Tot siens selluliet - hier's die eetplan
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
Ai, die onvleiende vergelykings met eetgoed: maaskaas-bene, lemoenskille, klonterige kapokaartappels.
En moenie dink rykes en beroemdes spring dit vry nie – daar het al foto’s van Beyoncé Knowles, Kate Moss en Paris Hilton verskyn met dié . . . sal ons sê . . . hompe.
Hulle – en jy – is nie alleen nie. Sowat 80 tot 90% van vroue het in ’n meerdere of mindere mate selluliet, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Mans se bindweefsel is klaarblyklik anders gestruktureer en hulle is minder geneig om dit te kry. Maar daar ís tog mans met selluliet.
En as jy erge selluliet het, is dit onwaarskynlik dat jy ooit heeltemal ontslae sal raak van dié oneweredig verspreide vetselle tussen jou vel en spiere. Tensy jy sommer báie maer word.
Die troos? Jy kán selluliet stukke beter laat lyk.
Hoewel die nuutste kosmetiese middels ’n verskil kan maak, is ’n gesonde leefwyse en oefening noodsaaklik. As jy die Power Plate™- en eetprogram in dié artikel volg, gaan jy vet verloor, jou spiere gaan fermer word en jou bloedsirkulasie gaan verbeter. Jou selluliet kan ná net twee weke al beter lyk. Hou jy met die program vol, kan dit ná drie of so maande baie minder onooglik wees, sê Mariza.
Mariza en Jan van Zyl, persoonlike sport- en oefenkundige van Elite Training in Kaapstad, het ’n eksperiment gedoen: Tien mense het tien dae lank ’n eet- en Power Plate™-oefenprogram gevolg. Hulle het in dié tyd tussen 1 en 3 kg afgeskud. Om hul middel alleen het hulle gemiddeld sowat 3 cm verloor! Die terugvoer was dat hulle nie honger was nie, goed gevoel het en energie gehad het.
Die mediese wetenskap weet nie waarom sommige mense meer selluliet as ander het nie, sê Mariza. Ons weet wel van sekere faktore wat ’n rol speel. Navorsing is veral toegespits op bloedsirkulasie en velstruktuur. Daar is ook studies gedoen om te kyk watter rol jou gene speel. Genetika ís belangrik. As dit ’n familietrek is, is dit waarskynliker dat jy selluliet gaan hê.
Dis vanselfsprekend dat voeding ’n rol speel. Voedingstowwe en selfs probiotiese bakterieë het ’n invloed op hoe jou vel lyk, op jou sirkulasie en op hoe gesond jou selle is, verduidelik Mariza.
Die volgende kosse (tabelle 1 tot 5) bevat voedingstowwe wat jy daagliks nodig het vir vel-elastisiteit, bloedsirkulasie en selvernuwing. Mariza van Zyl het dit ook saamgestel om jou bloedsuiker- en insulien-vlakke te help balanseer.
1. EET ELKE DAG AL DIÉ KOS (Probeer jou maaltye só eet)
| Rou amandels en/of pekanneute en/of okkerneute | 50 g |
| Lemoen/nartjie/koejawel/aarbeie | Minstens 1 medium vrug of 10 aarbeie |
| Ander vars vrugte | 2 – 3, ook piesangs |
| Gerolde hawermout (rou) | ¹/3 – ½ koppie |
| Rou tamatie | 1 |
| Wortel (rou of gaar) | 1 grote |
| Ander groente (uie, kool, spinasie, sampioene) | Minstens 2 koppies, berei saam met kos of as slaai, soos verkies |
| Kekerertjies/botterbone/baked beans/lensies | ½ blikkie daagliks of ½ koppie geweek en gekook |
| Salm, geblik in water/vars/bevrore | ¼ blikkie daagliks of 1½ blik per week |
| Jogurt | 250 ml ongegeur, of Woolies se laevet- gegeurdes (sonder preserveermiddels) |
| Avokadopeer | ½ |
| Druiwepitolie (cold pressed) | 15 ml |
| Olyfolie | 10 ml |
| Knoffel | Minstens 1 huisie – gebruik bv. in slaaisous |
| Pietersielie | Lekker bossie – maak pesto of ’n groente-smoothie |
| Suurlemoensap of appelasyn | 15 ml in ’n bietjie water, sover moontlik saam met maaltye |
2. PROTEÏEN-PORSIES BY ELKE MAALTYD
Kies ook smiddae en saans één hiervan en eet daarvan soveel jy wil.
