FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

Dieet

Speen jou kind só van suiker

Jy moet murg in jou pype hê om kinders van suiker te probeer speen, het dieetkundige Kath Megaw geleer.

Sy sit dus twee keer per week ’n hand vol gesonde en ongesonde bederfkos in ’n boks: soos biltong, springmielies, minisjokoladestafies, droëvrugte en biltong. Hulle kan besluit wanneer hulle dit wil eet. “Ek wou dit nie beheer nie. Ek is nie altyd daar nie en hulle moes leer om self na hul lyf te luister. Dit het my stoutste verwagting oortref.

Die neul en onderhandelinge tuis het gestop, ook die oorloë by die winkel se lekkergoed-rak.

Soet bederfies het die glans van iets verbode verloor. Die bederfboks is nou soms selfs heeltemal vergete. Ek het onlangs gehoor hoe Jaytn aan sy oppasser sê hy het reeds sy weeklikse bederfie gehad en sal dus ’n vrug eet. Hy wou in die verlede glad nie groente en vrugte eet nie.”

Dus: Roomys nou en dan op Sondae is ’n bederfie. ’n Suiker-ontploffing elke dag, nie. As jou kind die slag weglê aan ’n kolwyntjie, laat hom begaan. Gaan daarna voort met sy suikervrye en laer-koolhidraat-dieet, beveel Kath aan. Julle gaan dit nie elke dag regkry nie. Onthou dan dis net kos, nie godsdiens nie.

Dié uittreksel kom uit die Oktober-uitgawe van SARIE. Dit nie meer beskikbaar nie, maar jy kan dit HIER aflaai.

Lees ook