Verloor gewig - slaap meer
As jy gereeld sleg slaap, kan dit jou metabolisme omkrap – en jy kan gewig aansit
Jy kán, volgens Amsterdamse navorsers. En navorsing uit Frankryk bevestig dit: As jy sleg geslaap het, is die kans goed dat jy die volgende dag tot 2 300 kilojoules (kJ) méér sal eet as jou vriendin wat 'n goeie nagrus gehad het. Dis gelyk aan 'n ''goeie bord kos'' of groterige hamburger.
Mense wat minder slaap is meer ''hongerig'' as dié wat sowat agt ure 'n nag in droomland is. Slaap (of die gebrek daaraan) het egter nie net 'n invloed op jou eetlus nie. As jy kort-kort wakker word, kan dit boonop meewerk om jou metabolisme ''deurmekaar'' te krap. En dus lei dit tot metaboliese sindroom. (Dis die sambreelterm vir 'n klomp simptome waaronder hoë bloeddruk, oorgewig en insulienweerstandigheid.)
Jy kan nie altyd die omstandighede verander wat jou snags wakkerhou nie. Maar jy kan bewus wees van die uitwerking op jou gewig - en jouself nie bedags verder kasty met 'n onmoontlike streng, rigiede dieet nie.
Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.
- In samewerking met Lydia van der Merwe
Verwante artikels
-
'n Middagslapie...
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
-
Basiese Power Plate-program spesifiek vir selluliet
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 20
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
-
Jou dieet-vrae beantwoord
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 2
Jy eet laevetkos, maar verloor nie gewig nie. Of jy's 'n uur ná ontbyt weer honger. Jou kwelvrae het gelukkig eenvoudige antwoorde.
-
Leser vertel: 'Dieet laat my in beheer voel'
SARIE - Maart 2011
Die feit dat jy gedurig op dieet is, het dalk min met jou lyf te doen. Dalk probeer jy net onbewustelik beheer oor die chaos in jou lewe kry. is dit tyd om terug te keer na die werklikheid?
-
Só lyk julle slaappatrone
SARIE - Februarie 2010
-
Tot siens selluliet - hier's die eetplan
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 4
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...












Kry jou SARIE oral, enige tyd