000028040
Dieet

Tem jou selluliet met 2 groentesop-resepte

Geurige groentesop (warm)

Resep lewer ±7 groot porsies (1½ koppie elk)

Bestanddele

  • 3 eetlepels (45 ml) hoender- of beesvleis-aftrekselpoeier
  • 1 eetlepel (15 ml) olyfolie
  • 6 koppies (1,5 liter) kookwater
  • 2 teelepels (10 ml) sout
  • 500 g murgpampoentjies (gesny of gerasper)
  • 700 g wortels (gesny of gerasper)
  • 300 g groenbone (gekerf)

**Variasies
Voeg kerrie-puree by wanneer die olie gebraai word. Voeg gesnyde seldery by ‘n paar minute voordat die kookproses klaar is.

Metode

  1. Roerbraai die aftrekselpoeier in olyfolie in ‘n diep pot. 
  2. Voeg water en sout en dan al die gesnyde groente by.
  3. Kook sowat 20 minute tot nét sag.

Koue somersop

Resep lewer ± 4 – 6 porsies

Bestanddele

  • 1 knoffelhuisie
  • 1 kg ryp tamaties, in kwarte gesny
  • 1 Engelse komkommer
  • 1 rooirissie, fyngesny
  • 1 klein ui, geskil en gesny in kwarte
  • 1 stuk seldery, in fyn skyfies gesny
  • 1 rooirissie of ‘n paar druppels Tabasco-sous
  • ¼ k (63 ml) vars basiliekruidblare
  • ⅓ k (83 ml) vars pietersielieblare
  • swartpeper na smaak
  • 2 eetlepels (30 ml) olyfolie
  • ¼ k (63 ml) rooiwyn of wit balsemasyn
  • 2 eetlepels (30 ml) tamatiepasta (opsioneel)
  • 1 teelepel (5 ml) sout

Metode

  1. Versap alles behalwe laaste drie bestanddele in ‘n voedselverwerker tot fyn, maar nie heeltemal verpulp nie.
  2. Roer die asyn, tamatiepasta en sout by. 
  3. Voeg ‘n bietjie water by indien ‘n dunner sop verkies word.
  4. Verkoel tot goed koud. 
  5. Garneer net voordat jy dit voorsit met vars geskeurde basiliekruidblare en ‘n lepel of twee Bulgaarse/ongegeurde jogurt as jy wil.

 

  • Elméne

    Wat doen ‘n mens nou, eet jy elke dag net hierdie sop, ontbyt, middag en aand vir die volgende twee weke??

  • Tessa

    Wonder ek ook nou.

  • Ems

    Wil graag ook weet!!!

  • martie

    ja, laat weet asb…

  • Estie

    Nee, kyk na die eetplan in die sarie!!

  • Petro de Klerk

    Ek het hierdie eetplan deeglik gerekon. ek het besluit om dit te volg,maklik en ek dink jy sal definitief nie van honger of verveling sterf met al die opsies nie, enigste probleem wat ek het is dat ek in 2008 ‘n Power Plate gekoop het, maar as ek daarop staan of oefen (spoed 15) voel dit my hele liggaam jik ek slaan dan rooi vlekke uit (het steeds masjien), weet nie of dit iets met my bloedsomloop te doen het of iets wat ek verkeerd doen nie, is daar ‘n ander manier van oefen teen selluliet. Wat is die doel van sop (help kombinasie sell beveg), wanneer eet jy dit saam met ander maddigmaal of wanneer jy honger word.

  • Alet

    Hi Petro, ek het ‘n soortgelyke masjien, lyk net anders maar werk op dieselfde beginsel. Die jeuk en rooi vlekke is deel van die oefening wat jou ‘vetselle’ kry met die vibrasie wat die masjien veroorsaak. Dit breek die sellulietselle op. My bobene het teen mekaar geskuur voor ek die masjien begin gebruik het.Nou is my bobene slank en skuur nie meer teen mekaar nie. Na ek klaar geoefen het, en my bene jeuk, vryf ek dit net en stimuleer my vel, dan gaan dit oor en jeuk nie meer nie. Sterke met die oefenmasjien (my sitvlak het ook heelwat gekrimp!)

  • http://www.google.com joane

    my vriendin was op ‘n sop diet en was die middag alreeds honger hou nou

  • http://ijdbjhzfygmn.com/ snajfroo

    6FBNI3 sknuquazbsge, [url=http://pasamaypnmlu.com/]pasamaypnmlu[/url], [link=http://bjesylhyywmz.com/]bjesylhyywmz[/link], http://pooodrnckxdp.com/

  • Eli

    Jy kan met n sop resep in die oggend,middag en aande n beker sop eet.Jy word nie honger nie en neem baie min kj in.Ek het 23kg al verloor glo my dit werk. Kook verskillende soppe dat jy nie moeg raak vir dit nie.

  • Eli

    Die vibro masjien is baie goed dit maak my metabolisme vinniger!Dit werk.

  • http://sarie.com Kotie

    Ek het die "Fit message" skud masjien, wat is die verskil? Sal dit ook die selfde uitwerking hê as die PP. Sal gaaf wees as iemand my kan laat weet. Dankie.

  • Martie

    Eli, watse soorte soppe het jy alles geeet?

  • ANNELIZE

    Haai die storie van die sop en mastjien klink goed.Waar kan ek so n mastjien goedkoop koop.In Namibia is dit vrek duur.

  • Annaline

    Ek weeg 103kg.hoe lank sal ek op die sop dieet moet bly.Wanneer bring ek vaste kosse in soos slaai.My lente is 1.60m.EK IS BAIE KORT.Ek stap baie en trap ook die healf waker.

  • Lydia van SARIE

    O jinne Annaline nee, nie net sop nie! Sien “Tot siens selluliet – doen dit só” net onder die resepte en klik daarop, dis die volledige dieet.
    Groete

  • enmllagc

    s0LZQq bvbtqxkvuadv, [url=http://ickcqmsyssni.com/]ickcqmsyssni[/url], [link=http://yoakrtaznwtv.com/]yoakrtaznwtv[/link], http://wuyacuaugjuq.com/

  • createjaL

    ? ??? ???????? ????? ????????. ????: ??????? ????, ??????? ??????? ? ??????????, ????? ?? ??????? ? ???????? ?????. [URL=http://adolfmukf.tk/yachnevaya-kasha-dieta.html]??????? ???? ?????[/URL]. ??? ?????????????? ?????????? ? ???????????? ????????? ???????? ?????????? ??????? ?????? ??????????? ????????. ???????, ?????? ???? ???? ??????. ??? ????? ?? ???????? ???????????. ???? ????????? ?????????????? ?????? ??? ???????????? ??????? ?????.

  • Sylvia kukard

    Ek het die 23mei 2012 begin mt my dieet ek eet ok net sop stap in die oggend 3km en doen oef en stap in die aand ok 3km sal dit help ek weeg 85kg en is kort raad asb en bly honger

  • sharon

    eet koolsop,dit werk,sms my,dan gee ek jou di sop dieet,0736475659

  • Sheila Linde

    Ek wil weet watter sop werkk die beste