spanspek-smuller
Dieet

Tot siens selluliet – hier’s die eetplan

Ai, die onvleiende vergelykings met eetgoed: maaskaas-bene, lemoenskille, klonterige kapokaartappels.

En moenie dink rykes en beroemdes spring dit vry nie – daar het al foto’s van Beyoncé Knowles, Kate Moss en Paris Hilton verskyn met dié . . . sal ons sê . . . hompe.

Hulle – en jy – is nie alleen nie. Sowat 80 tot 90% van vroue het in ’n meerdere of mindere mate selluliet, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Mans se bindweefsel is klaarblyklik anders gestruktureer en hulle is minder geneig om dit te kry. Maar daar ís tog mans met selluliet.

En as jy erge selluliet het, is dit onwaarskynlik dat jy ooit heeltemal ontslae sal raak van dié oneweredig verspreide vetselle tussen jou vel en spiere. Tensy jy sommer báie maer word.
Die troos? Jy kán selluliet stukke beter laat lyk.

Hoewel die nuutste kosmetiese middels ’n verskil kan maak, is ’n gesonde leefwyse en oefening noodsaaklik. As jy die Power Plate™- en eetprogram in dié artikel volg, gaan jy vet verloor, jou spiere gaan fermer word en jou bloedsirkulasie gaan verbeter. Jou selluliet kan ná net twee weke al beter lyk. Hou jy met die program vol, kan dit ná drie of so maande baie minder onooglik wees, sê Mariza.

Mariza en Jan van Zyl, persoonlike sport- en oefenkundige van Elite Training in Kaapstad, het ’n eksperiment gedoen: Tien mense het tien dae lank ’n eet- en Power Plate™-oefenprogram gevolg. Hulle het in dié tyd tussen 1 en 3 kg afgeskud. Om hul middel alleen het hulle gemiddeld sowat 3 cm verloor! Die terugvoer was dat hulle nie honger was nie, goed gevoel het en energie gehad het.

Die mediese wetenskap weet nie waarom sommige mense meer selluliet as ander het nie, sê Mariza. Ons weet wel van sekere faktore wat ’n rol speel. Navorsing is veral toegespits op bloedsirkulasie en velstruktuur. Daar is ook studies gedoen om te kyk watter rol jou gene speel. Genetika ís belangrik. As dit ’n familietrek is, is dit waarskynliker dat jy selluliet gaan hê.

Dis vanselfsprekend dat voeding ’n rol speel. Voedingstowwe en selfs probiotiese bakterieë het ’n invloed op hoe jou vel lyk, op jou sirkulasie en op hoe gesond jou selle is, verduidelik Mariza.

Die volgende kosse (tabelle 1 tot 5) bevat voedingstowwe wat jy daagliks nodig het vir vel-elastisiteit, bloedsirkulasie en selvernuwing. Mariza van Zyl het dit ook saamgestel om jou bloedsuiker- en insulien-vlakke te help balanseer.

1. EET ELKE DAG AL DIÉ KOS (Probeer jou maaltye só eet)

Rou amandels en/of pekanneute en/of okkerneute 50 g
Lemoen/nartjie/koejawel/aarbeie Minstens 1 medium vrug of 10 aarbeie
Ander vars vrugte 2 – 3, ook piesangs
Gerolde hawermout (rou) ¹/3 – ½ koppie
Rou tamatie 1
Wortel (rou of gaar) 1 grote
Ander groente (uie, kool, spinasie, sampioene) Minstens 2 koppies, berei saam met kos of as slaai, soos verkies
Kekerertjies/botterbone/baked beans/lensies ½ blikkie daagliks of ½ koppie geweek en gekook
Salm, geblik in water/vars/bevrore ¼ blikkie daagliks of 1½ blik per week
Jogurt 250 ml ongegeur, of Woolies se laevet- gegeurdes (sonder preserveermiddels)
Avokadopeer ½
Druiwepitolie (cold pressed) 15 ml
Olyfolie 10 ml
Knoffel Minstens 1 huisie – gebruik bv. in slaaisous
Pietersielie Lekker bossie – maak pesto of ’n groente-smoothie
Suurlemoensap of appelasyn 15 ml in ’n bietjie water, sover moontlik saam met maaltye
 

2. PROTEÏEN-PORSIES BY ELKE MAALTYD

Kies ook smiddae en saans één hiervan en eet daarvan soveel jy wil.

