Tem jou selluliet met 2 groentesop-resepte
Tot siens, selluliet! Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor. Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy 'n gróót verskil sien. Ons wys hoe in jou November-SARIE. Hier's solank twee lekker sop-resepte
Geurige groentesop (warm)
Resep lewer ±7 groot porsies (1½ koppie elk)
Bestanddele
- 3 eetlepels (45 ml) hoender- of beesvleis-aftrekselpoeier
- 1 eetlepel (15 ml) olyfolie
- 6 koppies (1,5 liter) kookwater
- 2 teelepels (10 ml) sout
- 500 g murgpampoentjies (gesny of gerasper)
- 700 g wortels (gesny of gerasper)
- 300 g groenbone (gekerf)
**Variasies
Voeg kerrie-puree by wanneer die olie gebraai word. Voeg gesnyde seldery by 'n paar minute voordat die kookproses klaar is.
Metode
- Roerbraai die aftrekselpoeier in olyfolie in 'n diep pot.
- Voeg water en sout en dan al die gesnyde groente by.
- Kook sowat 20 minute tot nét sag.
Koue somersop
Resep lewer ± 4 – 6 porsies
Bestanddele
- 1 knoffelhuisie
- 1 kg ryp tamaties, in kwarte gesny
- 1 Engelse komkommer
- 1 rooirissie, fyngesny
- 1 klein ui, geskil en gesny in kwarte
- 1 stuk seldery, in fyn skyfies gesny
- 1 rooirissie of 'n paar druppels Tabasco-sous
- ¼ k (63 ml) vars basiliekruidblare
- ⅓ k (83 ml) vars pietersielieblare
- swartpeper na smaak
- 2 eetlepels (30 ml) olyfolie
- ¼ k (63 ml) rooiwyn of wit balsemasyn
- 2 eetlepels (30 ml) tamatiepasta (opsioneel)
- 1 teelepel (5 ml) sout
Metode
- Versap alles behalwe laaste drie bestanddele in 'n voedselverwerker tot fyn, maar nie heeltemal verpulp nie.
- Roer die asyn, tamatiepasta en sout by.
- Voeg 'n bietjie water by indien 'n dunner sop verkies word.
- Verkoel tot goed koud.
- Garneer net voordat jy dit voorsit met vars geskeurde basiliekruidblare en 'n lepel of twee Bulgaarse/ongegeurde jogurt as jy wil.
Verwante artikels
-
Tot siens selluliet - doen dit só
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg . . .
-
Wat sê manne soos Neil Sandilands en Jan Blohm oor selluliet?
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 5
Vererger vroue dalk die voorkoms van selluliet? Ons het twee hubare mans gepols oor wat hulle werklik van selluliet dink.












Kommentaar
Lydia van SARIE het gesê:
O jinne Annaline nee, nie net sop nie! Sien ``Tot siens selluliet - doen dit só'' net onder die resepte en klik daarop, dis die volledige dieet. Groete
11de Apr. 2011, 14:42Annaline het gesê:
Ek weeg 103kg.hoe lank sal ek op die sop dieet moet bly.Wanneer bring ek vaste kosse in soos slaai.My lente is 1.60m.EK IS BAIE KORT.Ek stap baie en trap ook die healf waker.
11de Apr. 2011, 14:23ANNELIZE het gesê:
Haai die storie van die sop en mastjien klink goed.Waar kan ek so n mastjien goedkoop koop.In Namibia is dit vrek duur.
20ste Mar. 2011, 16:47Martie het gesê:
Eli, watse soorte soppe het jy alles geeet?
11de Nov. 2010, 12:42Kotie het gesê:
Ek het die "Fit message" skud masjien, wat is die verskil? Sal dit ook die selfde uitwerking hê as die PP. Sal gaaf wees as iemand my kan laat weet. Dankie.
11de Nov. 2010, 11:06Eli het gesê:
Die vibro masjien is baie goed dit maak my metabolisme vinniger!Dit werk.
31ste Okt. 2010, 23:38Eli het gesê:
Jy kan met n sop resep in die oggend,middag en aande n beker sop eet.Jy word nie honger nie en neem baie min kj in.Ek het 23kg al verloor glo my dit werk. Kook verskillende soppe dat jy nie moeg raak vir dit nie.
31ste Okt. 2010, 23:36joane het gesê:
my vriendin was op 'n sop diet en was die middag alreeds honger hou nou
2de Apr. 2010, 22:51Alet het gesê:
Hi Petro, ek het 'n soortgelyke masjien, lyk net anders maar werk op dieselfde beginsel. Die jeuk en rooi vlekke is deel van die oefening wat jou 'vetselle' kry met die vibrasie wat die masjien veroorsaak. Dit breek die sellulietselle op. My bobene het teen mekaar geskuur voor ek die masjien begin gebruik het.Nou is my bobene slank en skuur nie meer teen mekaar nie. Na ek klaar geoefen het, en my bene jeuk, vryf ek dit net en stimuleer my vel, dan gaan dit oor en jeuk nie meer nie. Sterke met die oefenmasjien (my sitvlak het ook heelwat gekrimp!)
4de Des. 2009, 23:13Petro de Klerk het gesê:
Ek het hierdie eetplan deeglik gerekon. ek het besluit om dit te volg,maklik en ek dink jy sal definitief nie van honger of verveling sterf met al die opsies nie, enigste probleem wat ek het is dat ek in 2008 'n Power Plate gekoop het, maar as ek daarop staan of oefen (spoed 15) voel dit my hele liggaam jik ek slaan dan rooi vlekke uit (het steeds masjien), weet nie of dit iets met my bloedsomloop te doen het of iets wat ek verkeerd doen nie, is daar 'n ander manier van oefen teen selluliet. Wat is die doel van sop (help kombinasie sell beveg), wanneer eet jy dit saam met ander maddigmaal of wanneer jy honger word.
28ste Okt. 2009, 14:26Estie het gesê:
Nee, kyk na die eetplan in die sarie!!
26ste Okt. 2009, 09:23martie het gesê:
ja, laat weet asb...
24ste Okt. 2009, 16:05Ems het gesê:
Wil graag ook weet!!!
23ste Okt. 2009, 22:23Tessa het gesê:
Wonder ek ook nou.
22ste Okt. 2009, 14:36Elméne het gesê:
Wat doen 'n mens nou, eet jy elke dag net hierdie sop, ontbyt, middag en aand vir die volgende twee weke??
20ste Okt. 2009, 15:53