luk_thys_photoalto
Dieet

Stadig met die vrugtesap

Die suikerkonsentrasie in suiwer vrugtesap is baie dieselfde as koeldrank s’n – gas- én aanmaakkoeldrank. Navorsing het al gewys meeste vrugtesappe en koeldranke het dieselfde uitwerking op jou bloedsuikervlakke. Albei laat jou bloedsuiker méér wipplank ry as wanneer jy bv. vars vrugte eet.

As jy dit drink: Kies suiwer en vars geparste vrugtesap – eerder as vrugtedrankies en sap met preserveermiddels en soms kleurmiddels by. Soms word ekstra suiker, of kunsmatige versoeter ook bygevoeg.

Vrugtesap is verseker ‘n beter keuse as koeldrank en bevat voedingstowwe soos karotenoïede en luteïen. Maar verdun dit altyd met bietjie water, soda of rooibostee. Moet ook nie meer as 100 ml op ‘n keer drink nie. Jou liggaam sal dan nie so ‘n groot “suikerskrik” kry nie.

Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.