda Eilerd

    Amanda Eilerd. Ek hou daarvan om vet te wees!!! My man woel in die rolletjies!!!

  • Carina

    Dit is so motiverend om te sien hoe jy gewig verloor het. Ek sal dit baie wardeer as jy die dieet plan na my sal e-pos. Groete Carina

  • Charlene Joubert

    So stunning, kan nie glo! Sal bitter graag dieet wil he en probeer!

  • susan lee-bell

    jy lyk fantasties, stuur asb jou eetplan

  • Elize Buitendag

    Jul lyk "Stunning", stuur asb. die dieetplan aan elizeprudi@gmail.com.

    Sal dit baie waardeer, sterkte!!!!!!!

    Elize Buitendag
    0725505178

  • LIZETTE GOUWS

    Jana, Ek kon nie glo toe ek jou gisteraand op tv sien hoe goed jy nou lyk nie. Sal jy asseblief vir my jou eetplan stuur. Wel gedaan, jy gee my nou weer moed om te begin. Hou so aan. Lizette Gouws

  • Annelie

    Jana jou doring! Stuur asb vir my jou dieet en wenke na erasmus.annelie@gmail.com

    Dankies

  • Magda Davel

    Dit lyk so maklik maar ‘n ander storie as jy dit self moet doen. Ek sal graag die dieet wil bekom Stuur asb na my e pos. en ja jy lyk pragtig

  • Lucille

    More Jana,

    Stuur asb. vir my jou dieet. Jy lyl goed, ek het vanoggend die dames in die kantoor vertel van jou.

    Lekker dag!

    Lucille

  • Lucille

    More Jana,

    Stuur asb. vir my jou dieet. Jy lyl goed, ek het vanoggend die dames in die kantoor vertel van jou.

    Lekker dag!

    Lucille

  • Lucille

    More Jana,

    Stuur asb. vir my jou dieet. Jy lyl goed, ek het vanoggend die dames in die kantoor vertel van jou.

    Lekker dag!

    Lucille

  • Lucille

    More Jana,

    Stuur asb. vir my jou dieet. Jy lyl goed, ek het vanoggend die dames in die kantoor vertel van jou.

    Lekker dag!

    Lucille

  • Lucille

    More Jana,

    Stuur asb. vir my jou dieet. Jy lyl goed, ek het vanoggend die dames in die kantoor vertel van jou.

    Lekker dag!

    Lucille

  • Jennie

    Sjoe dis ongelooflik you go Girl ! ek soek ok so graag ‘n dieet wat werk ek wil van my "tjoepie" ontslae raak lol. Jana kan jy Groot ASB. Jou dieet vir my stuur.

    Jyt werklik ‘n hele paar meisies en vroue geinspireer.

  • Manda

    Is dit moontlik dat di dieet na my toe gestuur kan word!

  • Natacha

    Halo Jana!!!! sjoe jy lyk stunning vrou. Kan somer die glans in jou oë sien. Hoe kry ek en my man die dieet aan die hande?

    Wil graag my man help met n gesonde dieet. As jy so goed lyk weet ek dat ek hom ook so mooi kan help. Elke mens verdien dit om sexy te voel en goed te voel.

  • Naomi

    Sussie jy lyk baie goed. Mag ek ook deel wees van jou dieet plan. Groot asseblief.

  • rosa potgieter

    sussie jy lyk pragtig mag ek ook in die tou staan vir die ou dieetjie ?

  • Sorika Bezuidenhout

    Goeie dag, jy lyk pragtig en gesond. Ek het ook reeds 20 kg verloor, deur nie in die aand te eet nie, probeer Low GI te eet. Kan jy asb so gaaf wees om ook hierdie dieet vir my aan te stuur Dankie geniet die dag verder.