* Maer ham, gesny
* Pastrami
* Koue, gesnyde beesvleis
* Maalvleis, volstruis
* Sardyne
* Maer, gesnyde biltong
* Kruisskyf (rump steak)
* Hoenderborsie
* Vis, bv. stokvis/skelvis
3. BYKOMEND, AS JY WIL. KIES 1 HIERVAN MET MIDDAG- EN AANDETE
Eet soveel jy wil hiervan.
* Bruinrys
* Patats
* Ertjies
* Mielies
* Aartappels in die skil
4. BYKOMEND DAAGLIKS, AS JY WIL
* Rooiwyn (1 glas)
* Koffie/tee (sonder suiker, met melk)
* Donkersjokolade (1 blokkie)
* Kaneeltee
5. BYKOMEND, AS JY WIL. KIES DAAGLIKS 1 VAN DIE VOLGENDE
* Kaas (gouda/cheddar) 15 g
3 eetlepels gerasper/grootte van ½ vuurhoutjiedosie)
* Kaas (mozzarella) 20 g (¼ koppie gerasper/1 sny)
* Deense feta 30 g (3 stukkies)
* Maaskaas, laevet, 100 g (½ bakkie)
* Eier 1
* Varktjop, vet verwyder, 100 g (1 medium-grootte tjop)
* Skaapboud, gerooster, alle sigbare vet verwyder, 65 g (2 dun snye)
Vermy dít liewer
Brood
Margarien
Kits-ontbytgraan (hoëvesel-soort ingesluit)
Lekkers (behalwe donkersjokolade)
Gaskoeldrank
Gegeurde water versoet met suiker of kunsmatige versoeter
Konfyt
Sonneblomolie
Kits-soppoeier/kits-souse/cook in-souse/marinades
Vrugtesap
Verwante artikels
-
'n Dieet vir hom én jou
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 3
Met dié dieet kan julle albei 4 kg in die eerste maand afskud.
-
Basiese Power Plate-program spesifiek vir selluliet
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 20
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
-
Bertha se 10 dieetreëls vir élke dag
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 15
Sy't al 'n volle 18 kg verloor! In die September-uitgawe het SARIE haar modewenke gegee vir haar nuwe lyf. Nou deel sy haar 10 eetreëls vir élke dag eksklusief met sarie.com-gebruikers
-
Die Porsie-eetplan: Porsiegroottes van verskillende voedselgroepe
SARIE - September 2005 | Kommentaar: 7
Wat is 'n porsie en hoe lyk die porsiegroottes van die verskillende voedselgroepe?
-
Jou dieet-vrae beantwoord
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 2
Jy eet laevetkos, maar verloor nie gewig nie. Of jy's 'n uur ná ontbyt weer honger. Jou kwelvrae het gelukkig eenvoudige antwoorde.
-
Leer jou lyf se taal
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Hoe gesond is jy? Meet jou temperatuur. Kyk in jou oë. Knyp jou vel. Wat sien jy? Jou lyf praat sy eie taal. As jy dit verstaan, kan jy reageer.
-
Sowaar, winter is dié tyd vir dieet! Verloor tot 2,5 kg in 10 dae
SARIE - Augustus 2008 | Kommentaar: 1
Jy smag na warm trooskos - en dié dieet gee dit vir jou. Die winter is juis die tyd om jou lyf viets te kry, want dan is jou metabolisme 'n rapsie vinniger.
-
Spesiaal vir jou! 'n Ná Kersfees-eetplan
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 2
Verloor die Kersfees-vetjies in net 10 dae.
-
Tot siens selluliet - doen dit só
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg . . .
-
Verloor gewig - slaap meer
As jy gereeld sleg slaap, kan dit jou metabolisme omkrap – en jy kan gewig aansit












Kommentaar
Monica het gesê:
Gaan jul selluliet dieet beslis probeer. Dankie vir jul raad en sakpas idees met diete.
26ste Apr. 2011, 23:23Lydia van SARIE het gesê:
Ja, soos bo-aan staan: Eet al die kos. Dis wetenskaplik uitgewerk.. Groete
8ste Apr. 2011, 15:07Leonie het gesê:
Hi, Vind die site baie interresant. Ek sukkel vreeslik om gewig te verloor... Die dat ek wil weet moet jy al die kos eet wat jul aan wys hier.. klink te goed om waar te wees!
8ste Apr. 2011, 14:12