* Maer ham, gesny

* Pastrami

* Koue, gesnyde beesvleis

* Maalvleis, volstruis

* Sardyne

* Maer, gesnyde biltong

* Kruisskyf (rump steak)

* Hoenderborsie

* Vis, bv. stokvis/skelvis

3. BYKOMEND, AS JY WIL. KIES 1 HIERVAN MET MIDDAG- EN AANDETE

Eet soveel jy wil hiervan.

* Bruinrys
* Patats
* Ertjies
* Mielies
* Aartappels in die skil

4. BYKOMEND DAAGLIKS, AS JY WIL

* Rooiwyn (1 glas)
* Koffie/tee (sonder suiker, met melk)
* Donkersjokolade (1 blokkie)
* Kaneeltee

5. BYKOMEND, AS JY WIL. KIES DAAGLIKS 1 VAN DIE VOLGENDE

* Kaas (gouda/cheddar) 15 g
3 eetlepels gerasper/grootte van ½  vuurhoutjiedosie)

* Kaas (mozzarella) 20 g (¼ koppie gerasper/1 sny)

* Deense feta 30 g (3 stukkies)

* Maaskaas, laevet, 100 g (½ bakkie)

* Eier 1

* Varktjop, vet verwyder, 100 g (1 medium-grootte tjop)

* Skaapboud, gerooster, alle sigbare vet verwyder, 65 g (2 dun snye)

PROBEER JOU MAALTYE SÓ EET

Vermy dít liewer

Brood 
Margarien 
Kits-ontbytgraan (hoëvesel-soort ingesluit) 
Lekkers (behalwe donkersjokolade) 
Gaskoeldrank 
Gegeurde water versoet met suiker of kunsmatige versoeter 
Konfyt 
Sonneblomolie 
Kits-soppoeier/kits-souse/cook in-souse/marinades 
Vrugtesap

 

  • http://ycefpsjamgsr.com/ utkdaaiov

    tcYHgJ wudmjwzmdnrh, [url=http://jxuwdlsibdyp.com/]jxuwdlsibdyp[/url], [link=http://qjmmdpipzgwa.com/]qjmmdpipzgwa[/link], http://gflvxetvovit.com/

  • http://xxcsfbwqcxql.com/ lbaxyydenb

    ajFAle xnolsgttdikv, [url=http://fncxrhfnuvgd.com/]fncxrhfnuvgd[/url], [link=http://kcaltdqzqswt.com/]kcaltdqzqswt[/link], http://acvkmepzpiec.com/

  • http://exemtoppdvum.com/ whvjrs

    kDprjg jacvzscngcfg, [url=http://otqikznzkbtq.com/]otqikznzkbtq[/url], [link=http://hezfgqczwkcc.com/]hezfgqczwkcc[/link], http://drzpvcambght.com/

  • Leonie

    Hi, Vind die site baie interresant. Ek sukkel vreeslik om gewig te verloor… Die dat ek wil weet moet jy al die kos eet wat jul aan wys hier.. klink te goed om waar te wees!

  • Lydia van SARIE

    Ja, soos bo-aan staan: Eet al die kos. Dis wetenskaplik uitgewerk.. Groete

  • Monica

    Gaan jul selluliet dieet beslis probeer.
    Dankie vir jul raad en sakpas idees met diete.

  • oughzofc

    vbTVep twkvzlduftmv, [url=http://yyvskqnbdimb.com/]yyvskqnbdimb[/url], [link=http://huoftysmdgyt.com/]huoftysmdgyt[/link], http://kxqpollhkgir.com/

  • Vladimir

    Oh Lori, I completely eihatpmze with you. I know EXACTLY how you feel about needing someone and not wanting to ask for help because of how it makes you feel. I’ve been told to go to a hospital or try Xanax for panic and my weakest moments at the worst of my Obsessive-Compulsive Disorder. I’ve been made fun of, I’ve been abandoned, I’ve had to go through things alone because my husband is in school and our marriage is on the rocks mostly because of that, and when times get tough, I have nowhere to go. I had one friend offer to let me stay with her, but she’s a young married woman with her husband of not quite two years and they have as much, if not more problems than I do. Lori, if I didn’t have my book to write, I would go mad. My book is what is keeping me from going mad.I know that our situations are not the same at all, but I do understand where you are coming from. Sometimes all you need is a friend. All I have is my book. It’s sad that I can’t just come to Australia and just stay with you for a while so we could each have a real, tangible friend. Thankfully the characters in my book all like me…