Tot siens selluliet - doen dit só
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg . . .
Klik vir die volledige eetplan en probeer jou maaltye só eet
Ontbyt
Middagete
Aandete
Eet die vrugte en rou neute tussen maaltye
Hoe gemaak?
Jy kan die kos gebruik nes dit jou pas. Hier is ’n voorbeeld:
Begin jou dag met:
* Hawermout (warm of gerooster in ’n pannetjie)
* Vrugte (bv. een appel, gerasper)
* Amandels
* Jogurt
Of:
* Maak ’n smoothie met al dié bestanddele
Middagete:
Maak ’n groot pot sop (sien groente-sop-resepte hier) en eet elke dag minstens 2 koppies.
Kombineer met ½ blikkie bone/kekerertjies/baked beans.
Eet ook enige van die volgende:
’n Opgewarmde of koue patat of mengsel van bruinrys/mielies en ertjies.
As jy verkies om 2 keer per week salm te eet, kombineer jou middagmaal met enige van die proteïen-keuses (tabel 2).
Aandete kan bestaan uit ’n proteïen-porsie.
Kombineer met enige groente of slaai bv. avokadopeer, tamatie en gestoomde groente en bruinrys/patat/mielies/ertjies/pampoen.
Gebruik die druiwepitolie bedags oor jou slaai of om saans geroosterde groente te berei.
TEM OOK JOU SELLULIET MET HIERDIE OEFENPLAN
Verwante artikels
-
Basiese Power Plate-program spesifiek vir selluliet
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 20
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
-
Tem jou selluliet met 2 groentesop-resepte
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 15
Tot siens, selluliet! Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor. Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy 'n gróót verskil sien. Ons wys hoe in jou November-SARIE. Hier's solank twee lekker sop-resepte
-
Tot siens selluliet - hier's die eetplan
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 4
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
-
Wat sê manne soos Neil Sandilands en Jan Blohm oor selluliet?
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 5
Vererger vroue dalk die voorkoms van selluliet? Ons het twee hubare mans gepols oor wat hulle werklik van selluliet dink.












Kommentaar
Moryn Hanzen het gesê:
Ek stem met die meeste van jul aanbevole voedsel saam, met die uitsondering van vark- en volstruisvleisprodukte. Navorsing het bewys dat dit (tesame met vis sonder skubbe en vinne (insluitend seekat en skulpvis) NIE goed is vir 'n mens nie. As iemand meer daaroor wil weet, lees "Die Skepper se Dieet" / "The Maker's Diet" deur Jordan S. Rubin (Struik). Dis die eerste eetplan wat ek in my lewe van gehoor het wat volkome sin maak! Groete Moryn Hanzen
23ste Sep. 2011, 11:32Su het gesê:
So 'n ruk gelede het al wat tydskrif is vertel hoe rissie sal help met selluliet, net om nou die dag te hoor dat dit toe nie waar is nie. Watter waarborg is daar dat hierdie dieet sal help. En hoe lank moet mens daarmee aanhou, en kan jy op 'n permanente basis so eet?
10de Nov. 2010, 17:46